De Villiers & Jolandi se mooi Karoo troue

Ons deel De Villiers & Jolandi se mooi Karoo troue by Sweetfontein Boutique Farm Lodge, nou met ons lesers.  Ons is mal oor die paartjie se baie stylvolle Karoo troue.  Paartjies begin al hoe meer te trou in gebiede weg van die stad se gejaag.  Hierdie is die perfekte plek vir paartjies wat opsoek is om ʼn lekker kuier met familie en vriende te hê.  Die moderne elemente van hul troue is die kontras van die Karoo-styl.  Dit is wat hulle troue vir ons nog meer spesiaal maak.  ʼn Prentjie mooi bruilofsfees in die Karoo met familie en vriende.

Sweetfontein Boutique Farm Lodge is in die boonste Karoo-streek geleë, tussen Britstown en De Aar.  Die perfekte venue vir die paartjies wat ʼn liefde het vir die mooie Karoo.  Ons is mal oor die venue en hulle luukse verblyf.  Die venue spasie is simplisties.  Jy kan enige iets in die spasie doen, maak nie saak watter tema jou troue om beplan word nie.  Dit was ook een van die paartjie se gunsteling diensverskaffers op hul troudag.

Jolandi en De Villiers se trou dekor is soos voorheen genoem die teenoorgestelde van die Karoo-landskap waaraan mens gewoond is.  Die Groen elemente op die tafel met die pragtige pienk en pers protea’s is prentjie mooi.  Natuurlike lig speel ook so ʼn groot rol in ʼn venue.

As jy na die troue kyk, sal jy sien hoe mooi die natuurlike lig op die paartjie se sagte en stylvolle dekor elemente en blom ontwerpe val.  Ons is ook gaande oor die groen blomme ontwerpe wat vanuit die hoë dak hang.  Dit vul die spasie so mooi en gee dit ʼn interessante element. Ons is ook bly om te hoor dat die paartjie Mooi Troues gebruik het as inspirasie en advies.  Jolandi en De Villiers se troue hieronder.

karoo wedding karoo wedding karoo wedding karoo wedding karoo wedding

Paartjie se liefdes reis:


Op ʼn lekker koue wintersaand in Bloemfontein se bekende Vryfees 2018, ontmoet ons oë vir die eerste keer.  De Villiers (bruidegom) stap met volle bors na my en groet my asof hy my al vir jare ken.  Wie is die vriendelike man het deur my kop gegaan.  Duidelik het hy my aandag getrek en boonop is hy baie aantreklik.  Ek besluit van pure nuuskierigheid om hom te gaan ‘stalk’ op Instagram en gooi toe sommer ʼn ‘follow’ ook.  ʼn Maand daarna ontmoet ons mekaar vir die eerste keer by ʼn verjaarsdag braai.

Uiteindelik besluit De Villiers om vir Jolandi ʼn boodskap te stuur en ʼn eerste koffie afspraak word gereël.  Van die eerste amptelike afspraak het ons beide geweet …

Na ʼn paar afsprake, kuiers by my (bruid) ouerhuis, draf sessies saam met al Jolandi se honde, kuiers in die hospitaal (nadat De Villiers in ‘n baie groot kar ongeluk is), het die liefde meer en meer gegroei.  Na 4 maande verby gaan is ‘n eerste plaas kuier tydens die Desember vakansie gereël.

Spesiale plek:

Dis hier waar hy my op die mees spesiaalste plek, by die rivier tydens ‘n sonsondergang, gevra het om sy meisie te wees. Die herinneringe en tyd wat ons daai week saam op die plaas spandeer het is oomblikke wat ons nooit sal vergeet nie.  Dit was die mees spesiaalste tyd en deur God, gebede, oomblikke wat gedeel word van God se antwoorde in gebede oor hoe ons oor mekaar voel en die mooiheid van die natuur het ons liefde meer en meer vir mekaar gegroei.

Die volgende jaar verhuis albei van ons na Potchefstroom en vele meer avonture word saam gedeel.  Op goeie Vrydag (19 April 2019), tydens sonsopkoms, in ʼn Sonneblom -land het De Villiers op een knie, vir Jolandi die “Ja-woord” gevra.

karoo wedding karoo wedding karoo wedding karoo wedding karoo wedding width= karoo wedding karoo wedding karoo wedding karoo wedding karoo wedding karoo wedding karoo wedding karoo wedding karoo wedding karoo wedding karoo wedding karoo wedding karoo wedding karoo wedding karoo wedding karoo wedding karoo wedding karoo wedding karoo wedding

Die Verlowing tydperk:


Ons was amper 9 maande verloof.  Hierdie was definitief ‘n tydperk in ons lewens wat ons albei nooit sal vergeet nie.  Ons het mekaar die beste in die tyd leer ken.  Hoe elkeen sekere situasies hanteer en veral as jy onderdruk is.  Hierdie tyd het ons definitief gevorm en in mekaar laat groei.  Ek kan definitief ook se dat ons baie uit die tydperk vir tye vorentoe kan saam vat waaruit ons geleer het.  Ons het die troue en die detail self beplan.

Dit was van die begin af ‘n span poging waar almal ingegryp het en gehelp het waar hulle kan.  Met alle eerlikheid kan ek sê die was die mees stresvolste tyd maar ook die mees opwindendste tyd van ons lewens.  Troue beplan is nie ‘n grap nie. Dit leer jou samewerking, veral omdat beide bymekaar kom en hulle droom van trou deel en jy moet leer om mekaar in die middel te ontmoet.  Dis nie net ‘my’ troue nie, maar ‘ons’ troue.  Dit leer jou soveel geduld, veral omdat die opgewondenheid sprankel in jou hart.  Laastens definitief vertrou in die Here, want sonder Hom was ons troue nie moontlik nie.

karoo wedding karoo wedding karoo wedding karoo wedding karoo wedding karoo wedding karoo wedding karoo wedding karoo wedding karoo wedding karoo wedding

Finansiële aspekte:


Ons het ‘n begroting van die begin af gehad, waar ons besluit het om niks meer as die bedrag te gaan nie, altans dit net een aand is en als so vinnig verby gaan.  Dan het ons ook ingedagte gehou dat mens dit tog spesiaal wil maak omdat dit ‘n aand is wat jy nooit oor gaan hê nie.  Ons begroting was R120 000.  Dis het van die begin tot die einde van elke detail ingesluit.  Van die rok tot die dekor. Dit was nie maklik om alles binne in die begroting te hou nie, maar niks is onmoontlik vir ons God nie, en Hy het in absoluut elke detail van die troue kom voorsien. Ons kon op soveel aspekte spaar en deur dit kan ons net alle eer aan ons Hemelse Vader gee.

Ek en De Villiers het presies 120 gaste gehad waarvan 119 opgedaag het.  Ons het van die begin af saam besluit om God in elke detail van al ons finansies in te nooi en oor te gee aan hom, en Hy het op ongelooflike maniere deur gekom en voorsien.  Vir die blomme het ons slegs 100 protea’s bestel, al die ander blomme het ons van die De Villiers (bruidegom) se familie plaas af gekry.  Die Here het my met ‘n ongelooflike skoonma geseën met die mooiste hart.  Sy het al die blare gesnoei en venue toe gevat die week voor die troue.  Al die blare en ekstra blomme het uit haar tuin uitgekom.

karoo wedding karoo wedding karoo wedding karoo wedding karoo wedding karoo wedding karoo wedding karoo wedding karoo wedding karoo wedding karoo wedding karoo wedding karoo wedding karoo wedding karoo wedding

Merkwaardigste Oomblikke:


Heel eerste kan ek se dat die mees merkwaardigste oomblik vir my (die bruid) was hoe ongelooflik die teenwoordigheid van die Heilige Gees in die dag was.  Die liefde en ondersteuning wat ons van almal af ontvang het en hoe ons net maande se beplanning kan sien deur kom en dat elke oomblik perfek was.  Maar die beste oomblik wat beide van ons kan se was toe ek by die kansel afstap, ons oe ontmoet, De Villiers in trane van oorvloed is, en ons uiteindelik een voor God word.

Dit het my soveel vrede gegee en alles die moeite werd gemaak.  Ons het ook nagmaal tydens die diens gehou.  Dit was so spesiaal, want die dag toe ons verloof word was op goeie Vrydag en ons het ook daai dag nagmaal gehou.  Dit was asof alles bymekaar gekom het op daai oomblik en ons net weereens besef het dat dit is net genade van bo is.

karoo wedding karoo wedding karoo wedding karoo wedding karoo wedding karoo wedding karoo wedding karoo wedding karoo wedding karoo wedding karoo wedding karoo wedding karoo wedding karoo wedding karoo wedding karoo wedding karoo wedding

Advies aan toekomstige bruide & Bruidegom:


Geniet elke oomblik, moet niks vanselfsprekend vat nie, want die oomblik gaan so vinnig verby.  Neem elke oomblik in, want as ‘n paartjie sal julle nooit weer kan sê: “Ons is verloof” nie.  Die laaste advies wat ek kan gee, is dat julle regtig die Vader in elke detail van julle troue innooi … Hy wil die beste vir jou hê en Hy weet presies wat die beste vir jou is.  Keer op keer het ek in my reis goed gedoen, wat ek dink die beste vir ons of vir my sal wees, en verkeerd was.  Ek het meer skade aangerig as enige iets anders, maar die oomblik toe ek dit oorgee, het die Here op ongelooflike manier deurgekom en voorsien.  Ek kan alle eer net aan Hom gee.

karoo wedding karoo wedding karoo wedding karoo wedding karoo wedding karoo wedding karoo wedding

Venue en Dekor:


Geleë in die hart van die Karoo, tussen Britstown & De Aar, is Sweetfontein Boutique Farm Lodge venue.  Reg oorkant die venue is die bruidegom se familie plaas.  Dis  het ‘n baie spesiale plek in ons harte vir die Karoo en die plaas.  Ons het aan die begin nie gedink om daar te trou nie, maar toe ons na die venue gaan kyk het het ons harte gesmelt.

Watter beter plek om die Karoo op sy mooiste uit te beeld en dit so naby aan die huis.  Die dekor het ons oorgegee aan Alfred B met slegs die woorde: ‘Dit moet sag wees, die Karoo uitbeeld en verder kan jy doen wat jou hart begeer.’  Hy was fantasties en het absoluut ons wildste drome oortref.  Hy het dag en nag in daardie week gewerk om als perfek vir ons te maak. Ek kan alewig dankbaar vir hom wees.

karoo wedding karoo wedding karoo wedding karoo wedding karoo wedding

Paartjie se styl:


Eerstens het ek (bruid) nooit in my wildste drome gedink ek sal in ‘n kant rok trou nie.  Ons was by ‘n expo gewees en ek het net rokke vir die ingewing van die oomblik aan gepas, omdat ek eintlik klaar ‘n ander rok sommer aanlyn bestel het. Min wete dat dit ‘n flop sou wees.  Soos ek aan pas, was daar niks spesifieks wat enigsins vir my uitgestaan het nie.  My tyd was verstreke en ek was tevrede met my aanlyn rok.  Toe kom een van die ontwerpers na my toe met hierdie rok en vra of ek net die laaste een sal aanpas.

Ek was baie gekant daarteen, maar het niks gehad om te verloor nie en die rok maar aangepas.  Dit was ‘n oomblik van verstomming.  Ek en my ma het albei in trane uitgebars en my ma het keer om keer gesê: ‘Dis jou rok Jolandi.’ Definitief ‘n oomblik wat nooit vergete sal gaan nie.  Die Vader het merkwaardig voorsien en die rok was myne, 6 maande voor die troue.  In die tyd wat ons besluit het om in die Karoo te trou, en die venue geboek het, het die Karoo deur ‘n baie erge droogte gegaan.

Groen kleurskakerings:

Ons het besluit om die kleur van die troue groen te maak omdat die kleur hoop, vreugde en nuwe lewe uitbeeld.  Ek het ook protea’s as my trou blom gemaak (dit was my eerste teken dat De Villiers my man is).  Ons het ook besluit om so veel ons kan die Karoo uit te beeld en te gebruik wat in die veld is.  Dit het alles saam ons styl byeen gesit.  Ons het een naweek in Pretoria gekuier en besluit om Mall of Africa toe te gaan om vir De Villiers ‘n ring te soek.  In die sentrum kom ons toe af op die pak wat hy gedra het.

Dit was definitief ‘n oomblik van, ‘die regte tyd en plek’, wees.  Die groen het perfek by hom gepas en dit was ook die laaste pak in daai kleur en in daai grote, wat syne was.  Weereens het die Vader merkwaardig voorsien.

karoo wedding karoo wedding karoo wedding

Gunsteling Diensverskaffers:


Die is verseker die moeilikste keuse om te maak.  Ons sal sê definitief Sweetfontein.  Hulle het regtig uit hulle pad uit gegaan om die dag vir ons spesiaal te maak.  Van die dekor tot kos tot elke detail van die dag het hulle seker gemaak is perfek.  Alles was op die venue gedoen en hulle het absoluut die beste diens vir ons verskaf.

Dan ook die fotograaf en videograaf.  Hulle het ons so baie geseën en hulle diens was absoluut professioneel en merkwaardig.

karoo wedding karoo wedding karoo wedding karoo wedding karoo wedding

Die ‘nie-so-perfekte’ oomblikke:


Met alle eerlikheid van my kant af (bruid) kan ek regtig se dat daar nie ‘n oomblik van ‘nie-so-perfek’ was nie.  As jy vir die bruidegom vra: sal hy definitief se die oomblik toe ons voorgestel was as man en vrou en in die saal instap.  Hy kon nie instem op ‘n liedjie nie toe kies ek sommer net een.  Hy was so skaam vir die liedjie.  Ons moes om die saal loop oor die dans vloer en toe na die hooftafel toe.  Toe die liedjie begin en die deur oop gaan toe vat hy my hand en stap direk hooftafel toe.  Die liedjie het nie eens vir 30 sekondes gespeel nie toe staan ons by die tafel.  Die mense het definitief die liedjie te veel geniet.  Liedjie: Boerepompie van Ricus Nel en Snotkop.

karoo wedding karoo wedding karoo wedding

Eerste Dans:


Die is definitief ‘n gedeelte waaroor beide van ons baie gestres het.  Vandat ons ontmoet het, dans ons ongelooflik lekker saam, maar die was baie stresvol vir ons, want die is ‘n oomblik waar almal se oe op ons is.  ʼn Week voor die troue het ons slegs 2 keer geoefen wat heeltemal ‘n flop.  Die aand van die troue het ons besluit om net te gaan met dit en die beste van die oomblik te maak.

So het die Here absoluut oor geneem en die dans het ons beide verstom na die tyd gelos, dit was ‘n perfek oomblik saam wat nooit te vergete sal gaan nie.  Ons oë was gefokus, ons voete het as een beweeg en dit was asof ons kon lees wat die ander een wou doen.  As ek dit moet beskryf was dit definitief ‘n oomblik waarvan elke meisie droom om ‘n prinses te wees saam haar prins op die dansvloer.

karoo wedding karoo wedding

Wittebrood:


Hierdie was ‘n ongelooflike week.  Ons het op Kaapstad besluit.  Ons wou nie te veel spandeer op ons wittebrood nie, omdat ons slegs 3 weke daarna China toe sou vlieg en ‘n groot avontuur daar sou hê.  De Villiers se ouers het die wittebrood geborg en ons sê Dankie aan hulle.  Dit was ‘n ongelooflike week in die Kaap van avontuur, wynproe, swem in yskoue water en die lekkerste kos eet. Ons het afgesluit in Langebaan by Club Mykonos waar dit letterlik gevoel het ons is in Griekeland.  Hierdie was die eerste keer wat ons ‘n week weg gegaan het op vakansie en ons is absoluut alleen saam.  Dit was so spesiaal en definitief ‘n onvergeetlike tyd saam.

karoo wedding karoo wedding karoo wedding karoo wedding

Spesiale Tradisies:


Ons het nagmaal gehou tydens die diens.  Nog ‘n spesiale tradisie was die pa en dogter dans aan die einde van die aand. My pa het my leer dans, ek het besluit om dit as ‘n verrassing vir hom te los.  Ons gunsteling liedjie het gespeel en ek het my pa het die dansvloer betree.  Die oomblik het hom in trane gelos.

karoo weddingkaroo wedding karoo wedding

    Artikel Diensverskaffers:

    Klik hier vir meer diensverskaffers

    • Blomme: Protea & Fynbos Boerdery, Hebron Boerdery
    • Grimering: Joanri Matthee van Done’s Beauty Specialists in Bloemfontein
    • Hare: Christa Kruger van Salon Christa De Aar
    • Japonne: Lilies & Lust Gowns & PJ
    • Juweliersware: Blossom Scrunchies
    • Strooimeisie rok: Forever new (sussie rok), ander is elke meisie se eie inisiatief
    • Trou rok: Dednam Couture
    • Bruidegom pak: Jones & Kent of Londen
    • Trouringe: HDL Jewelry & Titanium
    • Trou koek: Cecile Els (koek self) & Hanti Dreyer (versiering van die koek) (beide Ouma’s van die bruid)
    • Musiek: DJ Brakkies van De Aar
    • Vermaak: Albert Myburg (seremonie meester)
    • Fotograaf: Silk Photography
    • Videograaf: Jason Maggott Videography
    • Huweliksbevestiger: Riaan Sadie van Hebron Gemeente De Aar
    • Huwelik kontrak: Louwrens Koen Attorneys