Mario & Nicole se verlowing fotosessie by die V&A Waterfront

Mario en Nicole het besluit om die prag van die omgewing waar hulle bly vir hul verlowing fotosessie te benut.  Dié paartjie bewys dat dit nie nodig is om wyd en suid te toer vir die perfekte ligging vir ‘n verlowing fotosessie nie.  Hulle het die V&A Waterfront in Kaapstad gekies, met die stille waters en tafelberg se natuurlike skoonheid as agtergrond.  Die omgewing is so veelsydig dat hulle uit ‘n verskeidenheid foto’s kon kies vir hul elektroniese trou- en om te laat vergroot vir hul tuiste.  Hulle het romantiese foto’s by die luukse bote in die hawe geneem, en daarna voor die kunstige museum, Zeits MOCAA, poseer.  Die fotosessie is afgesluit met ‘n gesellige koffie in die Willaston Bar in The Silo Hotel.

Rol af om meer te lees oor die paadjie wat gelei het tot Mario en Nicole se  V&A Waterfront verlowing.

Zeitz Mocca v&a waterfront engagement Zeitz Mocca v&a waterfront engagement Zeitz Mocca v&a waterfront engagement

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing


Ons het saam dieselfde graad by die Universiteit van Stellenbosch studeer.  Na ‘n noue ontkoming by die gradeplegtigheid, waar Mario my moes red van ‘n lelike val op die trappe op pad uit die sentrum, het ons eers amptelik ontmoet toe ons saam ons klerkskap gedoen het.  Na ‘n paar goeie jare as vriende het ons eintlik besef ons hou baie van mekaar!  Ons was in ‘n verhouding sedert Junie 2013 tot en met Junie 2019.

Zeitz Mocca v&a waterfront engagement Zeitz Mocca v&a waterfront engagement Zeitz Mocca v&a waterfront engagement Zeitz Mocca v&a waterfront engagement Zeitz Mocca v&a waterfront engagement v&a waterfront engagement Zeitz Mocca v&a waterfront engagement

Die Groot Vraag


Tydens ‘n naweek weg in Junie 2019, by die lieflike Holden Manz wynlandgoed in Franschhoek, het Mario besluit dit is nou tyd.  Tydens ‘n rustige stappie op die plaas, het Mario op sy knie gegaan.  Maande se beplanning het tot hierdie oomblik gelei, met die Franschhoek berge, die wingerd, die rivier en ‘n plaas paadjie as die agtergrond.

Alhoewel ons vele groot lugkastele oor ons lewe en toekoms saam gebou het, het Mario alles só fyn in geheim beplan dat die verlowing ‘n baie groot verrassing vir my was.  Ek het skoon stilstuipe gehad!  Ek kon my oë nie glo toe hy die ring uit sy broeksak haal nie.  Na hy moes vra vir my antwoord, was die antwoord natuurlik ja!  Die verlowing was vir ons so spesiaal en privaat dat ons net ‘n tydjie wou neem om hierdie spesiale tyd saam in te neem.  Ons het nabye familie en vriende eers ‘n dag of 2 later vertel.

v&a waterfront engagement v&a waterfront engagement v&a waterfront engagement v&a waterfront engagement

Tydperk voordat die knoop deurgehak word


Alhoewel ek al troue beplan sedert ek 13 jaar oud is en al lankal op my geheime Pinterest bord duisende idees bymekaar gemaak het, was dit steeds oorweldigend toe ons nou moet wegspring met die beplanning.  Aanvanklik wou ons net ‘n bietjie verloof wees, en dan begin beplan, maar ongelukkig is die Kaap ‘n gewilde plek.  Ons moes ons dus vinnig aan die werk spring!  Ons troudatum is Saterdag, 9 Mei 2020.

v&a waterfront engagement v&a waterfront engagement v&a waterfront engagement v&a waterfront engagement v&a waterfront engagement v&a waterfront engagement

Die Verloofring


Die ontwerp en maak van die ring was ‘n groot verrassing vir my.  Dit het maande se lange geheimsinnige afsprake met vele juweliers geneem om die perfekte ovaalvormige diamant te kies.  Uiteindelik het Mario die ring by Nicole Rawlins, van The Diamond Gallery, gevind.  Hy het ‘n fyn oog gehou oor die hele ontwerp proses en baie insette gegee.  Die maak van die ring moes toe ook bietjie vinniger gebeur, toe ek vir ons ‘n naweek Franschhoek toe reel – 2 weke vroeër as ons jaarlikse wegbreek.  Beide Mario en Nicole Rawlins het die mees fantastiese ring ontwerp – dit het alle verwagtinge oortref en ek kan steeds nie ophou om daarna te kyk nie!

v&a waterfront engagement v&a waterfront engagement Zeitz Mocca v&a waterfront engagement Zeitz Mocca v&a waterfront engagement

Rede vir die verlowing fotosessie


Ons het nog nooit saam ‘n fotosessie gedoen nie, so ons was eintlik albei nuuskierig hoe dit sou wees.  Ek het vir Dune ontmoet by die Winelands Bridal Fair.  Ek wou haar graag in in aksie sien, alvorens ons haar bespreek vir ons troue.  Dune se foto’s en styl pas ons styl soos ‘n handskoen!  Ons beplan om die foto’s op ons elektroniese uitnodigings te benut en natuurlik ‘n paar te vergroot vir ons woning.

Willaston Bar in The Silo HotelWillaston Bar in The Silo Hotel Willaston Bar in The Silo Hotel Willaston Bar in The Silo Hotel Willaston Bar in The Silo Hotel Willaston Bar in The Silo Hotel Willaston Bar in The Silo Hotel

Inspirasie agter die verlowing fotosessie


Ons was geïnspireer om die verlowing fotosessie in Kaapstad te hou – dit is hier waar ons woon en leef.  Die V&A Waterfront is ‘n plek wat ons gereeld besoek en daar is soveel mooi elemente, asook pragtige uitsigte en verskillende teksture om van te kies.  Ons wou graag ‘n stadsgevoel inbring maar ook baie lig.  Dune se styl pas só mooi daarby.

Willaston Bar in The Silo Hotel Willaston Bar in The Silo Hotel Willaston Bar in The Silo Hotel Willaston Bar in The Silo Hotel Zeitz Mocca v&a waterfront engagement

[section=Klik hier vir diensverskaffers]

  • Fotograaf: Dune Kahlau Photography
  • Naels: Hallo Pragtig

[endsection]