Jean-Pierre & Hanneke se plaastroue

Jean-Pierre & Hanneke se troue is ʼn prentjie mooi plaastroue met soveel luukse elemente.  By Mooi Troues is ons altyd baie opgewonde om ʼn pragtige troue soos die paartjie se troue te deel.  Hulle spierwit sagte dekor op die kontras van die rou hout tafels is besonders.  Dan is daar tikseltjies van kleur blom ontwerpe wat strategies geplaas is.  Alles pas perfek bymekaar.  Die prentjie mooi vloeiende trourok van Hanneke tot haar pragtige groot hand ryker.   Van die tafels is bedek met kerse en die hooftafel het pragtige kleurvolle blomme ontwerpe. 

Helene Viljoen was hul trou fotograaf gewees en ook een van die paartjie se gunsteling diensverskaffers.  Hulle vertel hoe Helene uit haar pad gegaan het om alles vir hulle baie gemaklik te maak gedurende hul fotosessie.  Hele is baie goed om enige troue se foto’s in ʼn romantiese sprokiesverhaal te verander.  Haar foto styl is eg en laat jou elke oomblik herleef.  Dit voel vir ons of jy deel is van die paartjie se spesiale dag. 

Geniet Hanneke en Jean-Pierre se oulike troue hieronder en lees meer oor hul liefdesreis. 

Au d'Hex Estate – Luxury Event & Function Venue Au d'Hex Estate – Luxury Event & Function Venue Au d'Hex Estate – Luxury Event & Function Venue Au d'Hex Estate – Luxury Event & Function Venue Au d'Hex Estate – Luxury Event & Function Venue

Paartjie se Liefdesreis


Ons is (onbewustelik) opgesit deur twee van ons baie goeie vriende, Kobus en Juné van Wyk.  Beide van hulle het vriende genooi vir ʼn dag by Babylonstoren.  Dit het (gelukkig) so uitgedraai dat net ons twee opgedaag het.

JP

Ek dink tydens die hele dag het ek probeer om nie “te” geïnteresseerd voor te kom nie … Maar ek kon onmiddellik agterkom daar is iets baie spesiaals aan die dame wat ek ontmoet het.  Ek het nadat ek by die huis aangekom het, dieselfde dag, spoedig in haar Instagram DM’s ingeklim … Om haar te vra vir haar telefoon nommer natuurlik) en ʼn opvolg afspraak te reël.  Ek dink ek was BAIE entoesiasties, want ek het vir die volgende week 3 afsprake gereël, 3 aande in ʼn ry.

Hanneke

Ons is albei kranige wynproe siele en hou van “fine dining”; vir die verlowing het JP gereël dat ons na een van ons gunsteling restaurante, Waterkloof, gaan.  Dit was veronderstel om ʼn verassing te wees, so JP het voorgestel dat ons na my laaste eksamen vraestel ooit my nuwe graad vier.  Ek moes glo mooi aantrek, want ons sou na ʼn geheime, ‘fancy’ plek gaan.

JP

Ek het haar geblinddoek die aand, maar ons was seker nie eers halfpad nie, toe raai sy die end bestemming korrek.

Ek het met die restaurant gereël dat ons ʼn privaat kamer, op die boonste verdieping, kan gebruik om wyn te proe.  Toe die kelner die Brut bring om te proe het Hanneke voorgestel dat ons vir die kelner vra om fotos te neem, ek het toe onmiddelik geweet dit is nou of nooit. Vir een of ander rede het my hart uit sy kas begin klim.  Ek het vir die kelner my foon gegee en toe ek en Hanneke langs mekaar staan vir die foto begin lag sy en vra hoekom my hart so vinnig klop.  Toe besef ek dat sy op my plan af is en ek moet vinnig op ʼn knie afkom (ek was bietjie verbouereerd en sak vir ʼn oomblik op albei knieë af).

Ek vra haar toe of sy my verewig sal wees en die res van haar lewe saam my wil spandeer, maar om my senuwee bietjie meer uit te trek is al wat ek uit haar kon terug kry. Hanneke lag toe so baie oor my hart wat so vinnig klop dat ek haar 3 keer moes vra “is dit ʼn ja?” voor sy vir my “ja” gesê het.

Ek is nogsteeds oortuig dit was gekombineer die langste, en beste, oomblik van my lewe so ver.

Au d'Hex Estate – Luxury Event & Function Venue Au d'Hex Estate – Luxury Event & Function Venue Au d'Hex Estate – Luxury Event & Function Venue

Die Verlowing Tydperk


November 2018 het ons verloof geraak en in September 2019 getrou;

Ons het wel eers einde Maart 2019 begin om die troue te reël.  Aangesien ons die verlowings tydperk werklik wou geniet het.  Ons is baie bly ons het eers tyd gevat om daardie tydperk ook te geniet.

Ons het alles self beplan, beide van ons het nuwe werke begin wat baie tyd vereis het en ons was ook beperk tot wanneer al ons geliefdes beskikbaar was wat ons graag by die troue wou hê.

Die periode was toe net lank genoeg om alles te beplan en in plek te kry sonder dat dit uitgerek gevoel het.

Au d'Hex Estate – Luxury Event & Function Venue Au d'Hex Estate – Luxury Event & Function Venue Au d'Hex Estate – Luxury Event & Function Venue Au d'Hex Estate – Luxury Event & Function Venue Au d'Hex Estate – Luxury Event & Function Venue Au d'Hex Estate – Luxury Event & Function Venue Au d'Hex Estate – Luxury Event & Function Venue

Finansiële Aspekte


Daar was baie hulp van beide ons ouers en ander familie lede gehad – ons moet sê ons is baie bevoorreg.  Die totale begroting was net kort van R200 000 (as mens al die ekstra bydrae van familie lede ook in ag neem).

Ons het in totaal 80 gaste gehad – dit sou altyd lekkerder wees hoe meer mense daar is, maar die hoeveelheid gaste speel ʼn groot rol in die begroting.

Dit is nie maklik om by ʼn begroting te hou nie – as twee mense met verskillende smaak en insette en prioriteite bymekaar kom sal daar altyd verskille wees op wat die belangrikste is en wat die begroting is daarvoor – maar ʼn groot les wat ons geleer het is dat die res van die huwelik gaan nie meer oor ʼn “ek” of “jy” nie maar altwee raak EEN en dit is belangrik om in ag te neem wat die belangrikste is vir die verhouding.  Dit is ook belangrik om in ag te neem dat mens moet verder dink as net die enkel trou dag.  Ons dink dit is ook belangrik dat enige toekomstige paartjies wat sukkel of stry tydens hierdie periode weet dat dit ook ʼn normale deel van die proses en groei is en dat alles nie altyd so idealisties gaan soos sosiale media dit dalk altyd uitbeeld nie.

ʼn Baie belangrike prioriteit vir beide van ons was om die langtermyn verhouding en ons finansiële welsyn ook in ag te neem; ons het altwee besluit om nie skuld aan te gaan vir die een dag wat ons in ʼn toekomstige slegter posisie sou stel nie.

Au d'Hex Estate – Luxury Event & Function Venue Au d'Hex Estate – Luxury Event & Function Venue Au d'Hex Estate – Luxury Event & Function Venue Au d'Hex Estate – Luxury Event & Function Venue

Spesiale Tradisies


Die belangrikste vir ons was om die fokus op God te hou; om te trou is ʼn groot voorreg van Hom af.  Ons het besluit om mekaar se voete te was tydens die seremonie om uit te beeld die voorbeeld wat ons voel Jesus vir ons gestel het – om onsself minder te ag en mekaar nederig in liefde te dien.

Au d'Hex Estate – Luxury Event & Function Venue Au d'Hex Estate – Luxury Event & Function Venue Au d'Hex Estate – Luxury Event & Function Venue Au d'Hex Estate – Luxury Event & Function Venue

Die advies wat ons kan gee:


Julle moet kommunikeer (man en vrou); dit is belangrik dat mens met liefde en respek teenoor mekaar kan verskil – julle is verskillend en dit maak julle nie minder lief vir mekaar nie.  Die tyd wat mens verskil leer mens mekaar beter ken, jy leer jou eie en jou lewensmaat se identiteit beter ken.

Leef binne julle perke; die dag is opreg spesiaal en ʼn groot seën wat mens kan vier, maar moet nie julle verhouding onder onnodige finansiële stres plaas om ʼn indruk te maak of te kompeteer met die status quo nie – fokus op wat belangrik is.

Au d'Hex Estate – Luxury Event & Function Venue Au d'Hex Estate – Luxury Event & Function Venue Au d'Hex Estate – Luxury Event & Function Venue Au d'Hex Estate – Luxury Event & Function Venue

Die ʼnie-so-perfek’ oomblikke


Daar is niks wat ons sal wou verander nie – goed gaan verkeerd tydens die beplanning en die dag self, maar op die einde van die dag is dit die verskille en die uitdagings wat mens laat groei in jou verhouding.

In verband met die trou dag; daar is goed wat nie 100% volgens die plan afloop nie, maar die gaste het geen persepsie van wat die plan is nie, wat beteken dat die klein goed wat verkeerd loop maak geen verskil nie.

Au d'Hex Estate – Luxury Event & Function Venue Au d'Hex Estate – Luxury Event & Function Venue

Merkwaardigste Oomblikke


JP

Dit was vir my baie belangrik om die klem te hou op God, en die voorreg wat hy vir ons gegee het om mekaar te he in die huwelik; dit was vir my baie spesiaal om my vrou se voete te kan was voor al ons gaste – en so doende aan haar te belowe, as hoof van die huis, dat ek haar nederig sal dien, lei en beskerm vir die res van my lewe – soos Jesus vir ons belowe het.

Hanneke

Die oomblik toe ek af in die paadjie stap en die trane in my toekomstige man se oë sien was vir my ongelooflik.

Au d'Hex Estate – Luxury Event & Function Venue Au d'Hex Estate – Luxury Event & Function Venue Au d'Hex Estate – Luxury Event & Function Venue Au d'Hex Estate – Luxury Event & Function Venue

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme


JP

Dit is belangrik om die pad saam te stap, beplan, stel jou begroting en voer dit uit.  Julle gaan verskil, maar dit is belangrik om dit met respek en liefde te kommunikeer en NOOIT kwaad te gaan slaap nie.  Onthou dat jou trou dag is presies dit – net EEN dag, terwyl julle die res van julle lewens saam moet spandeer.  So hou julle fokus op mekaar en God en nie op wat ander mense gedoen het, se of verwag nie.

Hanneke

Op die dag, neem ʼn “Mental Snapshot” van spesiale oomblikke.  Bv. ‘hier is ek, op die punt om my amper man vir die eerste keer te sien’.  Ek het dit op ons troue gedoen, en kan daardie oomblikke met groot helderheid onthou.  Dis belangrik om regtig in die oomblik te leef en dit te geniet!

Au d'Hex Estate – Luxury Event & Function Venue Au d'Hex Estate – Luxury Event & Function Venue Au d'Hex Estate – Luxury Event & Function Venue Au d'Hex Estate – Luxury Event & Function Venue

Paartjie se styl


Hanneke

Ek het van die begin af ʼn eenvoudige, tydlose rok gesoek.  Toe ek die rok by The Wedding Boutique aanpas het ek geweet – hierdie is my rok!

JP

Ek was nie baie kieskeurig oor my pak nie, ek wou net ʼn skoon en formele snit gehad het sonder te veel fieterjasies.

Au d'Hex Estate – Luxury Event & Function Venue Au d'Hex Estate – Luxury Event & Function Venue Au d'Hex Estate – Luxury Event & Function Venue Au d'Hex Estate – Luxury Event & Function Venue Au d'Hex Estate – Luxury Event & Function Venue

Die Besluitnemingsproses


Ons het mekaar geraadpleeg oor besluite wat mekaar beïnvloed.  Elkeen kon natuurlik hulle eie rok/pak gekies het sowel as kleredrag vir die strooijonkers en blommemeisies.

Hanneke het wel meer beheer gehad oor die dekor.

Au d'Hex Estate – Luxury Event & Function Venue Au d'Hex Estate – Luxury Event & Function Venue

Gunsteling Diensverskaffers


Definitief Helene Viljoen Photography en Anna Botany.

Helene het die fotografie ʼn “event” gemaak – dit was opreg lekker gewees en haar spontane, sprankelende persoonlikheid loop oor in die fotos. Buitendien hoe lekker dit was om saam haar te werk het sy die ekstra myl gegaan om ekstra areas te soek waar ons fotos kon gaan neem het. Na dit alles was die kwaliteit van die fotos van die boonste gehalte – sy het werklik dit besonders gemaak.

Anna Botany het ook uit haar pad gegaan om op die dag die opstelling van die blomme en dekor uiteen te sit. Haar blomme kwaliteit en rangskikking was nie net puik nie, maar sy het ook ingetree as beplanner vir die dag en die dekor gerangskik.

Au d'Hex Estate – Luxury Event & Function Venue Au d'Hex Estate – Luxury Event & Function Venue

Venue & Dekor


Ons het redelike baie venues besoek, maar die venue speel ʼn groot rol in die begroting ook.  Party plekke kom baie bekostigbaar voor, maar mens moet dan al die “bykomstighede” self by huur.

Au D’Hex was baie akkomederend en behulpsaam.  Ons het op die venue afgekom en het daar gaan eet om te sien wat hulle aanbied.  Ons het onmiddelik verlief geraak op die prieële, waterstroom en die dam met die dek.

Hulle pakket het ook 2 aande ingesluit vir 20 mense in die gastehuis, wat ʼn groot voordeel was.  Ons het ons ouerpare en ons gevolg (asook hul metgeselle) genooi om daardie 2 aande by ons te slaap.  Die aand voor die troue kon ons almal lekker saam braai. En die oggend na die troue het ons almal saam ontbyt geëet.  Hierdie was vir ons baie spesiaal.

Au d'Hex Estate – Luxury Event & Function Venue Au d'Hex Estate – Luxury Event & Function Venue Au d'Hex Estate – Luxury Event & Function Venue Au d'Hex Estate – Luxury Event & Function Venue Au d'Hex Estate – Luxury Event & Function Venue Au d'Hex Estate – Luxury Event & Function Venue Au d'Hex Estate – Luxury Event & Function Venue Au d'Hex Estate – Luxury Event & Function Venue Au d'Hex Estate – Luxury Event & Function Venue Au d'Hex Estate – Luxury Event & Function Venue Au d'Hex Estate – Luxury Event & Function Venue

Vermaak


Ons het meestal probeer fokus om ʼn paar aktiwiteite te hê terwyl ons fotos gaan neem het.  Die platejoggie was reeds besig met agtergrond musiek.  Daar was ʼn “self-service Gin Bar” sowel as ʼn paar speletjies (Giant Jenga, Croquet) terwyl daar ook Canape’s uitgedeel was.

Tydens die onthaal, na die maaltyd, was daar natuurlik dans musiek en ʼn kroeg vir gaste om te geniet.

Au d'Hex Estate – Luxury Event & Function Venue Au d'Hex Estate – Luxury Event & Function Venue Au d'Hex Estate – Luxury Event & Function Venue Au d'Hex Estate – Luxury Event & Function Venue Au d'Hex Estate – Luxury Event & Function Venue

Wittebrood


JP

Hierdie was ongelukkig my flop gewees … Ek skuld my vrou nog ʼn wittebrood aangesien ek die dag direk na ons troue op ʼn vliegtuig was vir werk in Nederland.

Sy het haar hart op Santorini, Griekeland. Ons sal werk om dit eendag te realiseer.

Au d'Hex Estate – Luxury Event & Function Venue Au d'Hex Estate – Luxury Event & Function Venue Au d'Hex Estate – Luxury Event & Function Venue Au d'Hex Estate – Luxury Event & Function Venue Au d'Hex Estate – Luxury Event & Function Venue

Eerste Dans


Ons eerste dans was op Tenerife Sea – Ed Sheeran gewees.  Ons het geen dans lesse gehad nie (buitendien die 3 keer wat ons geswaai het in ons sitkamer)

Die liedjie het verskriklike mooi lirieke.  Ons wou meer die oomblik geniet met mekaar as onsself bekommer oor dans passies of hoe ons lyk; Omdat ons niks voorberei het nie en net met mekaar kon dans, was dit werklik spesiaal gewees vir ons.

Au d'Hex Estate – Luxury Event & Function Venue Au d'Hex Estate – Luxury Event & Function Venue Au d'Hex Estate – Luxury Event & Function Venue

    Artikel Diensverskaffers:

    [section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers:

    [endsection]