Hamish & Chandré se dramatiese-styl troudag

Vir paartjies om ten volle te floreer op hul troudag, is dit uiters belangrik om albei die bruid en bruidegom se persoonlikhede in ag te neem.  Veral wanneer dit by die styl en dekor van hul troudag kom.  Hamish en Chandré beskryf hulself as stadsmense wat van aardse style hou.  Om dus by hulle tipe styl aan te pas, het hulle ʼn olyfgroen en wynrooi kleur-palet vir hul troudag gekies.  Met effens roos-goud en pienk om dié dramatiese kleure uit te balanseer.  Hulle het afgewyk van die neutrale kleur-palet wat gewoonlik by troues gesien word, en die venue gevul met diep, donker kleur dekor en blomme.  Die trou venue in Mpumalanga se rustige atmosfeer het hulle ook toegelaat om dramatiese dekor te gebruik, sonder dat dit te oorweldigend voorkom.

Rol af en volg saam met ons die verhaal van die Herd troudag.

wedding in mpumalanga wedding in mpumalanga wedding in mpumalanga

 Paartjie se Liefdesreis


Ek (Chandré) het een aand saam met my koshuis vriendinne na kuier plek in Pretoria gegaan.  Ons was besig om die einde van ons “semi week” te vier, toe ek vir Hamish ontmoet deur ʼn gemeenskaplike vriend.  Dit was liefde met die eerste oogopslag!  Hy het my na 5 jaar, op sy ouers se plaas naby Merweville in die Karoo, gevra om te trou.  Hamish het alles só fyn beplan en spesiaal gemaak;  Dit was tydens sonsondergang op ʼn koppie van ʼn berg wat oor die hele plaas kyk.  Dit was werklik asemrowend mooi!  Beide my en Hamish se families het saam met ons ʼn glasie sjampanje geniet en die oomblik saam ons ingeneem.

wedding in mpumalanga wedding in mpumalanga wedding in mpumalanga wedding in mpumalanga wedding in mpumalangawedding in mpumalanga wedding in mpumalanga wedding in mpumalanga wedding in mpumalanga wedding in mpumalanga wedding in mpumalanga wedding in mpumalanga wedding in mpumalanga wedding in mpumalanga wedding in mpumalanga

Die Verlowing Tydperk


Ons verlowings tydperk was ʼn jaar.  Dit is ʼn spesiale tyd in ʼn paartjie se lewe, so ons die tyd geniet en elke fyn detail so deeglik as moontlik beplan.  Ons ma’s, asook Carina van die Hothouse, was werklik ons redders!  Ons sou dit nie sonder hulle kon doen nie.

wedding in mpumalangawedding in mpumalanga wedding in mpumalanga wedding in mpumalanga wedding in mpumalanga

Finansiële Aspekte


Ek was die eerste dogter en kleinkind wat getrou het en Hamish is die enigste kind in sy gesin, dus was ons was bevoorreg genoeg om ʼn ruim begroting te hê.  Ons het vroeg in ons beplanning besluit waaraan ons die meeste geld wil spandeer – die drie dinge wat ons nie op wou besnoei nie, was op ons uitrustings, die spyseniering en die musiek vir die aand.

Advies aan ander paartjies:  Wat die kos aanbetref, is daar werklik baie maniere waarop mens geld kan spaar en steeds die spyskaart kry wat jy wou gehad het.  Ons het byvoorbeeld gekies om liewers canapes voor die onthaal, in plaas van ʼn voorgereg. te bedien.  Ons het ook die 3 lae trou koek van Crème Brulee, suurlemoen papawersaad, wit sjokolade en aarbei, wat Hamish se ma vir ons gebak het, bedien vir nagereg.

wedding in mpumalanga wedding in mpumalanga wedding in mpumalanga wedding in mpumalanga wedding in mpumalanga wedding in mpumalanga wedding in mpumalanga wedding in mpumalangawedding in mpumalanga wedding in mpumalanga wedding in mpumalanga wedding in mpumalanga wedding in mpumalanga wedding in mpumalanga wedding in mpumalanga wedding in mpumalanga wedding in mpumalanga wedding in mpumalanga wedding in mpumalanga

Merkwaardigste Oomblikke


Alhoewel ons troudag perfek was, en dit regtig moeilik is om sekere oomblikke uit te sonder, was hierdie ʼn paar van ons merkwaardigste oomblikke:

  • Die oggend toe ons strooimeisies en strooijonkers saam regmaak vir die groot dag.
  • Toe ek die onthaal area vir die eerste keer sien – my ma is ʼn yster-vrou!
  • Die spesiale oomblik saam my pa, toe hy my vir die eerste keer sien.
  • Tydens die seremonie, toe ek en Hamish mekaar vir die eerste keer gesien het.
  • Die laataand kuier tot vroeg in die oggend ure saam met ons naaste familie en vriende.  Natuurlik ook die middernag geroosterde broodjies!
  • Ons eerste dans en ons poging om te “hip hop” dans.

wedding in mpumalanga wedding in mpumalanga wedding in mpumalanga wedding in mpumalanga wedding in mpumalanga wedding in mpumalanga wedding in mpumalanga wedding in mpumalanga wedding in mpumalanga wedding in mpumalanga wedding in mpumalanga wedding in mpumalanga wedding in mpumalanga

Gunsteling Diensverskaffer


Ons heel gunsteling diensverskaffer was ons fotograaf, L’Afrique Fotography, wat elke spesiale oomblik van ons troudag vir ons vasgevang het.

wedding in mpumalanga wedding in mpumalanga wedding in mpumalanga wedding in mpumalanga wedding in mpumalanga wedding in mpumalanga wedding in mpumalanga

Venue & Dekor


Ek en Hamish is albei ʼn kombinasie van stadsmense wat van aardse goed hou.  Ons het dadelik geweet dat die kleurskema van ons troue olyfgroen, wynrooi met ʼn klein bietjie roos goud en pienk gaan wees.

Ons wou graag buite trou, op ʼn plek naby water.  Die ideaal was ʼn venue met ʼn rustige atmosfeer waar ons lekker met ons naaste familie en vriende kon kuier en ons spesiale dag saam met hulle deel.  Toe ons die “Hothouse” buite Dullstroom vir die eerste keer sien, het ons dadelik geweet dit is waar ons gaan trou.

wedding in mpumalanga wedding in mpumalanga wedding in mpumalanga wedding in mpumalanga wedding in mpumalangawedding in mpumalanga wedding in mpumalanga wedding in mpumalanga wedding in mpumalanga wedding in mpumalanga wedding in mpumalanga wedding in mpumalanga wedding in mpumalanga wedding in mpumalanga wedding in mpumalanga wedding in mpumalanga wedding in mpumalanga

    Artikel Diensverskaffers:

    [section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

    [endsection]