Ruan en Rachelle deel hul sagte-styl troudag om inspirasie aan toekomstige bruidspaartjies te verskaf wat ook hierdie styl wil volg. Hulle het van die begin af geweet dat hul geen buitensporige dekor wil hê wat sal wegvat van die spesiale betekenis van hul groot dag nie. Hul keuse van venue, dekor en persoonlike styl is strategies gekies om by hierdie styl aan te pas. Dít het gesorg vir ʼn prentjiemooi troudag waar elke element soos ʼn legkaart in die volgende gepas het. Die dekor was gefokus rondom vetplante, groenigheid, kerse en ʼn tikseltjie kleur om die moderne venue op te helder. Hulle het die venue so naak as moontlik gehou, wat ʼn moderne en simplistiese gevoel geskep het.
Die fotograwe en Mooi Troues adverteerder, Dust and Dreams Photography, was hul gunsteling diensverskaffers. Hulle het hul albei so gemaklik laat voel!
Rol af as jy kan aanklank vind by hierdie sagte en simplistiese-styl troudag.
Paartjie se Liefdesreis
Ons was saam op Hoërskool en Ruan was vir twee jaar my senior. Hy het op 16 skool verlaat en sy skoolloopbaan deur tuis-onderrig klaar gemaak. Ons het weer kontak gemaak aan die begin van my Graad 10 jaar en was van daar af gekys vir vyf en ‘n half jaar voordat ons verloof geraak het.
Ruan se ouers het ‘n naweek in die Drakensberge beplan in September 2017. Dit was die perfekte geleentheid vir ons om familie rondom ons te hê, omring met ‘n prentjie mooi omgewing en iemand om die oomblik op kamera vas te vang. Op ons tweede laaste dag, het ons almal dieper in die berge gaan stap. Ruan se jonger broer en vriendin het ons oral laat foto’s neem. Min het ek geweet dit is opsetlik, sodat ek niks vermoed wanneer kameras gelig word vir die groot oomblik nie! Ruan het ‘n groot klip in die middel van ‘n stroompie gekies om nog ‘n foto te neem. Hy het afgesak op een knie (ek het gedink hy het gegly en wou hom eers probeer ophelp!)
Hy het die ring uit sy sak gehaal en my gevra om hom die eer die te doen en met hom te trou. Ek was stom geslaan en het ‘n paar sekondes gevat voor die ja-woord uitgekom het! Ons het terug gekeer na die ander familie-lede en was omhels met opgewonde harte ‘n glasie vonkelwyn om ons terug te bring tot realiteit.
Die Verlowing Tydperk
Ons was vir twee jaar verloof voor ons troudag. Ek en my man het besluit om nie ‘n trou-beplanner te betrek nie. Ek het hulp van my ma gehad en saam het ons al drie die troue beplan. Ons het die belangrikste diensverskaffers soos die venue, fotograwe, uitnodigings, platejoggie en troukoek in 2017 geboek en die ander eers in 2019.
Paartjie se styl
Die styl wat ons graag wou volg, was sag en modern.
Rok en Pak:
Ruan se pak was laat maak volgens sy mates en die kleur wat ons graag wou hê. Sy pak verteenwoordig die moderne kant van die gekose styl. My rok verteenwoordiging albei modern en sag. Die rok is van twee materiale gemaak. Die bo-kant van die rok is growwer blompatroon materiaal, terwyl die onderste gedeelte van die rok uit Chantilly kant gemaak is, wat die sagte kant van die gekose styl uitbring.
Ringe:
Ruan se ring is ‘n moderne swart titanium ring. Hy het van die begin af geweet hy soek ‘n moderne ring en dat dit nie silwer of goud moet wees nie. Die swart ring was die perfekte keuse! My eerste ring was gegee as ‘n verloof ring. Hierdie ring is die meer moderne van die twee, met drie pante en ‘n vierkantige middel wat bestaan uit pinter diamante. Die tweede ring is die meer romantiese ring wat die oneindigheid-teken beklemtoon en ook pinter diamante bevat.
Die Besluitnemingsproses
Ons het albei geweet ons wil ʼn simplistiese moderne dag hê, met min dekor op die tafels en omring met groenigheid en kerse. Ek het meestal die besluite geneem, maar ek het wel keuses met Ruan bespreek om seker te maak alles pas by albei se visie vir die troudag. Vriende en familie was betrokke in die besluitnemingsproses wanneer ons besluit het om hulle te betrek. Ons vriende en familie het gehelp met die items wat gedoen moes word in Pretoria, omdat ons in Hillcrest, KwaZulu-Natal woon.
Finansiële Aspekte
Ons oorspronklike begroting was R150 000, uitsluitend die geskenke wat ons aan mekaar gegee het, ons gevolg asook ons ouers se geskenke. In totaal het ons R184 000 aan die troue bestee. Een besluit wat ons baie geld gespaar het, was om die fotograwe, die venue, die platejoggie en die koek lank voor die troue te bespreek. Dit het ons toegelaat om daardie jaar se pryse te kry en nie die pryse van die jaar waarin die troue was nie.
Ons raad aan toekomstige trou paartjies is die volgende:
- Alles raak duurder hoe langer jy wag om te bespreek. Ons het gekies om die deposito’s van die duurste diensverskaffers eerste en so vroeg as moontlik te betaal. Dit stel jou ook gerus dat jy jou trou datum kan behou en die verskaffers wat jul graag wou hê, beskikbaar is op jul gekose datum.
- Ons het ʼn gedetailleerde excel blad gemaak met al die diensverskaffers, hul kontak besonderhede, die gekwoteerde bedrag, deposito bedrae wat betaal is en wat nog uitstaande was.
- Maak ‘n lys van al die klein goedjies wat eers nader aan die tyd nodig is. Dit kan insluit petrol, verversings en happies vir die kamers waar jul regmaak, kurk fooi vir vonkelwyn, vars blomme vir jul hare ens. Al die klein goedjies tel op en raak ‘n groot onbeplande bedrag.
Gunsteling Diensverskaffers
Die fotograwe, Dust and Dreams Photography, was ons gunsteling diensverskaffers. Hulle het ons albei so gemaklik laat voel! Ons is normaalweg nie ten gunste van foto’s nie en dit was vir ons die gemaklikste dag sonder enige stres. Ons was vasberade om die beste persone vir ons foto’s te kies, omrede dit die enigste is wat oorbly van jou troudag. Hulle was op tyd by die venue, gemaklik om rondom te wees en het inisiatief gevat om die fyner detail van die dag vas te vang. Ons het hulle vertrou om elke oomblik van ons spesiale dag vas te vang en hul het 100% in dit voldoen!
Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke
Daar het gelukkig niks verkeerd geloop nie. As ons iets kon verander, sou graag meer spesifiek wou wees oor die tipe musiek wat ons deur die aand gespeel wou hê. Ons het op ʼn paar kere die platejoggie moes vra om eerder meer Afrikaanse musiek te speel. Die liedjies wat ons gekies het om te speel vir die eerste dans, pa en dogter dans, uitstap uit die kerk ens. was 100% korrek.
Venue & Dekor
Ons het die venue per toeval deur ‘n Facebook advertensie opgespoor. Die jaar wat ons die venue bespreek het, was hulle nog baie nuut en het net die buite stellasie vir die kerk gehad. Teen die tyd van ons troue, was die toegeboude kerk klaar gebou en ons het hom gekies. Die venue verteenwoordig ʼn simplistiese styl met ʼn moderne afwerking. Ons het van die begin af geweet ons wil geen drapering hê nie en die venue het daardie visie perfek gepas. Die dekor was gefokus rondom vetplante, groenigheid, kerse met groen en grys-pers as die bykomende kleure. Pebble and Lace het 100% voorsien in hierdie modern en simplistiese styl.
Spesiale Tradisies
Ons het die tradisionele pa en dogter dans en die bruid se kousband en hand-ruiker wat gegooi word, op die troue gehad. ‘n Nuwe element van tradisie wat ons ingebring het, was die skoen speletjie. Die seremonie meester stel ‘n lys van vrae op wat op toepassing van die bruid en bruidegom is. Hierdie vrae word voor al die gaste een vir een gelees. Die bruid en bruidegom het albei een van hul eie skoene en een van die ander persoon se skoene in hul hande. Die skoen van die persoon wat van toepassing is op die vraag, word opgesteek. Dit raak baie grapperig wanneer die bruid en bruidegom se antwoorde nie ooreenstem nie.
Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme
Advies aan die Bruid:
Bevestig al die tye en finale reëlings met jou diensverskaffers in die week voor die troue, sodat jy nie enige reëlings op die dag hoef af te handel nie.
Laat toe dat jou strooi meisies of jou ma help. Jy gaan nie by alles uitkom op die dag nie!
Vra dat niemand vir jou sê as iets fout gaan op die dag nie. Daar is niks wat jy daaraan kan doen nie en dit sal ook onnodige stres veroorsaak. Hulle kan jou die dag na die tyd vertel as dit nodig is.
Advies aan die Bruidegom:
Maak seker jou strooijonkers is betyds by die venue. Om bekommerd te wees of almal daar is, of daar genoeg tyd is om aan te trek, om foto’s te neem, ens. is onnodige stres.
Druk deur jou toespraak. Jou strooijonkers en ander gaste gaan musiek speel, lag en grappe maak. Dis is belangrik vir al die mense wat jy bedank om jou toespraak te hoor, veral jou vrou!
Pak jou troupak, kouse, das, skoene, parfuum ens. alles op een plek sodat jy niks vergeet nie.
Wittebrood
Ons het gekies om nie na ‘n buitelandse bestemming te gaan nie, omrede ons soveel ongelooflike bestemmings rondom ons het. Ons woon in Kwazulu-Natal en het rondom ons begin kyk na oorde om te besoek. Beyond Phinda Forest Lodge was ons finale keuse. Dit is ‘n moet vir elke persoon, ‘n ongelooflike ervaring! Ons het op twee drie-ure safari roetes per dag gegaan. Daar het ons ongelooflike wild gesien en was arm lengtes weg van leeus en olifante. Ons het ook gekies om nét die eerste dag op ons fone te wees en daarna het ons ons fone net vir foto’s gebruik. Dit gee julle as pas getroudes die kans om alles in te neem rondom jou. Die diens, kos en kamer kan nie genoeg beskryf word nie. Ons ervaring was wonderlik!
- Fotograaf: Dust and Dreams Photography
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
- Venue: Lace on Timber Wedding Venue
- Blomme & Dekor: Pebble and Lace
- Skryfbehoeftes: Fuchsia Designs
- Koekies: Cookie Doe
- Troukoek: Dainty Delights Couture Cakes
- Grimeer kunstenaar: JDV Styling and Professional Makeup
- Platejoggie: Mega Music DJ’s
- Trourok: Hanrie Lues Bridal Couture
- Strooimeisie Rokke: Muisneste