Thinus & Anja se unieke aardse troudag

Thinus en Anja is aardse mense wat geluk vind by die eenvoudige dinge in die lewe – niks blink, bont of onnodige ekstras nie.  Nog voordat Thinus en Anja verloof geraak het, het hulle al hul harte op Joubertsdal Country Estate net buite Swellendam in die Wes-Kaap verloor.  Dié venue, met sy panoramiese uitsigte oor berge en landskap, se natuurlike skoonheid is reeds prentjiemooi, so dit was nie nodig vir Anja om wyd en suid vir die regte dekor te soek nie.  Sy wou nie die prag van die venue wegsteek onder helder kleure en groot dekor installasies nie en het dit eerder aangevul met aardse elemente en ʼn groen, wit en brons kleur-palet.

Anja hou ook daarvan om anders te wees en het hier en daar ʼn verrassinkie in die dekor inkorporeer om dit uniek en interessant te hou.  Rol af vir Thinus en Anja se unieke aardse troudag by Joubertsdal Country Estate.

earthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding

Paartjie se Liefdesreis:


Mens hoor altyd van die gesegde dat mens liefde sal vind sodra jy ophou daarvoor soek; Dit was verseker ons geval een middag in September 2016.  Ons het gemeenskaplike vriende in Noord-Wes gehad en van dag een af kon ons vir ure lank oor die foon gesels – onwetende dat ons ʼn lang afstand verhouding sou trotseer tussen Potchefstroom en die mooie Kaap.  Thinus se werk het vereis dat ek meeste van die vlugte af Kaap toe moes neem, 4-6 weke op ʼn slag.  Ek het omtrent my vliegtuig-kilometers opgejaag, maar dit was alles die moeite werd.

In Januarie 2018 het Thinus my gevra om sy meisie te wees.  Ek het die groot besluit gemaak om in Mei 2019 Robertson toe te verhuis sodat ons nader aan mekaar kon wees.  Ons is op die 14de Julie 2019 verloof, net buite Mosselbaai op ʼn wildsplaas.  Thinus het my op ʼn naweek weg Knysna toe geneem, waar ons iemand se bagasie moes neem Kaapstad lughawe toe.  Dit was só warm daardie dag, maar Thinus het ʼn dik baadjie aan gehad wat hy geweier het om uit te trek;  Ek moes toe al besef het iets is aan die gang!  Ons is uit na die wildsplaas waar ons kamstig die tasse moes oplaai.  Tot my verbasing, staan daar toe ʼn helikopter wat ons vir ʼn rit oor die plaas vat na die mooiste piekniek tafel.  Ons was skaars by die tafel, toe sak hy op een knie!

earthy wedding earthy weddingearthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding

Die Verlowing Tydperk:


Ons was 7 maande verloof voor ons getrou het op 15 Februarie 2020.  Ek was nog altyd een om ʼn betekenis by iets te sit; So is dit meer spesiaal en mens kan dit makliker onthou. Omrede ons die 13de gekuis is, en die 14de verloof is, het ek geweet die 15de Februarie is vir ons bedoel.  Ek het Toerisme studeer en was nog altyd mal daaroor om trou artikels en video’s kyk.  Terwyl ek studeer het, het ook by ʼn Funksie beplanner gewerk.  Dus het ek die taak aangepak om alles self te beplan, met die hul van Pinterest vir idees.

earthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding

Paartjie se styl:


Ek hou van anders wees.  Van die heel begin af, het ek geweet ek soek nie ʼn spierwit trourok nie, almal trou in spierwit rokke met baie kant.  Dus het ek besluit op ʼn crème materiaal met net effe kant aan die bo-kant van my rok.

Selfde met my ring; meeste van my vriendinne het roos-goud trouringe en ek wou iets uniek gehad het, waarvoor ek nie vinnig sou moeg van raak nie.  Thinus het die ring laat maak presies volgens ʼn prentjie wat ek een keer vir hom gestuur het; ʼn Ovaal diamant met 3 kleiner stene aan albei kante, op ʼn plein platinum band.  Ek het toe ʼn fyn trou pant laat maak wat ingepas het onder my ring.

Thinus se pak het ons by Euro Suit in Canel Crossing gekoop.  Hy wou spesifiek iets bruin hê.  Ons is maar aardse, plat op die aarde mense.  Niks blink, bont of met onnodige ekstras nie.

Thinus se ring het ons by ʼn juwelier in die Kaap gekoop.  Dit is ʼn swart-ring, met ʼn dun silwer strepie bo en onder die ring.

earthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy weddingearthy wedding

Finansiële Aspekte:


Ons was bevoorreg dat my Ma vir my ʼn groot begroting gegee het en ons het streng daarvolgens gewerk.  Elke klein detail van die troue was beplan en verander, totdat dit vir my reg was.  Waar daar enige ekstras was, het ons self daarvoor betaal.  Die belangrikste elemente soos die venue, verblyf, spyseniering, blomme en my rok was deel van ons groot begroting.

Ons het begroot vir net so oor die 120 gaste.  Meeste van ons familie en vriende is egter bo in Noord-Wes en Gauteng, so ons het om en by 85 gaste op die dag gehad.

earthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding

Die Besluitnemingsproses:


Ek het al my idees met Thinus gedeel en as hy die groen lig gegee het, het ek geweet ons gaan albei gelukkig wees op die dag.  Ons het saam die venue gaan kyk en die kos bespreek, maar die blomme en dekor het ek self gekies.  Thinus was bloot bewus van die troue se kleure en dat die manne groen dasse moes hê.  Ek het baie op my Ma gesteun met besluite vir die dag; Ek is die enigste kind en my Pa is in 2015 oorlede, daarom het ek geweet die dag gaan vir my moeilik wees.

earthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding

Gunsteling Diensverskaffers:


AlsMoi –  Tannie Theronda het die blomme en dekor aspekte van die troue so mooi beklemtoon, presies soos wat sy op ons afsprake verduidelik het.  Só baie liefde en aandag is gegee aan elke aspek van die dag.  Ek waardeer haar so baie en sal haar aan enige bruid aanbeveel.

Blusch Professional Makeup by Mariette – die mooiste wat ek al ooit grimeer was!  Mariette sal jou so op jou gemak maak van die oefenlopie, tot die groot dag.  Sy het albei Ma’s, my strooimeisies en my grimering gedoen op die dag.  Ek sal haar aan elke bruid aanbeveel.

earthy weddingearthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding

Merkwaardigste Oomblikke:


Vir my was dit toe ek by die kapel afgestap het.  Ek het my toekomstige man daar sien staan terwyl hy huil en emosioneel was.  Ek het ʼn boodskap opgeneem wat hulle aan hom gespeel het voor ek afgestap het – my geloftes aan hom.  Niemand het daarvan geweet behalwe ek en die platejoggie nie, so dit was vir my baie uniek en spesiaal.

Thinus sê ʼn oomblik wat hy nooit sal vergeet nie, is toe hy my vir die eerste keer sien toe ek by die paadjie afgestap kom.

earthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy weddingearthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding

Spesiale Tradisies:


Ek het die Bybel waarmee my Ouma getrou het, en toe daarna my Ma as my “something old” op ons teken tafel gesit saam met ʼn enkele Orgidee net soos hulle voorheen die Bybel versier het . Ek sal graag die tradisie wil oordra aan my dogter eendag.

earthy wedding earthy weddingearthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding

Vermaak:


Ons het ʼn platejoggie gehad wat agtergrond musiek gespeel het.  Gerry Liberty het die gaste vermaak tydens die kanapees, terwyl ons gaan foto’s neem.  Daar was ʼn Gin-kroeg waar Craft Gin bedien is en ons het ook ʼn Polaroid gasteboek gehad, waar gaste self foto’s geneem het en dit in ʼn boek geplak het tesame met ʼn boodskap aan ons.

earthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding

KOVID 19 se uitwerking op jul troudag:


Ons het baie gaste gehad wat gekla het, omrede ons troue die dag na Valentynsdag was, asook aan die begin van die jaar wanneer niemand al ʼn geldjie kon spaar na die Desember vakansie nie.  Met die effek van Kovid-19 op die wêreld, hoor ons nou gereeld ʼn ander deuntjie van hoe bevoorreg ons was om in 2020 te kon trou sonder om troue se datum te moes skuif of te moes kanselleer.

earthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy weddingearthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding

Wittebrood:


Dit was verseker ʼn vakansie vir die boeke – Mauritius se Solana Beach Resort.  Ons het so baie herinneringe saam gemaak;  Vanaf ons eerste vlug saam oorsee, ons oorvol eet elke dag, tot onderwater stappies en snorkel in die blouer as blou see-waters.  Dit was net ʼn week van lekker ontspan en herlaai na die besige paar maande van trou beplanning.

earthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding

Venue & Dekor:


Ons het ons harte op die venue verloor nog voor ons verloof geraak het.  Thinus het eendag vir my foto’s van die venue gestuur en gesê dat hy dink ons hier moet trou.  Ons het kort daarna verloof geraak en dit was die eerste en enigste plek wat ons gaan besigtig het.  Die volgende dag het ons die datum vasgemaak met die eienaar.

Die venue en omliggende berge is klaar so prentjie mooi, dat ek by die venue wou aanpas en nie anders om nie.  Ons het aardse elemente en kleure gekies – groen, wit en brons, met tafels vol kerse en ʼn dak waaruit “fairy lights” hang.

earthy weddingearthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding

Eerste Dans:


Die liedjie wat ons gekies het vir ons eerste dans was Roux & Christie Cloete – Alles Naby My.  Alhoewel nie een van ons groot aanhangers is van Afrikaanse musiek nie, hou ons baie van die woorde en wat die liedjie vir ons beteken.  Thinus glo vas hy kan nie dans nie, maar hy het nog nie eenkeer op my tone getrap nie!  Ons het doodgewoon gedans soos ons altyd doen op die liedjie.

earthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding earthy wedding

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Bruid:  Koester elke oomblik en moenie dink aan wat dalk verkeerd kan gaan nie.  Al wat belangrik is, is dat jy en jou man die dag geniet.

Bruidegom:  Ontspan en geniet die dag.  Dit gaan só vinnig verby!


    Artikel Diensverskaffers:

    [section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers:

    [endsection]