Michael & Lizandi se elegante troue in Mpumalanga

Michael en Lizandi is ʼn paartjie wat lief is vir die natuur en buitelewe.  Lizandi vertel dat sy baie graag in ʼn glas kapel wou trou en daarom het hulle ʼn elegante troue gehad by Whispering Thorns in Mpumalanga.  Dit is altyd lieflik as jy in ʼn omgewing trou wat omring is deur mooi natuur tonele.

Lizandi se strooimeisies het prentjie mooi en baie elegant gelyk in hulle roosgoud strooimeisie-rokke.  Dit het so mooi ingepas by die styl van die paartjie se troudag.  Salt ʼn Pepper Photography het die mooiste foto’s geneem van Lizandi en Michael se prentjie mooi troue.  Hulle foto’s sal jou aandag trek en jou onmiddellik deel laat voel van die paartjie se troudag.

Whispering Thorns is ʼn moderne trou venue in Mpumalanga.  Die paartjie wou baie graag in ʼn glas kapel trou en dit is presies wat die venue het.  ʼn Moderne venue met ʼn lekker plat-op-die-aarde plaas gevoel.

Alles het net so mooi bymekaar gekom.  Die sagte pienk skakerings van die blomme en die dekor werk perfek saam met die rou baksteen mure en die kandelare wat hoog vanuit die dak hang.  Die kerse op die tafel het ʼn romantiese gevoel geskep.  Geniet die paartjie se elegante Mpumalanga troue hieronder.

Wedding Venues in Mpumalanga Wedding Venues in Mpumalanga Wedding Venues in Mpumalanga

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het ontmoet in Bloemfontein, tydens die tyd het ek geswot vir ʼn Biokinetikus, en hy het tans rugby gespeel.  Ons het ontmoet by ʼn huis kuier, en van daarvan het ons net geweet.  Hy het my onder my ouers se oe weg gedra, (in ʼn goeie manier) en saam het ons ʼn lewe begin  in die Laeveld.  Ek is die jongste so dit was ʼn groot skuif vanaf die Vrystaat na Mpumalanga.  Ons was saam op ʼn Familie Vakansie in Seychelles. waar Michael die groot vraag gevra het.  Hy het ʼn “life size” hart uit blomme laat maak en op een knieg gesak op die strand.  My hart was oorweldig en ek kon nie ophou huil nie.  My hart was so dankbaar dat die Here vir my sulke goeie man gestuur het.  Hy is regtig alles in my oë.  Dit was ʼn ongelooflike dag.

Wedding Venues in Mpumalanga Wedding Venues in Mpumalanga Wedding Venues in Mpumalanga Wedding Venues in Mpumalanga Wedding Venues in Mpumalanga Wedding Venues in Mpumalanga Wedding Venues in Mpumalanga Wedding Venues in Mpumalanga Wedding Venues in Mpumalanga Wedding Venues in Mpumalanga Wedding Venues in Mpumalanga Wedding Venues in Mpumalanga Wedding Venues in Mpumalanga Wedding Venues in Mpumalanga Wedding Venues in Mpumalanga Wedding Venues in Mpumalanga Wedding Venues in Mpumalanga

Die Verlowing Tydperk:


Ons het Desember 2018 verloof geraak en ons het op die 24ste Augustus 2019 getrou.  Ek het geen trou beplanner gehad nie, net ek en al my idees met behulp van my diensverskaffers.

Wedding Venues in Mpumalanga Wedding Venues in Mpumalanga Wedding Venues in Mpumalanga Wedding Venues in Mpumalanga Wedding Venues in Mpumalanga Wedding Venues in Mpumalanga Wedding Venues in Mpumalanga Wedding Venues in Mpumalanga Wedding Venues in Mpumalanga Wedding Venues in Mpumalanga Wedding Venues in Mpumalanga Wedding Venues in Mpumalanga

Finansiële Aspekte:


Ons was bevoorreg dat ons albei het wonderlike ouers wat net so uitgesien het vir die dag.  Hul het elk ons ewe gehelp met die begroting asook nou ons eie insette.  Ons het 74 mense onthaal.  Ons begroting was R200 000.00,  en het op geëindig by R350 000.00.  My grootse advies is dat jy ʼn begroting uitwerk voor enige iets,  en van daarvan werk.  Hou by jou begroting anders dwaal mens af soos ek en my man.

Wedding Venues in Mpumalanga Wedding Venues in Mpumalanga Wedding Venues in Mpumalanga Wedding Venues in Mpumalanga Wedding Venues in Mpumalanga Wedding Venues in Mpumalanga Wedding Venues in Mpumalanga Wedding Venues in Mpumalanga Wedding Venues in Mpumalanga Wedding Venues in Mpumalanga Wedding Venues in Mpumalanga

Merkwaardigste Oomblikke:


Hoe kies mens een oomblik as jou hele dag merkwaardig was.  Definitief een was toe ek sy gesig sien toe ek by die gang afloop.  Ons eie trou geloftes was so spesiaal.  Ons het ons eie geskryf en voor in kerk vir mekaar gesê.  Dit was ongelooflik.  Nog een, al die liefde en geluk wat ons ervaar het op daai dag saam die Here, dit was kosbaar.

Wedding Venues in Mpumalanga Wedding Venues in Mpumalanga Wedding Venues in Mpumalanga Wedding Venues in Mpumalanga

Paartjie se styl:


Wel, ek moet sê ek is maklik oor my opinie waarvan ek hou en waarvan ek nie hou nie.  Die rok was op my pad gestuur, in ʼn oogwink verlief geraak en ek’t net my verstellings verander.  Die bo deel was so en ek wou net onder kant verander.  Michael het die mooiste blou oë en hy was self mal oor koningsblou, daarom het ons dit vir sy pak gekies.

Ringe: Michael was alleen by die ringmaker en na hy daar uitgestap het, was hy so deurmekaar.

Sy opinie was dat hy my self sal vat, en ek kan ontwerp wat ek van hou.  Die was presies wat ek in gedagte gehad het.  Hy het dit lank weggesteek, my laat glo dat ringe vat 6 maande om te maak, en ek het niks verwag nie.  Toe kom die verassing en dit was meer as wat ek in gedagte gehad het.  Michael se ring het ook Roosgoud in die agterkant en ʼn dun lyntjie om die kant.

Wedding Venues in Mpumalanga Wedding Venues in Mpumalanga Wedding Venues in MpumalangaWedding Venues in MpumalangaWedding Venues in Mpumalanga Wedding Venues in Mpumalanga Wedding Venues in Mpumalanga

Die Besluitnemingsproses:


Michael hou van my, hy hou van my styl, van my idees.  Ek kon aangaan en hy het met als saam gestem.  Ons hou van dieselfde tipe goed.

Wedding Venues in Mpumalanga Wedding Venues in Mpumalanga Wedding Venues in Mpumalanga Wedding Venues in Mpumalanga

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Bruide

Ontspan en neem als in, die dag vlieg verby en jy wil jou sprokiesdag onthou vol baie gelukkige herinneringe.

Bruidegom

Staan sterk, as die kerk diens verby is, is die ergste verby en jy kan die aand saam jou bruid en familie geniet.

Wedding Venues in Mpumalanga Wedding Venues in Mpumalanga Wedding Venues in Mpumalanga

Gunsteling Diensverskaffers:


Ons fotograaf was uitstekend.  Ons sal hul beslis aanbeveel.

Wedding Venues in Mpumalanga Wedding Venues in Mpumalanga Wedding Venues in Mpumalanga Wedding Venues in Mpumalanga

Spesiale Tradisies:


Ek en Michael het ons eie een begin.  Ons trou pen was uit Buffalo Horn gemaak, dis ʼn veer pen.  Ons teken al ons belangrike dokumente met die pen, ons groot doop sertifikate en trou sertifikaat, en eendag ons kinders se geboorte sertifikaat.

Wedding Venues in Mpumalanga Wedding Venues in Mpumalanga Wedding Venues in Mpumalanga

Eerste Dans:


Ek en Michael hou baie van dans en kan beide goed vas dans so ons het nie eers geoefen nie.  Ons liedjie was Better Today- Coffey Anderson

Wedding Venues in Mpumalanga Wedding Venues in Mpumalanga Wedding Venues in Mpumalanga

Venue & Dekor:


Ek wou baie graag trou in ʼn glaskapel.  Dit was my een punt wat ek nie sou kon afwyk van nie.

Dekor, ons is mal oor die buite lewe, en met die hout en natuur van baie blomme kon dit mooi deur kom.  Ek is mal oor Roosgoud en dit was ons kleur.  Kerse was ʼn moet, my ma bly vir my sê dit skep so romantiese atmosfeer.

Wedding Venues in Mpumalanga Wedding Venues in Mpumalanga Wedding Venues in Mpumalanga Wedding Venues in MpumalangaWedding Venues in Mpumalanga

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:


Ek weet daar was goed soos die blomme wat bietjie verkil teenoor ons idee, maar op die einde kon ons nie eers dit verskil sien nie.  Niks was nie perfek nie, als was 100% vir ons.

Wedding Venues in Mpumalanga Wedding Venues in Mpumalanga Wedding Venues in Mpumalanga

Wittebrood:


Michael het ons wittebrood gereël, alles was ʼn verassing.  Ek het niks geweet nie.  Ons was op pad Zanazibar toe.  Ek het eers uitgevind op die tweede vliegtuig op Kenya, omdat ons laat was vir ons vlug en die dame skree Zanazibar Left, en Michael se kop was ja-nee, ja-nee.  En dis waar ek hom gevang het.  Een ongelooflike wittebrood saam hom.

Wedding Venues in Mpumalanga Wedding Venues in Mpumalanga Wedding Venues in Mpumalanga

[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

[endsection]