Rose vir jou troue vanaf Sophia’s Roses

Dié inskrywing vandag op Mooi Troues is oor rose vir jou troue vanaf Sophia’s Roses.  Ons gesels met Sophia Van Heerden, die stigter en eienaar van Sophia’s Roses.  Haar besigheid het begin om rose te plant in 2017 en teen 2018 het sy haar eerste bos rose verkoop aan die publiek.  Haar reis met rose is ‘n interessante een met baie stories.  Jy sal Sophia’s Roses beter leer ken in die artikel en sommer onmiddellik blomme wil bestel vir jou troue.

Kliënte van Sophia’s word verseker van dié hoogste gehalte rose beskikbaar in Suid-Afrika.  Dit is altyd lekker om die gesig agter ‘n besigheid te leer ken.  Baie paartjies is mal daaroor om rose te gebruik by hul troudag.  Omdat rose nog altyd ‘n romantiese verbintenis het, is dit die perfekte blom.  Daar is ook soveel verskillende pragtige rose beskikbaar.  Dit is belangrik dat jy ‘n roos of ‘n blom ry waarvan jy baie hou.  Geniet hierdie artikel en maak kontak met Sophia’s indien jy opsoek is na rose en ander blomme vir jou troudag.

roses for wedding roses for wedding roses for wedding

Sophia’s Roses se storie:


Sophia het aanvanklik op ‘n plaas gewoon buite die dorp Murraysburg en was versot op plaaslewe en tuinmaak. Teen Maart 2017 verhuis hulle toe Murraysburg toe as gevolg van haar man wat eindlik grondverskuiwings doen se werk. Op daardie stadium was daar nie ander huise in die mark nie.  Toe koop hulle toe ‘n amper-bouvallige huis met ‘n groot erf.

Van bourommel tot roos hemel:

Die erf was vol bourommel en dooie struike en bome. Omdat Sophia vreeslik lief is vir tuin maak.  Toe sy besef het dat sy haarself sal moet besig hou in die dorp, het sy besluit om rose te plant. Haar man het toe gevra hoeveel rose sy beplan om te plant?. Sy het toe sommer gesê dat sy die hele erf wil vol plant.  Skokkend meet haar man die erf toe op en bel rond om te hoor hoeveel rose in die area sal inpas.  Met die nuus dat die erf bykans 5 000 roosbome kan huisves.  Toe het Sophia se man gesê dat hy haar sal help om die eerste 1 000 bome te koop. Daarna sal die tuin moet geld maak en die roosbome hulself betaal.

Op daardie noot het Sophia besef dat sy dus nie net rose kan plant waarvan sy hou nie. Maar ook kultivars met lang stele en goeie vaaslewe moet plant. Haar man het toe gehelp met grond voorbereiding waar daar onder andere ou sinkplate, vrot geute en bourommel uit die erf gekom het.  Dit was so baie dat ‘n slootgrawer, trekker en tippers dit moes wegry.  Daarna is ‘n gat geboor wat sou dien as “noodhulp” as die dorp se leiwater min sou word.  Die eerste 1 000 is toe in 2017 geplant en was slegs 7cm groot. Sophia het nie eens geweet roosplante kan so klein wees nie.

Eerste rose word verkoop:

Teen Februarie 2018 verkoop Sophia toe haar eerste bosse rose aan die publiek. Haar kliënte aanvanklik slegs plaaslike mense. Dit was asof mense van ander dorpe oornag van ons rose begin hoor het.  Ek het dadelik besef ek kan nie aan selfs net die plaaslike mark voorsien nie. Teen 2019 het ons toe nog ‘n erf skoongemaak, gat geboor en voorberei en nog 8 000 roosbome daar geplant. Ons het onlangs nog grond gekoop wat die tuiste van nog 10 000 sal wees teen einde 2020.

Soos tyd verloop het Sophia haarself daarop toegespits om meer eksklusiewe kultivars na Suid-Afrika te bring en sekere kultivars begin invoer, wat Sophia’s Roses die enigste verbouer van daardie plante in ons land maak.

Sophia mik daarop om nie net unieke rose na Suid-Afrikaners te bring nie, maar rose met geur en oudtydse sjarme kry voorkeur.

roses for wedding roses for wedding roses for wedding

Ander blomme:


Sophia’s Roses verkoop nie net rose nie. Soos ons besigheid en aanvraag gegroei het, het baie bloemiste en bruide ons begin vra om ook ander blomsoorte aan te hou.  Ons het begin om onder andere ranonkels, dahlias, amaranths, kosmosse, papawers, sonneblomme, zinnias, statice ens tot ons roosversameling te voeg.  Sohia’s Roses werk nie net met rose nie, ons plant meer as 25 verskillende blomsoorte en meer as 30 verskillende roossoorte.  Ons is lief vir ons rose en meeste bruide kies ons omdat ons rose so uniek en eksklusief is, maar ons werk letterlik met enige iets wat die bruid versoek en indien dit iets is wat ons nie self verbou nie, koop ons dit in, maar ons sorg dat ons bruide kry waarna hulle verlang.

roses for wedding roses for wedding roses for wedding

Vir Troues:


Sophia’s Roses doen ook die stilering van blomme van funksies soos troues. Ons het hopeloos te veel navraag gekry van bruide wat hulle blomme by ons koop, wat wil hê ons moet asb die blomme doen by hul troues.  Sodoende het die stilering van blomme ook vertak in stilering van blomme vir funksies.  Sophia’s Roses bied ook vir die gerief van ons bruide ons persoonlike spyseniering-span met ‘n gekwalifiseerde sjef (indien die bruid so verkies) wat soveel verantwoordelikheid afhaal van ons bruide se skouers sodat hulle hul droomdag net kan geniet.

roses for wedding roses for wedding roses for wedding

Liefdie en passie vir rose:


My pa het altyd as klein dogtertjie vir my ‘n kort-steel rosie langs my bed op my spieëltafel kom sit uit my ma se plaas-tuin.  As ek wakker word in die oggend was dit die eerste ding wat ek sou sien en ek het altyd gelief gevoel. Soos ek ouer geword het, was dit nie net die skoonheid van rose wat my na hulle aangelok het nie, maar die heerlikste geure.  Rose laat my spesiaal voel, so asof hulle my hart verstaan en stel my in staat om ‘n stukkie van my hart oral oor Suid-Afrika te stuur.

roses for wedding roses for wedding

Plaaslik gekweek:


God het my geseën met die wonderlikste ondersteunings netwerk in die rooswêreld.  Ludwig’s Roses is ongelooflik en hulle verstaan my behoefte en bied soveel hulp.  Ek wil nooit die rooswêreld sonder hulle ingaan nie.  Hulle is ook dié mense wat my rose in Pretoria kweek.

roses for wedding roses for wedding

Gewildste blom/roos tipe:


Rose is ons gewildste blomme en veral dié met oudtydse vorm. Mense is veral dol oor White O’Hara, Pink O’Hara, Emma Woodhouse, Bloomsbury, Tess, Sacred Red, Blanchette en veral dié wat lekker ruik.

roses for wedding roses for wedding roses for wedding

Maak kontak met Sophia’s Roses:


Jy kan Sophia’s Roses volg op Facebook, Instagram en Pinterest vir tonne blom inspirasie.  Indien jy belangstel aan Sophia’s Roses se dienste en produkte besoek hul webtuiste.  Jy kan ook ‘n e-pos stuur vir meer inligting of ‘n WhatsApp na 082 759 9715.

roses for wedding roses for wedding roses for wedding roses for wedding

Artikel krediet:

Fotograaf:  Adri Smit