Marlize en Jacques het by Ashanti Estate in die hartjie van die Boland, die Paarl, getrou. Die bekende troufotograaf, Moira West het dié paartjie se foto’s afgeneem.
Marlize se troudag was uiters spesiaal vir haar gewees, só dat sy kon nie wag om haar man voor die kansel te sien staan nie. Marilize se ryker is sag en bestaan uit ʼn verskeidenheid pastel kleure – die rose trek onmiddellik jou aandag.
Dit is altyd lekker om te sien as paartjies hulself geniet op hulle troudag en lekker ontspanne is, soos dié twee.
Marlize se raad aan paartjies wat trou is die volgende: “Don’t sweat the small stuff. Dit is ‘n dag vir julle, oor julle en as gevolg van julle. Hou die dag soos wat julle dit wil hê en vergeet van die res.”
Hul troue in tien woorde opgesom: “Beste en spesiaalste afskop tot ons ‘vir ewig en altyd.’
[section=Klik hier vir diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf : Moira West
- Blomme en Decor : ToNetss
- Koek: Crafty Cake Company
- Skryfbehoeftes: By Invitation Only
- Grimering + hare: Iza Cloete
- Venue + Catering: Ashanti
- Trourok: Elegant Flair