Middag Tee Trou Inspirasie Fotosessie

Troues word kleiner, meer intiem en om die rede is ons opgewonde om dié gestileerde fotosessie met Mooi Troues se lesers te deel. Middag Tee Trou Inspirasie Fotosessie met swart en pienk elemente.  Dit is nie net as gevolg van kostes nie, maar ook die huidige omstandige van die wêreld.  Deur die jare het troues al hoe kleiner begin word.  Paartjies verkies dit ook om kwaliteit tyd met hul familie en vriende te spandeer.

Dag troues het iets baie spesiaal aan hulle.  Hierdie fotosessie beeld uit wat moontlik is.  In Suid-Afrika het baie venues lekker groot stoepe.  Dit is die ideale plek vir ʼn lekker middag tee troue.  Die fotosessie is op ʼn lekker groot stoep.  ʼn Pragtige blomme ontwerp hang vanuit die dak oor die mooi gedekte tafel.

Die dekor sluit in swart, pienk en tikseltjies goue elemente.  Klem lê op middag tee.  Hierdie is ook ʼn goeie idee vir ʼn kombuistee.  Kleur blom ontwerpe is gebruik om die swart en pienk bietjie te breuk en dit bietjie interessant te maak.  Ons is mal oor die fyn tee stel wat so mooi pas by die tema.  Die blomme ontwerpe is ʼn sterk fokus punt.  Dan is daar die model se pragtige vloeiende trourok.   Vir ʼn dag troue hoef die rok nie te formeel te wees nie.  Dit kan gemaklik en meer informeel wees.  Dit pas perfek in by die tema.

Ons het so ʼn tydjie terug ʼn artikel geskryf oor tydlyne van dag en aand troues.  Klik hier en lees bietjie die verskille tussen die twee.  Vir fantastiese diensverskaffers, besoek Mooi Troues se Trougids en vind professionele diensverskaffers vir jou troue.

kitchen tea ideas kitchen tea ideas kitchen tea ideas kitchen tea ideas kitchen tea ideas

Wie het die fotosessie gereël?


Neva Ward van Bright and Beautiful, Flowers & Table Dekor het die idee van ʼn pragtige feesviering in ʼn tuin bedink.  Die res van die span is genader ek kon hul eie kreatiewe insette lewer om hierdie idee te realiseer.

kitchen tea ideas kitchen tea ideas kitchen tea ideas kitchen tea ideas kitchen tea ideas kitchen tea ideas kitchen tea ideas kitchen tea ideas kitchen tea ideas

Inspirasie vir die fotosessie?


Troues word kleiner en meer intiem, as gevolg van kostes, maar ook as gevolg van die huidige situasie en implikasies wat dit vir die troubedryf in die toekoms gaan hê.  ʼn Teetyd-troue is ideaal vir ʼn kleiner en meer intieme troue in die oggend of laatmiddag.  Daar word vele onkoste bespaar op die getal mense, die sny van talle uitgawes byvoorbeeld ʼn platejoggie, driegangmaaltyd of kroeg.  Minder moet steeds mooi wees en in ʼn beperkte ruimte kan dit ook so wees.  Jou troue kan selfs in jou eie tuin beplan word!

kitchen tea ideas kitchen tea ideas kitchen tea ideas kitchen tea ideas kitchen tea ideas kitchen tea ideas

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Skoonlief, Mooi Photography en Bright and Beautiful werk graag saam as span, maar die keer wou ons twee nuwe verskaffers betrek.  Toe ek Alec Roux se prag pienk skepping sien, het ek geweet die rok gaan presies inpas by ons tema.  Dit is nie die tradisionele trourok nie, maar gee so tikkie vintage vroulikheid wat die tema komplimenteer.  Die grimering moes sag, vroulik en romanties wees. Sagte pienk skakerings is gebruik om die model sê natuurlike “Engelse Roos-voorkoms” te skep.  Die ervare model Catherine Groenewald se delikate vel ’n lang rooihare het haar die ideale “bruid” vir die dag gemaak.

Wie kan ʼn tafel dan mooier by die tema laat pas as Wendy van My Vintage Tea Table?  Sy het die fynste porseleinkoppies en die elegantste tafelversierings vir ons verskaf.  Wat is ʼn troue sonder ʼn fantastiese koek?  Andrea van In The Red Kitchen het die pragtigste pienk flamink-geïnspireerde koek gemaak.  Melissa van Pretty In Stains se blombedrukte kaartjies en papierwerk het die tema as geheel gebind en ook die kleurinspirasie herhaal, met so tikkie goud vir glans en swart vir drama.

kitchen tea ideas kitchen tea ideas kitchen tea ideas kitchen tea ideas kitchen tea ideas

Agter die skerms inligting


Tuin-troues is dikwels onderworpe aan die natuur, dus wind en reën. In die Kaap ervaar ons dikwels 4 seisoen in een dag. Om die beste lig vas te vang moes ons vinnig werk.  Op die koel dag moes ons brawe model die koue trotseer.  Die wind het soms gepla en ons moes mooi saamspeel, gelukkig het dit ʼn lieflike effek van roosblaar konfetti op die vloer geskep.  Die span moes ook hulle hande van die watertand teetyd-lekkertes probeer weghou …

kitchen tea ideas kitchen tea ideas kitchen tea ideas kitchen tea ideas kitchen tea ideas

Wat was vir jou die spesiaalste deel van die fotosessie?


Dis altyd spesiaal as ʼn span verskaffers se droombeeld ʼn realiteit word.  As weke se beplanning op papier en in teksboodskappe uiteindelik ʼn prentjie in die regte lewe vorm.  Die keuse van ʼn span met ʼn gedeelde visie is van groot belang by die beplan van enige troue en ook ʼn gestileerde fotosessie.

Ons is ʼn span wat eerlik kon kommunikeer oor alle aspekte om die beste resultaat te verskaf.  Gedurende die fotosessie moet daar op die ingewing van die oomblik ook veranderings gemaak kan word, ʼn handruiker word byvoorbeeld as gordel om ʼn middel gebruik, lipstiffie as blosser, of ʼn deel van die koek as tafelversiering: dit sorg vir baie lag, asook leer!

kitchen tea ideas kitchen tea ideas kitchen tea ideas kitchen tea ideas kitchen tea ideas

Advies wat aan paartjies gegee kan word wat die inspirasie wil volg?


Kleiner troues van 10 tot 20 mense is ʼn manier om koste-effektief met jou trou begroting om te gaan.  Jy sal beslis meer tyd aan elke spesiale gas kan bestee.  Daarom sal jy nog meer spesiale herinneringe kan koester.  Oggend-troues is beslis goedkoper as aandtroues omdat daar op verskeie aspekte gesny kan word.  Die bruidspaar het dan ook meer geld vir daai spesiale wittebrood.

kitchen tea ideas kitchen tea ideas kitchen tea ideas kitchen tea ideas kitchen tea ideas

[section=Klik hier vir diensverskaffers]

[endsection]