Arno & Monique se strand verlowing fotosessie

Die strand verlowing fotosessie van Arno en Monique het na soveel pret gelyk.  ʼn Dag by die strand met hul honde besig om pragtige foto’s te neem.  Hierdie verliefde paartjie het so gemaklik gelyk voor die kamera en ons is mal daaroor.  Dit is baie belangrik dat jy gemaklik is voor die kamera.

Arno en Monique het geweet hulle gaan foto’s benodig vir hul spaar die datum foto’s.  Hierdie pragtige natuurlike foto’s gaan perfek lyk op hul spaar die datum foto’s.  Dit was ʼn prettige fotosessie as paartjie met hulle honde-kinders.  So oulik!  Snaaks, maar waar, die verlowing fotosessie is presies waar Arno vir Monique gevra het om sy meisie te wees.

As jy opsoek is na fantastiese diensverskaffers vir jou verlowing of troue, besoek Mooi Troues se Trougids.  Geniet Arno & Monique se oulike strand verlowing fotosessie hieronder.

Beach Engagement Photo Session Beach Engagement Photo Session Beach Engagement Photo Session

Eerste ontmoeting:


Ons het jare terug saam mekaar gewerk en was maar altyd baie goeie vriende.  Ons paaie skei toe wanneer ek klaar gemaak het om meer op my studies te fokus en Arno begin toe ʼn nuwe pos  by die hoofkantoor.  ʼn Jaar of so na dit het hy my eendag uit die bloute uit gekontak en gevra of ons vir drankies kan gaan.  Dit was net verbasend om saam te kuier en gesels.  Ek het toe Arno se familie ontmoet toe ons een Saterdag middag ʼn Springbok toets gekyk het en ek het toe net onmiddellik verlief geraak.  Ons was amptelik so twee jaar saam voordat hy my gevra het om te trou.

Beach Engagement Photo Session Beach Engagement Photo Session Beach Engagement Photo Session Beach Engagement Photo Session

Die verlowing:


Alles was ʼn verassing!  Sy verjaarsdag was Vrydag, 20 ste September en ons gaan toe die naweek weg na Camps Bay Retreat om daar in ʼn staal houer te bly.  Letterlik ʼn staal houer!  Dit was ongelooflik mooi en in die natuur.  Na ons geëet het het ons besluit om bietjie skaak te speel.  Ek se toe vir hom (as ʼn grappie) as ek die speletjie wen dan moet hy maar nou met my trou, let wel ek het al baie teen hom gespeel en nog nooit gewen nie.

Later verloor ek toe die speletjie, natuurlik, en hy draai toe om en haal die ring uit sy baaitjie sak uit en gaan op sy knee en sê: “Maar ek wil nog altyd met jou trou?”  Ek het amper weggehardloop van opgewondenheid maar die houertjie is net so groot!  Ek het bitter vinnig ja gesê vir die man van my drome.  Dit was vir my so spesiaal en pragtig om saam hom alleen te wees in die natuur.  Dis presies wat ek wou gehad het.

Beach Engagement Photo Session Beach Engagement Photo Session Beach Engagement Photo Session Beach Engagement Photo Session Beach Engagement Photo Session Beach Engagement Photo Session Beach Engagement Photo Session

Verloofring:


Die verloofring is bitter spesiaal vir ons.  Ek het geweet sy hou van iets plein en eenvoudig.  Ek het toe haar ring laat maak deur Caro Create in Durbanville.  Die ring is gemaak van my Ma se troupante en my ouma se verloofring.  My ouma het lank terug dit vir my gegee om vir die rede en dis vir my baie nostalgies.  Ons familie is baie geheg aan mekaar en dis vir ons so mooi om hulle so saam ons te hê in die optog tot die groot dag.

Beach Engagement Photo Session Beach Engagement Photo Session Beach Engagement Photo Session Beach Engagement Photo Session Beach Engagement Photo Session Beach Engagement Photo Session Beach Engagement Photo Session

Rede vir die fotosessie:


Vir die verlowings sessie het ons geweet ons wou foto’s hê vir die spaar die datums.  Die plan was maar net om natuurlike foto’s te kry van die sessie met ons honde kinders.  Dit was vir ons bitter belangrik om hulle saam te hê.  Hulle is n groot deel van ons lewe en natuurlik is hulle fantasties in fotos.  Na die foto sessie het ek ek Arno eintlik besef die foto’s is geneem by die selfde plek waar hy my gevra het om sy meisie te wees en dit was vir ons ook nogal mooi.

Beach Engagement Photo Session Beach Engagement Photo Session Beach Engagement Photo Session Beach Engagement Photo Session Beach Engagement Photo Session Beach Engagement Photo Session Beach Engagement Photo Session

Visie vir die troudag:


Die visie vir die troue is eenvoudig, plat op die aarde en n regte boere troue.  Ons trou op die 21ste November 2020 by Die Heuwel tussen Philadelphia en Bloubergstrand.  Ek en Arno is nog besig met reëlings maar ons weet ons trou buite, die onthaal is binne in ʼn skuur met baie ligte, natuurlike inspirasie en ʼn rustieke atmosfeer.

Albei van ons wil maar net bitter graag ʼn troue het waar mense gemaklik kan kuier, lekker lag en waar daar liefde is.  Ons het ook besluit om altwee in vellies te trou en gelukkig word my rok gemaak deer iemand wat ek lankal ken en wie my gesien het grootword.  Dit is vir my baie spesiaal.

Beach Engagement Photo Session Beach Engagement Photo Session Beach Engagement Photo Session Beach Engagement Photo Session Beach Engagement Photo Session Beach Engagement Photo Session Beach Engagement Photo Session Beach Engagement Photo Session

Spesiale eienskappe:


Arno is my rots en ondersteuning deur alles.  Hy hulp my om kalmte te vind in die lewe.  Elke dag lag ons vir mekaar se grappies en ek verstaan al sy maniere.  Hy dink altyd vir die mense om hom en hy het n groot hart wat skrik vir niks.

My liefde vir Monique het van n goeie vriendskap ontwikkel, ons het mekaar deur baie slegte situasies gehelp.  Monique gee om vir almal en wys net liefde vir die mense wat voor haar paadjie kom.  Ek het haar lief vir hoe sy is om my familie en vriende, sy is net haarself en dit is perfek.  Ons lag so lekker saam en sonder om daaroor te dink weet ek sy het die grootste hart in die wêreld.

Beach Engagement Photo Session Beach Engagement Photo Session Beach Engagement Photo Session Beach Engagement Photo Session Beach Engagement Photo Session Beach Engagement Photo Session

Klik hier vir meer diensverskaffers