Philip & Elri se plaastroue

Ons hier by Mooi Troues is opgewonde om met ons lesers die plaastroue van Philip en Elri met ons lesers te deel.  Die troue het baie oulike elemente vir trou inspirasie.

Ons hou baie van die T-hempde met sê-goed wat Philip en sy strooijonkers aangehad terwyl hul gereed gemaak het.  Hul fotograaf het ook Philip se emosie perfek vasgevang toe Elri die trougang afgeloop het.

Mooi Troues se lesers kan nou rustig afrol en die oulike paartjie se pragtige plaastroue in die Vrystaat geniet.

plaastroue plaastroue plaastroue

Paartjie se liefdesreis


Ons het mekaar ontmoet in 2015.  ʼn Vriendin van albei het ons aan mekaar voorgestel.  Ons het 3 jaar uit gegaan toe vra Philip die groot vraag 6 April 2018 by Amanzi Private Game Reserve met ʼn sonsondergang by die watergat.

Dedelik het ons begin troue te beplan en 11 Maande later op 16 Maart 2019 het ons getrou.  Ons het ons troue self beplan.  Die oomblik toe ons die Venue bespreek het toe val al die ander reëling in plek.

plaastroue plaastroue plaastroue plaastroue plaastroue

Finansiële aspekte


Ons het nie eintlik ʼn begroting gehad nie.  Ons ouers het probeer help waar hulle kan en ons het self ook probeer soveel moontlik bydra vir ons droom troue.

Daar was 150 gaste onthaal.

Raad aan ander paartjies is om dadelik te begin spaar na die verlowing dat mens nie met onvoorsiene kostes gevang word nie.  Dit is die klein dinge waaraan mens nie dadelik dink nie wat jou geld sake omver kan gooi.

plaastroue plaastroue plaastroue plaastroue plaastroue plaastroue plaastroue plaastroue

Merkwaardige oomblikke


Bruid:

My meerwaardige oomblik was definitief die seremonie.   Die Dominee het dit om ʼn baie unieke wyse behartig.  Ons het ʼn spekboom geplant, die hele preek het oor die liefde gegaan wat soos ʼn spekboom is.  Ons eerste dans was ook vir my baie spesiaal.

Bruidegom:

My merkwaardige oomblik was toe my bruid by die kerk in stap.  Dit het gevoel of alle rondom haar gaan stilstaan.  Die foto’s was ook vir my baie lekker.  Die manier hoe die fotograaf dit gedoen het, het ons baie spesiaal laat voel.

plaastroue plaastroue plaastroue

Advies vir ander paartjies


Bruid se Advies

Ek weet troues is verskriklik duur.  Maar ek sou aanraai dat jy jou droom troue probeer uitvoer.  Want as jy dalk nie wou doen en dit nie doen om kostes te bespaar is daar ʼn groot kans dat jy sal spyt wees na die tyd en jou kanse om weer so troue te kan reël is min.  Geniet elke oomblik van die beplanning van jou groot dag en ook die dag self. Konflik is nie die moeite werd nie.

Bruidegom se Advies

Bied ondersteuning vir jou bruid.  Dis ʼn grootdag vir ʼn vrou.  En indien jy wil bedankings doen maak seker jy kry die geleentheid voordat die mans met jou gek skeer anders gaan jy nie die geleentheid kry nie.  Maak seker die pryse by die kontant kroeg is billik anders gaan jou gaste vroeër gaan.

plaastroue plaastroue plaastroue plaastroue plaastroue

Besluitnemings proses


Ons het die meeste van die finale besluite self geneem.  Ons het baie raad by Familie en Vriende gekry wat reeds deur die proses is.  Wat werk en wat werk nie.

plaastroue plaastroue plaastroue plaastroue

Gunsteling Diensverskaffers


Dit is baie moeilik om ʼn gunsteling uit te sonder maar ons Fotograaf het hom baie goed van sy taak gekwyt.  Hy het ons as paartjie baie goed opgesom en baie gemaklik laat voel tydens die foto sessie.  Grand Room Design was ook ʼn hoogte punt omdat hulle alles presies soos ons dit wou hê kon laat gebeur.  Ons was nie vir ʼn oomblik bekommerd oor hoe dit sou lyk nie.

plaastroueplaastroue

Wittebrood


Ons wittebrood was in Puket Thailand. Elri het eers op pad na die Wittebrood op OR Tambo uitgevind waar die wittebrood is.  Philip het die hele wittebrood beplan met behulp van Elco Travel.  Ons was 10 dae op Wittebrood.  Ons is heerlik bederf daar en het soveel nuwe plekke en Kulture ontdek.  Dit was ook ʼn baie bekostigbare Wittebrood.

plaastroue plaastroue plaastroue

Venue en Dekor


Die venue was eers ʼn perde plaas voor dit ʼn trou venue geword het.  Die perde ring, die perde stalle is alles net mooi omskep.  Ons albei het groot geword op ʼn plaas en die venue het daardie plaas atmosfeer vir ons geskep daarom het ons op Warm Karoo en The Kitchen besluit.

Met die dekor en blomme het ons ʼn diensverskaffer gesoek wat albei vir ons kan behartig.  Truida van Warm Karoo het toe Grand Room Design aan ons voor gestel.  Ons het ons idees aan Ulrich van Grand Room Design deur gegee en hy het ons droom presies uit lê soos ons dit wou hê

plaastroue plaastroue plaastroue plaastroue

Die nie-so-perfekte oomblikke nie


Ons troukoek sou eers na ete gesny word.  Maar dit moes toe in haas gebeur het omdat die koek wou omval.  Dit was nie ʼn groot probleem nie.  Maar dit het tog die program bietjie deurmekaar gekrap.

plaastroue plaastroue

Eerste dans


Die liedjie vir ons eerste dans was Jo Black – Die vrou wat ek lief

Ons het op YouTube danspassie gaan soek en ons eie roetine uitgewerk.  Ons het die onthaal geopen met ons dans en die gaste het dit baie geniet.  Dit het sommer ook die ys gebreek.

plaastroue plaastroueplaastroue

[section=Klik hier vir diensverskaffers]

[endsection]