ʼn Naweek Wegbreek na Lord’s Wines in McGregor

Hier by Mooi Troues deel ons ʼn naweek wegbreek na Lord’s Wines, geleë so 10 kilometer op ʼn grondpad buite die dorpie van Mc Gregor.  Daar is net iets só avontuurlustig as jy op grondpad begin ry, dit is asof ʼn mens sommer onmiddellik opgewonde raak vir wat kom.  Ons het die naweek by Lord’s Wines begin deur verwelkom te word by hul wynproe lokaal.  Hier het ons van hul heerlike wyn geproe en was ook middagete aangebied.  Hulle bedien ligte middagetes, so as jy in McGregor is, kom maak ʼn draai en geniet ʼn wynproe en middagete.

Na ons wynproe het ons gegaan na ons verblyf vir die naweek by hul Blue Crane House.  Dit is so ʼn paar honderd meter vanaf die proe lokaal.  Hierdie is die perfekte huis vir jou volgende wegbreek na die McGregor in die Robertson Vallei saam ʼn groep vriende of familie.  Die mooiste uitsigte en natuurtonele omvou jou en laat jou onmiddellik rustig voel.  Reg voor die huis is daar ʼn dam waar daar twee Bloukraanvoëls, asook ʼn paar ander tipe voëls, hulself daar huisves.  Dit is so mooi gewees om te hulle te sien en geluide te hoor.

Mooi Troues besoek oulike wegbreek plekkies regoor Suid-Afrika.  Lees meer oor ons vorige wegbreek plekkies deur hier te klik om ma ons vorige resensies te gaan. Lees meer oor ons naweek by Lord’s Wines deur af te rol.

Blue Crane House:

Hierdie ruim huis slaap tot-en-met 8 gaste, wat dit die ideale wegbreek plek maak vir families of vriende.  Met pragtige uitsigte oor die wingerd boorde en die dam voor die huis is prentjie mooi.

Die huis is privaat en het ook ʼn groot grasperk voor die huis, perfek vir kinders om te speel, of as jy selfs ʼn piekniek wil hê langs die dam.   Daar is oorgenoeg parkeerplek.   Twee motors kan gemaklik onder die dak parkeer en die ander in op die plaveisel.

Ons deel met graagte ons ervaring by die huis met jou.   Rol af om nog meer te lees oor die huis en wat dit bied.

Twee braai areas:

Die huis het nie een, maar twee braai areas.  Een voor die huis wat die mooiste uitsigte oor die vallei het en ʼn onderdak braai het met ʼn gemaklike rusbank en ʼn lekker groot tafel.  Perfek om te onthaal en gesellig te wees.  Dan is daar nog ʼn buite braai met ʼn tafel wat nie onder dak is nie, maar beskut is teen die wind.  So daar is opsies wanneer die wind hinder.

Oopplan leef area:

Die huis is ʼn selfsorg eenheid en lekker ruim oopplan sitkamer, eetkamer en kombuis met ʼn dubbel volume grasdak.  Dié eenheid kom ook met sy eie WiFi om in kontak te wees indien die selfoon sein swak is, óf om jul ervaring met jul aanhangers te deel.

In die sitkamer is daar ʼn groot platskerm televisie met Netflix, ʼn kaggel vir die kouer winter dae en gemaklike banke waar jy jou skoene kan uitskop en net ontspan.  Daar is ook ʼn ordentlike klanksisteem vir musiek vermaak wanneer jul kuier om die braai vuur.

Die kombuis is ook volledig toegerus met alles wat jy sal nodig hê om heerlike kos te maak.  Met die eetkamer tafel in die oopplan kombuis is dit dié perfekte gesellige kuier kombuis.  So niemand hoef alleen in die kombuis te wees nie.  Daar is ʼn Smeg ketel en roosterbrood masjien, asook ʼn Siemens koffie masjien wat van top gehalte is!  Eetgerei en breekware is daar oorgenoeg van.  Daar is ook ʼn opwas kamer met ʼn Bosch wasmasjien en -skottelgoedwasser, so niemand hoef te staan en skottelgoed was nie.

Kamers & Badkamers:

Al die slaapkamers is ruim en het almal, behalwe die een kamer, ingeboude kaste.  Twee van die kamers is ekstra groot en het ook hul eie en-suite badkamers met ʼn bad en ʼn stort.  Daar is ook ʼn aparte badkamer met ʼn stort vir die twee kamers wat nie en-suites het nie, of as gaste ʼn badkamer sou benodig.

Die slaapkamers is gemaklik toegerus en die baddens is van hoë gehalte en slaap baie gemaklik.  Let wel dat daar nie televisie in die kamers is nie, daar is wel lugverkoeling.

Die badkamers het wel verwarmde handdoeke relings, wat ʼn groot bonus is vir die koue wintermaande.

Wynproe by Lord’s Wines:

Ons het ons wegbreek naweek by Lord’s Wines begin met ʼn wynproe by hul wynproe-lokaal.  Lord’s Wines is het ʼn bekroonde reeks wyne wat gemaak is uit liefde en passie en die doel op goeie gehalte wyne.  Jy kan Lord’s Wines se wyne bestel deur hul aanlynwinkel te besoek en jou bestelling te plaas.  Onder is die lys van lekker wyne wat ons geproe het.

Lord’s Wines Cap Classique reeks:
  • Cap Classique Brut Rosé
  • Cap Classique Brut
Witwyne:
  • Sauvignon Blanc 2021
  • Chenin Blanc 2019
  • Chardonnay 2021
Rooiwyne:
  • Three Barrel Shiraz 2018
  • Pinot Noir 2019
  • Father Time Shiraz 2018
  • Shiraz 2018

Meer oor Lord’s Wines:

Vir meer inligting oor Lord’s Wines se verblyf en wynproe, klik hier om hul webtuiste te besoek.  Jy kan hulle ook volg op Facebook en Instagram vir die nuutste nuus oor dié pragtige plaas.

    Artikel Diensverskaffers: