Carl & Tasmin se elegante troudag

Die elegansie en natuurlike skoonheid van Carl en Tasmin se gekose venue, het perfek by hul persoonlike styl aangepas.  Omdat hulle lief is vir alles wat groen en lewend is, was hul groen, geel en maroen kleurskema beslis die regte keuse.  Onbedekte gloeilampe het hul venue se dak soos ʼn hemel vol skitterende sterre laat lyk.  Dié paartjie is van mening dat daar baie waarde in die woord ‘prioritiseer’ is.  Hulle het prioritiseer watter aspekte van hul spesiale dag die héél belangrikste is en die meeste geld daaraan spandeer.  Hierdie waardevolle wenk het Carl en Tasmin toegelaat om ʼn troue vir R100 000 te beplan, terwyl dit op die oog af drie keer soveel lyk!

Rol af om te sien watter aspekte heel bo aan Carl en Tasmin se prioriteitslysie was om só ʼn elegante troudag te kon beplan.

elegant wedding elegant wedding elegant wedding elegant wedding elegant wedding

Paartjie se Liefdesreis


Ons het ontmoet by 94.7 se ‘Singles in the City’ partytjie.  Hoe romanties!

Whackhead Simpson het vir Carl ʼn pasmaat gekies en ek moes my vriend vergesel en hom help om ʼn pasmaat te vind by dieselfde partytjie. Dit was ʼn prettige geleentheid, maar ek het meer belanggestel om die geleentheid te geniet as om iemand te ontmoet.  Danny, my wonderlike vriend, het besluit om my in die diep kant in te gooi en my voor te stel aan hierdie totale vreemdeling, wat toevallig Carl was.  Dit was baie ongemaklik, aangesien Danny hom nie eens geken het nie!

Ek en Carl was op daardie stadium albei moeg van geforseerde praatjies met ander enkellopende gaste en raak toe betrokke by ʼn baie geanimeerde gesprek tussen resies erdwurms en slakke.  Nie een van ons doen dit nie regtig nie, maar as iemand jou vra: “Wat doen jy vir ʼn lewe lewe?”  kan jy tog nie al jou geheime verklap nie!  Ons word toe onderbreek deur Whackhead wat Carl versoek om sy ‘pasmaat’ te ontmoet.  Carl het egter gesê dat hy my weer sal vind om ons gesprek voort te sit.  Ek het nie veel daarvan gedink nie en mik toe na die dansvloer!  Dit was nie te lank daarna nie,  toe het Carl my wel gevind.  Ons het die gesprek voort gesit en die res is geskiedenis.  Nou is ons nie meer ‘Singles in the City’ nie!

elegant wedding elegant wedding elegant wedding elegant wedding elegant wedding elegant wedding elegant wedding elegant wedding elegant wedding

Die Verlowing Tydperk


Ons het verloof geraak op ʼn vakansie in Portland, Amerika, op ʼn wynplaas.  Met die mooi blou lug, goeie wyn en die liefde van my lewe, was ek in ʼn droomwêreld.  Terwyl ek buite op ʼn tafeltjie sit, vra Carl my hoe ek op daardie oomblik sal voel om verloof te raak.  Ek het gedink hy maak ʼn grap!  Hy sê toe dat hy na die motor gaan om die ring te gaan haal.

Hy het terug gekom met ʼn ring-boksie en gevra of ek sy vrou sal wees.  Ek het in trane uitgebars en gevra of hy ernstig is, en toe siek begin voel omdat dit so onverwags was!  Ek het eintlik aanvanklik vergeet om ja te sê – ek was in die wolke!  Maar, hy het die antwoord in elk geval geweet!  Nadat ek opgehou het om rond te spring, het ek dit amptelik gemaak en ja gesê.  Hy het die mooiste ring gekies en ek is tot vandag toe nog só beïndruk dat hy my kon verras!  Daarna het ons feesgevier en ʼn bottel wyn van die plaas na Suid-Afrika terug gebring, wat ons toe op ons troudag geniet het.

Ons het die eerste Augustus 2019 verloof geraak en ons het die 11de Januarie 2020 getrou.  In totaal was ons dus vir 5 maande verloof, waartydens ons die troue self beplan het.

elegant weddingelegant wedding elegant wedding elegant wedding elegant wedding elegant wedding elegant wedding elegant wedding elegant wedding elegant wedding elegant wedding

Paartjie se styl


Die trou-voorkoms wat ek gekies het, was ‘mooi in my eie vel.’  Ek is ʼn baie natuurlike persoon en ek wou steeds soos iemand lyk wat my man sou herken wanneer ek in die paadjie afstap!  My trourok was van die Blue by Enzoani 2020-reeks en my pienk blom-haarstuk is vervaardig deur die Kathleen Barry-bypassende bykomstighede.  Almal wat my ken, weet ek hou daarvan om blomme in my hare te dra!

Omdat ons in die somer getrou het, het Carl besluit dat die bruidegom en sy gevolg nie pakke hoef te dra nie.  Die broek en hemp is by Woolworths gekoop en die dasse is by ʼn oorsese verskaffer, Amazon, bestel.

My trouring is van Diamond Corporation South Africa.

elegant wedding elegant wedding elegant wedding elegant wedding elegant wedding elegant wedding elegant wedding elegant wedding elegant wedding

Merkwaardigste Oomblikke


Die hele dag op sigself was absoluut perfek.  As ons moes kies, was ons gunsteling oomblik net na ons fotosessie.  Ons het in die venue ingestap, as pasgetroude paartjie hande vas gehou en al ons familie en vriende gegroet.  Ons venue het soos ʼn lug vol sterre gelyk.  Al die naakte gloeilampe se ligte was aangeskakel en die son was besig om te sak; Dit was prentjiemooi!

elegant wedding elegant weddingelegant wedding elegant wedding elegant wedding elegant wedding elegant wedding

Die Besluitnemingsproses


Ek en Carl het meeste besluite saam geneem, alhoewel ek ʼn klein bietjie groter invloed op die dekor gehad het.  Ons ag ons vriende en familie se opinies hoog, maar ons was redelik selfstandig in die beplanning van ons troudag.

elegant wedding elegant wedding elegant wedding elegant wedding elegant wedding elegant weddingelegant wedding elegant wedding elegant

Finansiële Aspekte


Ons begroting was R100 000 en ons het by die begroting gehou.  Daar was 75 gaste by ons troue.  Ons advies aan toekomstige paartjies sal wees om te prioritiseer.  Prioritiseer wat is die belangrikste vir jou en spandeer die meeste geld daarop.  Probeer ook om klein besighede te ondersteun waar moontlik.

elegant weddingelegant wedding elegant wedding

Wittebrood


Aangesien ons net na Desembervakansie getrou het, het en ons nie veel verlof oorgehad het nie.  Ons het besluit om vir ʼn week die Elgin-wynlande in Kaapstad te gaan verken. Op een van die aande het ons by Old Mac Daddy tuisgegaan en hulle het die volgende dag ʼn troue gehad.  Dit was soveel pret om die opgewondenheid van die bruid-partytjie waar te neem en daarby aanklank te vind.

elegant wedding elegant wedding elegant wedding elegant wedding

Vermaak


Gras-speletjies, canape’s en ʼn karikatuur kunstenaar het ons gaste vermaak.  Later die aand het ons ook ʼn platejoggie en foto-hoekie gehad.

elegant wedding elegant wedding elegant wedding elegant wedding elegant wedding elegant wedding elegant wedding elegant wedding elegant wedding

Venue & Dekor


Ons is lief vir alles wat groen en lewend is!  Ons kleure vir die troue was maroen, geel en baie groen.  ʼn Kombinasie van Eucalyptus blare, Aralia blare, Occulus varings, angeliere en ʼn paar ander blomsoorte het ons tafels versier.

Red Ivory was die eerste en laaste venue wat ons gesien het.  Ons het dadelik verlief geraak nadat ons na die venue gaan kyk het.  Die venue het die wonderlikste uitsigte en is bekend vir hul heerlike kos. Dit is ʼn kosbare juweel!

elegant wedding elegant wedding elegant wedding

Spesiale Tradisies


Ons het die Duitse tradisionele trou-koerant gehad.  Hierdie koerant is gevul met foto’s, artikels en verhale van die verloofde paartjie en word saamgestel deur vriende en familie.

Eerste Dans


Ons het op Tones and I se Dance Monkey gedans.  Carl was op pad na ʼn werk-trip toe hy vir die eerste keer die liedjie hoor.  Hy het dit vir my aangestuur en ek was mal daaroor!  Dit het gou ons gunsteling liedjie geword.  Ons het vir twee dans lesse gegaan.

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme


Geniet die beplanning en moenie jouself oor die klein goedjies bekommer nie.  Ons was só bekommerd oor ons brood-tafel, maar op die dag het ons dit nie eens agter gekom nie.  Dit is ʼn dag om julle liefde te vier, so doen wat vir julle twee as paartjie gelukkig maak.  Ondersteun mekaar as trou-stres inskop.  Dit is ʼn wonderlike, prettige tyd van julle lewens – neem dus elke oomblik in!

[section=Klik hier vir diensverskaffers]

[endsection]