Oseaan-blou Trou Inspirasie

Klassieke blou is vroeër vanjaar aangekondig as Pantone se kleur van die jaar.  Dus is daar nie ‘n beter jaar as 2020 om hierdie gestileerde fotosessie se inspirasie te volg nie!  Die fotosessie beeld ‘n kalmerende strand troue uit, wat geïnspireer is deur die blou oseaan, asook Mosambiek se prentjiemooi strande.  Die illusie van beweging is ‘n tema wat regdeur die fotosessie gesien kan word.  Al die elemente vloei inmekaar, wat dié keuse van dekor sag op die oog maak en ‘n kalmerende gevoel skep.  Die vloei-beweging kan verder gesien word in die model se rok, asook in die troukoek.

Indien jy ‘n strand-liefhebber is, maar ook ‘n strand troue wil hê wat op tred is met die nuutste modes, sal jy verseker inspirasie vanaf hierdie gestileerde fotosessie kry.  Gryp die kans met albei hande aan om Pantone se kleur van die jaar in jou troue te inkorporeer!

Trou InspirasieTrou Inspirasie Trou Inspirasie Trou Inspirasie Trou Inspirasie Trou Inspirasie

Wie het die fotosessie gereël?


Die fotograaf, Mila Photography, het die fotosessie gereël.

Trou InspirasieTrou Inspirasie Trou Inspirasie Trou Inspirasie Trou Inspirasie Trou Inspirasie Trou Inspirasie Trou Inspirasie Trou Inspirasie Trou Inspirasie

Inspirasie vir die fotosessie?


Mosambiek se natuurskoon, asook die prag van die oseaan was die inspirasie vir die fotosessie.

 

Trou Inspirasie Trou Inspirasie Trou Inspirasie Trou InspirasieTrou Inspirasie

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Ek glo dit is die beste van diensverskaffers in Nelspruit.  Almal se verskillende style het baie goed by die tema gepas.

Trou Inspirasie Trou Inspirasie Trou Inspirasie Trou Inspirasie Trou Inspirasie Trou Inspirasie Trou Inspirasie Trou Inspirasie Trou Inspirasie Trou Inspirasie

Agter die skerms inligting


Dit was baie werk om al die verskillende elemente op die strand te kry.  Nie al die verskaffers kon die fotosessie bywoon nie.  Dus moes ek, die fotograaf, die blomme-boog en al die stilering, tesame met die fotografie doen.

Trou InspirasieTrou Inspirasie Trou Inspirasie Trou Inspirasie Trou Inspirasie Trou Inspirasie Trou Inspirasie Trou Inspirasie

Wat was vir jou die spesiaalste deel van die fotosessie?


Die spesiaalste deel was beslis om in die see te staan en foto’s te neem!  Dit was ook ongelooflik dat die model in die water kon gaan met haar rok.

Trou Inspirasie Trou Inspirasie Trou Inspirasie Trou InspirasieTrou Inspirasie Trou InspirasieTrou Inspirasie Trou Inspirasie

Advies wat aan paartjies gegee kan word wat die inspirasie wil volg?


Minder is dikwels meer.  Gebruik die landskap as inspirasie vir die dekor, en ook om ‘n agtergrond te skep.  Gebruik ook verskillende elemente en teksture om ‘n mooi tafel en gevoel te skep.

Trou Inspirasie Trou Inspirasie Trou Inspirasie Trou Inspirasie Trou Inspirasie Trou Inspirasie Trou Inspirasie

Klik hier vir diensverskaffers