Mooi Troues deel graag met ons lesers Eben en Lisa se stylvolle troue in die Stellenbosch wynlande met minimalistiese dekor elemente met ons lesers. Hulle is nie ʼn paartjie vir te veel tierlantyntjies nie en het dus verkies om met ʼn eenvoudige styl te gaan. Ons stem saam met Lisa dat minder-is-meer en ons lesers kan deur Eben en Liza se trou foto’s hieronder rol om te sien hou die eenvoudige styl reg deur gebruik is.
Paartjies hoef regtig nie uitspattig te gaan om ʼn stylvolle troue te hê nie en Eben en Liza se troue is bewys daarvan. Geniet die paartjie se liefdesverhaal ook hieronder.
Julle troudatum en Ouderdom van paartjie op troudag?
18 Augustus 2018 (18-08-18) – Eben was 30 en ek 27 jaar oud.
Hoe het julle mekaar ontmoet en wie het wie gevra om te trou?
Ek ken Eben in ʼn mate van hoërskool tyd af (hy is een van my broer se vriende), maar ons was nooit op daai vlak gewees van praat nie. By my broer se troue, Sept 2015, was Eben ʼn strooijonker. Dit is waar ons begin praat het met mekaar. Die Sondag na hul troue het ek Facebook kontak met hom gemaak (Net gevoel ek kan hom nie deur my vingers laat glip nie.)
Eben het my gevra om te trou.
Vertel ons meer oor hoekom die bruid haar spesifieke trourok gekies het?
Ek is ʼn baie plat op die aarde meisie. Ek is mal oor die klassieke styl van ʼn rok. Glad nie een vir deftig aantrek of stywe goed af oor my heupe dra nie. Dit was vir my baie belangrik om ʼn rok te kies waarmee ek gemaklik is, en nie enigsins selfbewus gaan voel nie. My rok het mooi gevloei en ek kon gemaklik in dit beweeg.
Wat was die merkwaardigste oomblik van dié dag en wat sou julle verander indien moontlik?
Al is dit hoe baie van ʼn cliché antwoord, was dit vir my om vir Eben te sien soos ek in die paadjie afgestap het en net te weet ek gaan met die man van my drome trou. Vir Eben was dit, in die algemeen, dat als so goed verloop het op die dag.
Ek was ook baie dankbaar dat ons winter’s dag so perfek uitgedraai het (was mistig en koud vroeg oggend, maar res van die dag windstil en glad nie koud of te warm nie.)
Ons sou niks verander van die dag nie.
Vertel ons meer van jul ringe
Eben het self besluit hoe my verloof ring moes lyk (nadat sy probeer slae om uit te vind wat ek soek, nie gewerk het nie). Soos ek genoem het, ek is ʼn baie plat op die aarde meisie, so hy het geweet om nie GROOT te gaan nie. My troupand se ontwerp het ek gesien op die ontwerper se Facebook blad. Die klein diamant steentjies is van my ouma se trouring, wat ek geërf het.
Met Eben se ring wou ons iets hê wat nie sommer sal skraap en lelik word nie. En swart is ʼn mooi kleur.
Vertel ons meer oor die fotograaf en jul videograaf
Ons het saam besluit op net ʼn fotograaf. Tertius Gous is ʼn familie vriend van Eben se kant en hulle ken mekaar al lank. Eben het my bewus gemaak dat hy’ n fotograaf is, toe ons besig was om te soek na een. Ek vind sy werk baie mooi en ʼn groot bonus was dat hy ons gemaklik laat voel het op die dag van ons verlowings sessie en ons troue.
Hoe het julle die venue gekies en wat was die inspirasie vir jul dekor?
Die venue was nooit werklik op ons lys van keuses nie (alhoewel Eben aanvanklik dit vir my genoem het as ʼn opsies en ek eers nee gesê het …), maar ek het nie vat gekry op die ander venues nie. Ek is baie bly ek het wel besluit om te gaan kyk na Nooitgedacht. Het dadelik gehou van wat ek sien. Pinterest het maar ʼn groot rol gespeel vir idees. Ek wou redelik eenvoudig gegaan het met die dekor. Niks uitspattig nie. My opinie, is dat hoe minder dit is, hoe beter en dit sal mooier dan vertoon.
Vertel ons meer oor die inspirasie vir julle troukoek
Weereens wou ek die klassieke/stylvolle ‘look’ gehad het. Ons het wel gaan soek op Pinterest vir idees. Eben se pa en een van sy tannies, het ons troukoek gebak en versier. Die een laag was kaaskoek en die ander een wortelkoek.
Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou? Hoeveel gaste het julle onthaal?
Altwee ons ouers het uitgehelp met finansiële kant van ons troue. Daar was ʼn vaste bedrag gegee van hulle af, maar hier en daar moes ons bietjie die bedrae vergroot. Ek en Eben het gekyk waar ons sekere goed kan uitsny om kostes te verminder. Ons het 98 gaste genooi en as ek reg onthou was daar net twee paartjies wat dit nie kon maak nie.
Vertel ons meer oor jul eerste dans
Shania Twain- Forever and For Always. Dit is een van my gunsteling liedjies. So mooi. Ons het seker een of twee keer geoefen by die huis, maar nie vir dans lesse gegaan nie. Ons het maar baie rustig gedans.
Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?
Vir die dames … Geniet die proses ten volle, vat jou tyd, wees rustig en moenie te veel, te vinnig op een dag probeer doen nie. Elke meisie beplan haar troue so ver vooruit soos wat sy wil. Moenie dat enige iemand jou anders laat dink oor jou idees ens nie.
Vir die mans … probeer om jou verloofde te ondersteun soveel as moontlik. Bied altyd aan om uit te help, al is dit met iets wat klein is.
Vertel ons meer van jul Wittebrood
Ons het die teenoorgestelde gedoen van wat trou paartjies op gewoonlik besluit vir ʼn wittebrood. Ons was oorsee, na KOUE areas. (Ek’s mal oor die winter en Eben het nie nee gesê vir die idee nie). Ons was eers Dublin toe, daarna Glasgow en afgesluit met ʼn vinnige besoek in Londen. Dit is plekke waarna ons altwee nog graag wou gaan en ons is glad nie spyt met ons besluit nie.
[section=Klik hier vir diensverskaffers]
- Venue: Nooitgedacht Wine Estate
- Dekor: Jade Customised Events
- Platejoggie: Music2theMax
- Fotograaf: Tertius Gous
- Hare: Inicio (Liana Venter)
- Grimering: Quiet Moments
- Troupant: Kinkel Jewellery
- Verloofring: Zanry Jewellery
- Trourok: House of Silk
- Strooimeisies, my ma en skoonma se rokke: Bridal Aisle
- Eben en die strooijonkers se drag: Mr Suit Hire