Gerhard & Lientjie se moderne troudag

Vandag se inskrywing op Mooi Troues is Gerhard en Lientjie se moderne troudag by ʼn pragtige moderne plaas venue.  Die paartjie se inspirasie was minimalistiese en baie modern.  So doende het hulle die elemente deel gemaak van hulle troudag.  Ons is trots om te sien dat  van Mooi Troues se adverteerders deel was van Gerhard en Lientjie troue.

As jy opsoek is na pragtige plaastroue inspirasie sal jy die foto’s wat Dust and Dreams Photography afgeneem het baie geniet.  Die paartjie het ook genoem dat hul fotograwe een van hulle gunsteling diensverskaffers was.  Dust & Dreams Photography het ʼn oog vir detail en hulle weet  presies hoe elke paartjie gemaklik te laat voel voor die kamera.

Rozanne en Werner, ook bekend as Akoestiek Musiek het die gaste vermaak met mooi musiek. Akoestiek is ʼn Afrikaans bruilof-duo vanuit die hartjie van Pretoria.  Hulle geniet dit om bruilofsfeeste met akoestiese verwerkings van bekende en oorspronklike liedjies in te kleur.  Akoestiek was ook een van die paartjies se gunsteling diensverskaffers.  So nou weet jy wie om te kry vir vermaak by jou troue.

Geniet Lientjie en Gerhard se pragtige troue.

mooi troues mooi troues mooi troues mooi troues

Paartjie se Liefdesreis


Ons verhaal het in 2009 begin toe ʼn onderlinge vriend, my gevra het om Gerhard se metgesel vir ʼn jaareindfunksie te wees.  Die vriend het gedink ons ​​sal perfek vir mekaar wees.  Ongelukkig kan ons nie sê dat ons dit dieselfde gevoel het nie.  Ons kan nie veel van daardie funksie onthou nie, behalwe dat Gerhard vriendelik was en ek ʼn rooi rok gedra het.  Ons het albei besluit dat ons nie belangstel nie!

Gelukkig het ons storie nie daar geëindig nie.  ʼn Paar jaar later het ons mekaar weer raak geloop by ʼn doop.  Na die seremonie het ons begin praat en mekaar se geselskap baie geniet.  Ironies genoeg vra ʼn tannie vir Gerhard; “Waar is jou meisie?”.  Hy het na my gewys en haar geantwoord: “my meisie?  Tannie sien daardie meisie met die rooi rok, dit is my toekomstige vrou.”  Ek het net my kop geskud en gelag.  Kort daarna het ons op ons eerste afspraak gegaan.  Ons het dadelik verlief geraak.

Ons verlowing was ʼn besonderse spesiale dag wat Gerhard haarfyn beplan het.  Hy het genoem dat hy iets spesiaal beplan vir ons herdenking en my so verras met ʼn warm lugballon rit waar hy op sy regter knie my die “ja” word gevra het.  Hy vertel nou nog die storie van hoe hy bang was ek laat val die ring uit die lugballon uit.

mooi troues mooi troues mooi troues mooi troues mooi troues mooi troues mooi troues mooi troues mooi troues mooi troues mooi troues mooi troues mooi troues mooi troues

Die Verlowing Tydperk


Ons was vir ʼn jaar en 14 dae verloof.  Ons wou graag gehad het dat die troue ʼn vingerafdruk van ons smaak moes wees en daarom het ons self die hele troue beplan.  Dit was ʼn goeie jaar om mekaar beter te leer ken in die besluite wat ons gemaak het vir die troue.

mooi troues mooi troues mooi troues mooi troues mooi troues mooi troues mooi troues mooi troues mooi troues

Finansiële Aspekte


Ons het nie ʼn vaste begroting gehad nie, maar wel riglyne in terme van hoeveel ons bereid is om op sekere aspekte te spandeer.  Ons was baie bevoorreg om vrygewige ouers te hê wat die meerderheid van ons uitgawes gedek het.  Dit was ʼn naweek troue en ons het 145 gaste onthaal.

Ons advies aan ander paartjies is om vroegtydig verskaffers te soek, pryse te vergelyk en moeite te doen om resensies te lees.  Ook stel ons voor dat die paartjie saam besluit wat vir hulle die twee of drie goed is wat hulle die graagste sal wil hê en dan daarvolgens die begroting beplan. Vir ons was die volgende drie goed belangrik:

  1. ʼn Pragtige venue wat ʼn naweek troue kan akkomodeer;
  2. Fotograaf – ek wou baie graag hê dat Dust & Dreams Photography ons dag moes vas vang; en
  3. Videograaf – Gerhard wou graag hê dat Kondensmelk Produksies ons troue video’ s moes maak.

Ons het hierdie verskaffers eers vas gemaak en daarna begroot vir die res.

mooi troues mooi troues mooi troues mooi troues mooi troues mooi troues mooi troues

Vermaak


Ons het gebruik gemaak van Akoestiek Musiek.  Rozanne en Werner het ons gaste in die kerk en tydens canapes vermaak met die mooiste liefdes liedjies.  Hulle was ook vir my ʼn verrassing gewees. Ek wou baie graag gehad het dat hulle op ons troue moes sing, maar Gerhard het my voorgespring en hulle reeds bespreek sonder my medewete.

Toe ek by Akoestiek navraag doen, het hulle vir my sê dat hulle reeds ʼn ander troue daardie dag het.  ʼn Maand later het Rozanne vir my ʼn spesiale verjaarsdag kaartjie gemaak waar sy gesê het dat Gerhard hulle vir ons trou dag bespreek het.  Ek was so bly!  Ons kan getuig dat Akoestiek die ekstra myl gaan en ons sal hulle met die grootste liefde vir enige paartjie aanbeveel.  Hulle is hartsmense!

mooi troues mooi troues

Merkwaardigste Oomblikke


Bruid:

Sjoe, hierdie is ʼn moeilike vraag … Daar was baie oomblikke wat ek verewig sal koester.  Ek kan nou nog onthou hoe my hart uit my bors wou bars toe ek vir Gerhard voor die kansel sien staan. Weens ʼn knie besering kon ek en my pa ongelukkig nie ʼn “pa-dogter-dans” doen nie, maar my pa en Gerhard het besluit om my te verras met ʼn video in die plek van die pa-dogter dans.  Dit was vir my besonders kosbaar.

Bruidegom:

Toe ek omdraai en die eerste keer vir Lientjie sien by die padjie afloop het die trane net begin vloei, en ek het geweet dat net God so pragtige vrou vir ʼn man kan gee om te koester.  Ek kon nie wag dat sy voor by my kom en ek haar hand by haar pa kon neem nie.  Dit was so ʼn wonderlike en groot voorreg toe ek vir Lientjie by haar pa kon oor neem.  Die vrou waarvoor ek so lank gebid het, het uiteindelik langs my gestaan en gewag dat die dominee ons in die eg verbind.

mooi troues mooi troues mooi troues mooi trouesmooi troues

Gunsteling Diensverskaffers


Daar is 4 diensverskaffers wie sonder ons dag nie dieselfde sou gewees het nie.

The Flower Box

Susan van The Flower Box het vir ons die meeste uitgestaan.  Ons oorspronklike dekor verskaffer het vir ons die verkeerde dekor gestuur.  Ons het eers die Vrydag voor die troue besef dat die dekor nie reg was nie.  Dit was nag! Sonder om eers te vra het Susan op die laaste nippertjie vir ons ʼn haas uit ʼn hoed getrek en ons uit ons probleem gered.  Sy het van die een dekor plek na die volgende gejaag en die Vrydag aand tot laat gewerk om seker te maak alles is presies soos ons oorspronklike droom prentjie.

Dust & Dreams Photography

Al wat ons kan sê is Steph & Elaine is bakgat.  Hulle het ʼn fyn oog vir detail en laat mens sommer baie gemaklik voel.  Hulle doen ongelooflik baie moeite met hul fotos en ook die verpakking daarvan.

Akoestiek Musiek

Rozanne en Werner is ongelooflik goed en baie betroubaar.  Ons het voor die troue saam met hulle gaan koffie drink en dadelik besef dat hulle ʼn passie vir hul werk het en sommer baie moeite vir hul kliënte doen.

Kondensmelk Produksies

Bastiaan en sy span ken hul storie as dit kom by trou video’s maak.  Hulle hou van ʼn lekker grappie en doen baie moeite om al die mooi oomblikke van die dag vas te vang.  Hulle het vir ons al die video materiaal van die dag gegee wat ons help om die dag uit die oogpunt van ons gaste te sien.

mooi troues mooi troues mooi troues mooi troues mooi troues mooi troues mooi troues mooi troues mooi troues mooi troues mooi troues mooi troues mooi troues mooi troues mooi troues mooi troues mooi troues mooi troues mooi troues mooi troues mooi troues mooi troues mooi troues

Venue & Dekor


Die pragtige Smitsfield Venue buite Lothair (naby Ermelo) is  die venue waar ons getrou het.  Ons het gesoek vir ʼn venue wat ʼn naweek troue kon akkommodeer en wat ʼn moderne, industriële gevoel het.  Ons het kort na ons verlowing na ongeveer 5 venues gaan kyk en toe by Florence Guest Farm (waar my suster getrou het) se susters-venue afgekom.

Toe ons die eerste keer die venue besoek het, was daar nog niks – slegs bou planne.  Heléne (eienaar van Smitsfield) het haar visie vir die venue met ons gedeel en ons was dadelik mal daaroor.  Ons was twee maande later weer by die venue en geweet dat ons op geen ander plek wou trou nie.

Ons inspirasie vir die dekor was dat dit die venue moes komplimenteer.  Daarom het ons gesoek vir dekor wat geometriese, minimalisties, eenvoudig en modern is.  Ons wou ook elemente van roosgoud inbring om by ons ringe te pas.

mooi troues mooi troues mooi troues mooi troues mooi troues mooi troues mooi troues mooi troues mooi troues mooi troues mooi troues mooi troues mooi troues mooi troues mooi troues

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme


Bruid:

My advies aan ander bruide is om nooit te vergeet waaroor dit gaan nie.  Onthou dat dit nie net die troudag is waarvoor jy moet beplan nie, maar ook die huwelik.  Deel alles met jou verloofde, jou emosies, denke en wat julle van mekaar verwag.  Bid saam met jou geliefde en maak tyd om spesiale oomblikke ten volle saam te geniet waar julle glad nie oor die troue praat nie.  ʼn Troue kan so vinnig jou lewe oorneem, daarom is dit belangrik om tyd te maak vir mekaar.

Die trou beplanning kan maklik oorweldigend raak en soms is dit lekker om advies van ander bruide af te kry.  Loer gerus na die “Ek is verloof” en “Tweede Handse Bruidjie” Facebook groepe – ek het baie van my idees hier gekry.

Bruidegom:

Geniet elke oomblik van die beplanning.  Kies jou strooijonkers goed, hulle moet die dag van die troue kan oorvat om die las op jou skouers te verlig.

Geniet die trou dag … Dit gaan ongelooflike vinnig verby!

Soos meeste ander bruidspaartjies kan getuig; vlieg die tyd só vinnig verby!  Dit was vir ons lekker om ʼn naweek troue te kon hou en ons sal dit beslis aanbeveel.

mooi troues mooi troues mooi troues mooi troues mooi troues mooi troues mooi troues mooi troues mooi troues mooi troues

Die ʼnie-so-perfek’ oomblikke


Soos enige troue is daar ʼn paar goedjies wat skeef loop.  In ons geval was dit die dekor wat nie reg was nie.  Die verskaffer by wie ons oorspronklike ons dekor gehuur het, het die verkeerde en beskadigde dekor gestuur.  Ons het dit eers die dag voor die trou besef.  Gelukkig het Susan (van the Flower Box) tot ons redding gekom en kon sy soortgelyke dekor vir ons reël.

Die ander blapsie was met ons eerste dans.  Ek onthou nog hoe al die gaste gereed staan met hul “sparklers” aangesteek om ons op die dans baan te verwelkom.  Dit is toe dat die platejoggie perongeluk die verkeerde liedjie speel.  Ons het geweet ons kan nie nou die liedjie stop nie en het net begin lag.  Ons het die dansbaan op die verkeerde liedjie geopen maar dit was steeds lekker. Die gaste het nie eers besef dat dit die verkeerde liedjie was nie.

Ten spyte hiervan, was dit steeds vir ons ʼn ongelooflike spesiale naweek en sal ons dit vir niks verruil nie.

mooi troues mooi troues

    Artikel Diensverskaffers:

    [section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

    [endsection]