Hennie & Maxine se stylvolle strandtroue

Ons deel Hennie en Maxine se stylvolle strandtroue vir die paartjies opsoek na strandtroue inspirasie.  Maxine vertel dat Mooi Troues se artikels haar inspirasie gegee het vir hul troue.   Dit maak ons harte warm as ons hoor paartjies vind soveel trou inspirasie op Mooi Troues.  Hennie en Maxine se verlowing was al self op Mooi Troues gepubliseer en het hul die knoop deur gehak langs die kuslyn van  KwaZulu-Natal.

Hulle dekor, blomme en skryfbehoeftes het alles so mooi ingepas by hul strandtroue tema.  Die gebruik van skakerings bloue, groen en dan sagte pienk pas perfek.  Gaste het die troue geniet met ʼn fantastiese see-uitsig.  Hul troue het ʼn tropiese eiland gevoel tot dit en ons is mal daaroor.

Vir fantastiese diensverskaffers besoek Mooi Troues se Trougids.  Hennie het vir hulle ʼn heerlike wittebrood beplan na Mosambiek.  As gevolg van die pandemie moes die paartjie dit eers uitstel, maar hulle is dankbaar dat hul wel kon trou.  Geniet die paartjie se mooi strandtroue hieronder.

beach wedding south africa beach wedding south africa beach wedding south africa beach wedding south africa

Paartjie se Liefdesreis:


Dit was liefde met die eerste oogopslag (al was dit op ʼn foto).  Ons het mekaar op Instagram ontmoet nadat my vriendin, Jolani my foon gevat het en Hennie begin volg het.  Hennie het met my kontak gemaak en die res is geskiedenis! Hennie is n seevaarder en het na sy kontrak sy bakkie gepak – branderplank en al en van die Kaap af Durban toe gery om my te ontmoet.

Ons is van toe af halsoorkop verlief en Hennie het Durban sy nuwe huis gemaak.  Agt maande later, na Hennie se tweede kontrak het ons een oggend op my gunsteling strand, Winklespruit, gaan stap waar Hennie vir my die mooiste liefdesbrief gelees het en my gevra het om te trou.  Ek het natuurlik ja gesê, ons het terug gestap en by die lewensredding-klub aangekom, waar al my familie en naaste vriende vir ons gewag het.  Ons het ons glasies geklink en die spesiale dag gevier!

beach wedding south africa beach wedding south africabeach wedding south africa

Verlowing tydperk:


Ons was vir ongeveer  7 maande verloof voordat ons getrou het.  Ons het ons trou datum beplan om die skoolvakansie en wanneer Hennie op vasteland is.

beach wedding south africa beach wedding south africa

Finansiële Aspekte:


My ouers het vir ons ʼn begroting gegee waarby ons op die ou einde nie kon hou nie!  ʼn Troue is baie duurder as wat ʼn mens dink – al hou jy net ʼn klein troue soos ons.  My raad sal wees om een diensverskaffer te gebruik wat als reël, eerder as om klomp te gebruik.  Dit is wat die Blue Marlin Hotel so gerieflik gemaak het.

Ons kon seker kostes snoei as ons van die goedjies self gedoen het, maar toe die Korona Virus so na aan ons trou datum uitbreek was ons net te dankbaar dat ons diensverskaffers daar was om ons te ondersteun.  Hulle het agteroor gebuig om ons te help, Jessie Pillay en haar span van die Hotel as ook Shamim van Magestic Hire en haar span was besonders behulpsaam!

Cheney, ons fotograaf het ons ook bygestaan en was groot hulp!  Ek kon werklik nie vir beter diensverskaffers gevra het nie.  Elke liewe persoon van die bogenoemde lys aan die begin van die artikel was betroubaar en professioneel.

beach wedding south africa beach wedding south africa

Het julle inspirasie van Mooi Troues gekry?


Mooi Troues se blad en artikels het my baie inspireer.  Ek soveel verskillende idees gekry en dit geniet om staaltjies te lees.

beach wedding south africa beach wedding south africa

Gunsteling Diensverskaffers:


Dit sal onmoontlik wees om ʼn gunsteling  diensverskaffer te kies!  Ek het al my gunstelinge wat ek met volle vertroue aan enige iemand sal aanbeveel vir julle gelys.

beach wedding south africa beach wedding south africa

Spesiale Tradisies:


Ons het geen spesiale tradisies gehad nie, maar my skoon sussie Nicole het vir ons foto’s geraam en by ons tafel gesit in herdenking van my oorlede boetie, Brendan en hulle pa.  Dit was besonders kosbaar gewees.

beach wedding south africa beach wedding south africa beach wedding south africa beach wedding south africa

My advies aan toekomstige paartjies:


Hennie: Luister na jou bruid wanneer dit kom by trou reëlings – sy is gewoonlik reg!

beach wedding south africa beach wedding south africa

Merkwaardigste Oomblikke:


Ons altwee stem saam dat die mees merkwaardigste oomblik was om mekaar vir die eerste keer te sien op die dag.  Hennie sê dat hy nie die gevoel kan beskryf nie, maar dat hy oorweldig was met emosie en hy het selfs ʼn paar trane gepik.  Dit was beslis ons gelukkigste dag van ons lewens.  Wat ook ongelooflik was is om almal om jou te hê wat jy die liefste het in die wêreld en dat hulle in jou vreugde saam met jou kon deel.

beach wedding south africa beach wedding south africa

Vermaak:


Die talentvolle violis, Mariana Erikson, het voor die tyd die gaste vermaak.  Dit het ʼn baie romantiese atmosfeer geskep.  Sy het ook die troumars gespeel toe ek en my pa by die trougang afstap. Ons musikant en platejoggie, Jaco Kruger, het tydens die “canapes” musiek gemaak, terwyl ons foto’s gaan neem het op die strand.  Daar was n fotohokkie wat ek vir enige iemand sal aanraai, want dit is pret en oulike herinnering om te hou.

beach wedding south africa beach wedding south africa

Paartjie se styl:


Ons troue was prentjie mooi.  Alles waaroor ons gedroom het en ons gunsteling deel was dat jy altyd die see kon sien.  Stylvol met ʼn see briese in die lug.

beach wedding south africa beach wedding south africa beach wedding south africa beach wedding south africa

Ringe:


Beide ons ringe en my troupant is by Browns in Galleria gekoop.  Die hele Browns ervaring was spesiaal en die kliëntediens is fantasties.  Wat my ook geraak het is dat Browns liefdadigheidswerk doen, onder andere word daar vir elke ring wat gekoop word ʼn beertjie aan jou gegee en word daar ʼn beertjie geskenk.

My ring word die “True North” genoem en nes Hennie in sy liefdesbrief gesê het is ek sy ware Noord.  Ons sal nooit verlore wees as ons mekaar het nie.

beach wedding south africa beach wedding south africa beach wedding south africa beach wedding south africa beach wedding south africa beach wedding south africa

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:


Maak seker dat julle alles wat julle nodig het vir die troue vroegtydig optel.  Veral as dit kom by drukwerk.  Gebruik iemand betroubaar.  Die enigste probleem wat ons gehad het was met die besigheid wat ons drukwerk gedoen het(ek het hulle nie gelys nie).

beach wedding south africa beach wedding south africa beach wedding south africa beach wedding south africa

Venue & Dekor:


Ons het na ʼn paar venues gaan kyk, maar die Blue Marlin Hotel het ons harte gesteel.  Dit is reg langs pragtige Scottburgh strand en die uitsig is besonders.  Dit is ook om die draai van ons huis en die meerderheid van ons gaste kon in die hotel slaap teen ʼn afslag.

In verband met die dekor, het ons na baie Pintrest en na tydskrif idees gaan kyk wat baie gehelp het.  Toe ek verloof raak het my ma vir my 3 tydskrifte asook ʼn troubeplanningboek gekoop!  Ek was mal daaroor!  Dis goed om jou diensverskaffers te sê presies wat jy wil hê as ook om ʼn proeflopie te hê vooraf.

beach wedding south africa beach wedding south africa

Wittebrood:


Hennie het ons Wittebrood reeds betaal en gereël.  Ons was baie opgewonde en wou graag Mosambiek toe gaan, maar ongelukkig weens die Koronavirus kon ons nie.  Ons is wel dankbaar dat ons kon trou.  My hart gaan uit vir die paartjies wat hulle troues moes uitstel.

beach wedding south africa beach wedding south africa beach wedding south africa

Die Besluitnemingsproses:


Ons het gedoen presies wat ons graag wou doen, met die ondersteuning van ons liefdevolle familie en vriende.  Ons het alle raad verwelkom.

beach wedding south africa

Eerste Dans:


Ons eerste dans was baie lekker gewees, ons het vir dans lesse gegaan by Jade Terreblanche van Fancy Feet Dance Studio.  Ons het dit vreeslik geniet om in hulle pragtige studio te oefen en het in die proses geleer om te wals!  Ek sal dit beslis aanbeveel, ons het baie gelag en tydens ons lesse gedroom oor ons spesiale dag.  Ons het op Lady Gaga en Bradley Cooper se liedjie “Always remember us this way” gedans.  Toe dit nou die dag op die TV speel het ons in die sitkamer begin dans!

beach wedding south africa beach wedding south africa

Klik hier vir diensverskaffers