Hierdie fotosessie konsentreer op tydlose dekor en klassieke sjarme. Dít is spesifiek vir paartjies wat oor ʼn paar jaar wil terugkyk na hul troudag en steeds voel dat hul dekor besonders en relevant is. Die koördineerders van die fotosessie het die klassieke dekor uit gebalanseer met moderne elemente, wat spesifiek in bruidegom se styl, asook die bruid se rok, skoene, grimering en hare gesien kan word. Inspirasie vir hierdie fotosessie het vanaf klassieke bestemmings se sagtheid en skoonheid gekom. Die fotosessie het in ʼn weelderige tuin afgespeel met die onmisbare romanse tussen die paartjie as fokuspunt.
Rol af vir ʼn fotosessie gevul met klassieke sjarme en ontdek trou-inspirasie wat vir dekades nog relevant sal wees.
Wie het die fotosessie gereël?
Die twee fotograwe, Christene Wilmans en Jéan van Heerden, het met behulp van Chanté Ras, ’n ongelooflike koördineerder, die dag se gebeurtenisse en klein details beplan. Sy het die visie en styl van die fotosessie perfek verstaan en uitgevoer.
Inspirasie vir die fotosessie?
Klassieke, romantiese bestemmings soos die Kaap, Italië en Frankryk se skoonheid en sagtheid het ons geïnspireer. Die gevoel van die fotosessie was tradisioneel, maar met modelle wat ʼn meer moderne styl uitbeeld om relevant tot vandag se trou-paartjies te bly.
Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?
Die visie van die fotosessie was baie belangrik vir die fotograwe. Die talent en spanwerk van die diensverskaffers het vir ons uitgestaan, wat die proses baie vergemaklik het. Elke diensverskaffer het ongelooflik baie moeite ingesit om die fotosessie briljant te laat lyk. Dit was ’n groot voorreg om saam met hulle te werk.
Agter die skerms inligting.
Om die dekor, tafel en rok vir die fotosessie te vervoer was ’n effense uitdaging. Ons wou seker maak dat niks beskadig word nie. Nog ʼn uitdaging was tydsberekening. Ons het opgemerk dat dit beter sou wees om ʼn uur of twee vroeër te begin met die opstel van die venue.
Wat was vir jou die spesiaalste deel van die fotosessie?
Dit was besonders om te sien hoe almal saamwerk en so baie ure in sit. Die venue, dekor, blomme, modelle en hul uitrustings, grimering en hare het ons as fotograwe ongelooflik geïnspireer. Dit het ons werk baie maklik gemaak gedurende die sessie.
Advies wat aan paartjies gegee kan word wat die inspirasie wil volg?
Klassieke sjarme sal vir altyd stylvol bly en paartjies kan jare later terug kyk en steeds voel hulle troue was besonders en relevant. Paartjies kan ’n styl-bord bymekaarsit met foto’s wat soortgelyk is, en dit vir hulle diensverskaffers wys as inspirasie. Dit is ook belangrik om na die verskaffers se portefeulje te kyk om te sien of hulle al soortgelyke werk in die verlede gedoen het. Maak ook seker of dit op die standaard van die paartjie se visie is.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
- Fotografie: Christene Wilmans Weddings & Jean van Heerden
- Grimering: Tailor Rose Creations
- Haar stilis: Nicola Liebenberg
- Blommerangskikking: Lucien Mostert
- Skryfbehoeftes: I Do – Creative Concepts)
- Trourok: Enzoani
- Bruid se skoene: Badgley Mischka van Bridal Wardobe
- Venue: Kievits Kroon
- Modelle: Tyler Marais & Nicola Liebenberg
- Fotosessie Koördineerder: Chanté Ras