As gevolg van KOVID-19 wat meeste bruidspaartjies se trou-planne omver gewerp het, kon Stella en Emile nie op die 26ste Maart 2020 voor al hul familie en vriende trou nie. Maar, dié paartjie het egter nie by die huis gesit en rou oor hul mislukte planne nie. Nee, hulle het besluit die 26ste Maart móét ʼn spesiale datum bly, troue of de not! Dele van hul trou-uitrustings is toe afgestof en in ʼn prettige verlowing fotosessie in Pretoria inkorporeer. Hierdie paartjie is lief daarvoor mekaar te laat lag en die lewe saam te geniet, dus was dié verlowing fotosessie so reg in hulle kraal. Die tema is gebaseer op ʼn familie wat hul liefde vir mekaar vier en ononderbroke pret het!
Rol af om na hul pragtige foto’s te kyk.
Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:
Ons het in 2015 by Hi-Flyers kroeg, gedurende ʼn Lugverkeer-beheerder funksie ontmoet. Vir jare het ons slegs elke nou en dan in mekaar vas geloop, maar in 2018 het ek ʼn metgesel na ʼn 60ste verjaarsdag gekort en Emile het aangebied om my te vergesel. Na dit, is die res geskiedenis.
Die groot vraag:
Ek het ʼn verlowing verwag, maar na die 3de vakansie saam en Emile wat elke keer grappies maak dat dié een onvergeetlik gaan wees, het ek die idee laat vaar! Ons het op vakansie Mosambiek toe gegaan in September 2019. Emile het al die pad soontoe met die ring in sy sak gery, omdat hy bang was dat ek dit gaan sien! Toe ons daar aankom, het Emile alreeds reëlings met die restaurant getref. Hy het met my seun bespreek hoe die verlowing gaan afloop.
Na ete het die kelners vir ons begin sing. Ek het gedog dis om my seun te vermaak, maar toe kom ek agter almal is bewus van die plan behalwe ek! Toe ek na Emile draai, was hy op een knie. My seun het roosblare uit sy sak gehaal, dit op my en Emile gegooi en die mooiste toespraak gelewer. Ek het net gehuil en na die derde keer wat Emile my vra, my kop geknik.
Hoekom ons mekaar liefhet:
Stella:
Ek is mal oor die feit dat Emile my jonk laat voel. Ons speel en lag saam en probeer altyd pret hê. Emile is ook ʼn ongelooflike pa vir my seun, Alex. Dít is ʼn eienskap wat enige ander eienskap in my oë oorwin.
Emile:
Die twee dinge waarvan ek die meeste van Stella hou is dat sy slim en onafhanklik is. Sy weet hoe om pret te hê en sy laat my toe om te myself te wees. Die belangrikste van alles is, dat ek tuis voel by haar.
Die verloofring:
Emile:
Stella was baie spesifiek oor hoe haar verloofring moes lyk. Sy was opsoek na ʼn roos-goud ring wat rustiek ontwerp is, met manganiet steen en diamante. Sy het selfs vir my prentjies gestuur van hoe presies dit moet lyk! Ek het toe op ʼn ring besluit wat ʼn mengsel is van modern en rustiek. Die ring het ʼn natuurlike roos-goud band, met ʼn manganiet steen en drie diamante aan beide kante. Sy is mal oor haar ring!
Rede vir die verlowing fotosessie:
Ons verlowing fotosessie was op 26 Maart 2020; Dit is die dag waarop ons sou getrou, het as dit nie vir KOVID-19 was wat ons reëlings kom deurmekaar krap het nie. Ons wonderlike fotograaf, Bettina van Shoot the Moon Weddings, wou steeds iets vreugdevol en spesiaal op die dag doen. Daarom het ons besluit op ʼn prettige verlowing fotosessie.
Inspirasie agter die verlowing fotosessie:
Ons het dele van ons trou-uitrustings saamgeneem na die fotosessie, om ietsie van die troue wat ons op daardie dag sou gehad het, in die fotosessie te inkorporeer. Die styl was gebaseer rondom ʼn familie wat mekaar vier, en opregte pret het!
Visie vir droomtroue:
Ons trou venue is Imperfect Perfection in Pretoria; Die naam beskryf ons verhouding. Nie een van ons is perfek nie, maar saam is ons perfek. Al ons naaste familie en vriende gaan by ons troudag wees. Ons troue is ʼn mengsel van lig-pienk, grys en groen. Dit is gefokus op elegante industriële styl, maar ook ʼn atmosfeer vir ʼn lekker partytjie.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
- Fotograaf: Shoot the Moon Weddings
- Fotosessie Venue: Pretoria