Luukse Wegbreek in die Middestad van Kaapstad

Ons deel met Mooi Leefstyl se lesers ʼn Luukse Wegbreek in die Middestad van Kaapstad by The Halyard Apartments se luukse selfsorg eenhede.  Toe Mooi Leefstyl die spesiale uitnodiging ontvang het deur Mira Weiner van Hot Oven Marketing om te kuier vir twee aande by The Halyard Apartments, was ons baie opgewonde.  Vir die wat ons ken, sal weet ons is regte stadsjapies en is mal oor die lewenstyl van die stadslewe en die skitter van die stadsliggies.

Ons het in eenheid 2307 gebly met ʼn luukse industriële dekor afwerking.  Geleë op die 23ste vloer van die splinternuwe KPMG gebou in Kaapstad.  Uitsigte wat absoluut jou asem sal wegslaan.  Daar is min plekke in Kaapstad wat daardie uitsigte bied.   Dit gee amper ʼn New York gevoel.  Die gewoel van die stadslewe onder jou, maar die rustigheid van jou eenheid hoog in die lug.  Wat is mooier as die uitsigte van die stad se skitterende liggies in die aand tee Tafelberg.  In die oggend word jy wakker met die sagte oggend lig wat Tafelberg se skoonheid omhul.

Rol af om meer te lees oor ons luukse wegbreek na The Halyard Apartments hieronder.  Geniet ook die foto’s wat ons geneem het gedurende die verblyf.

Architectural and Interior Photographer Architectural and Interior Photographer Architectural and Interior Photographer Architectural and Interior Photographer Architectural and Interior Photographer Architectural and Interior Photographer

Selfsorg:

Al The Halyard Apartments se eenhede is selfsorg en duursaam afgewerk.  Daar is drie verskillende kamer temas waarvan jy kan kies.  Ons het die industriële tema eenheid gekies, omdat ons mal is oor moderne donker afwerkings.

Die eenheid het ʼn groot volledig toegeruste oopplan kombuis.  Daar is alles wat jy nodig het.  Geen koste was bespaar wanneer dit kom by die toerusting in die kombuis nie.  Die mooi Morphy Richards ketel laat jou koffie sommer ekstra spesiaal proe.  Al die toerusting is van die beste, tot die broodrooster is ʼn Morphy Richards toestel.

Vir die van julle wat hou van kook kan gebruik maak van die stoof, oond en ook luukse mikrogolf.  Daar is oorgenoeg eetgerei en breekware om jou vriende te vermaak vir ʼn lekker aandete in die hartjie van die stad.

Architectural and Interior Photographer Architectural and Interior Photographer Architectural and Interior Photographer Architectural and Interior Photographer Architectural and Interior Photographer Architectural and Interior Photographer Architectural and Interior Photographer Architectural and Interior Photographer Architectural and Interior Photographer Architectural and Interior Photographer

Duursame afwerkings:

Daar is so baie detail waarvan ons hou.  Van die mooi afgewerkte dekor elemente soos die krane, houtvloere, dak en duursame klein detail.  Absoluut geen kostes was bespaar nie.

Die Sentraal huisbestuur paneel is die simbool van modern en luukse lewenstyl.  Jy beheer jou hele eenheid van die paneel – Jy kan jou musiek hier beheer, verskillende verstellings vir jou ligte deur die eenheid.  Daar is ook ʼn “Goodnight” opsie wat dan alles met die druk van een knoppie sal afsit.

Architectural and Interior Photographer Architectural and Interior Photographer Architectural and Interior Photographer Architectural and Interior Photographer Architectural and Interior Photographer Architectural and Interior Photographer Architectural and Interior Photographer

Fasiliteite en sekuriteit:

Daar is baie fasiliteite in en om die stad wat jy jouself mee kan vermaak.  Letterlik honderde opsies.  Wat ook al jy kan aandring sal jy in Kaapstad se middestad kan doen.  Of jy ʼn middagtee wil doen of ʼn fynproewer aandete.  Alles is minute weg van jou.

Onderdak parkering maak dit gemaklik en veilig vir jou om jou motor te parkeer.  As jy gebruik van Uber sal jy maklik een kan vind, omdat dit so sentraal geleë is.

Dan is hulle ook besig om te bou aan hulle eie gimnasium waar jy jou oefen program kan aanhou volg gedurende jou wegbreek by The Halyard Apartments.

Daar is 24 uur sekuriteit, so jy kan met gemoedsrus veilig voel en jou verblyf ten volle geniet.

Architectural and Interior Photographer Architectural and Interior Photographer Architectural and Interior Photographer Architectural and Interior Photographer Architectural and Interior Photographer Architectural and Interior Photographer Architectural and Interior Photographer

Windfall Wines:

Daar was ʼn seleksie van Windfall wyne vanuit die Robertson-vallei in die eenheid.  Ons het die Medola vonkelwyn geniet saam met ons ete en die borreltjies geniet terwyl ons oor die skitterende stadsliggies ons doelwitte bespreek het.

Vir ons tweede aand se verblyf het ons die Barrel 41 rooiwyn geniet.  Heerlik en so goed afgerond.  Perfek saam net ʼn heerlike aandete gemaak in die moderne kombuis.

Ons het self al Windfall besoek in Robertson vallei.  ʼn Pragtige wynplaas met heerlike wyne.  Lees meer oor Windfall hier.

Architectural and Interior Photographer Architectural and Interior Photographer Architectural and Interior Photographer Architectural and Interior Photographer Architectural and Interior Photographer Architectural and Interior Photographer Architectural and Interior Photographer Architectural and Interior Photographer Architectural and Interior Photographer Architectural and Interior Photographer Architectural and Interior Photographer

Slaapkamers en Badkamers:

Ons eenheid  het ʼn aparte gaste toilet gehad in die leef area.  So hoef jou gaste nie deur jou kamers te gaan nie.

Dan is daar die hoofslaapkamer met ʼn fantastiese uitsig oor die stad en ook die hawe.  Dit is iets wat jy in persoon moet ervaar.  Met genoeg kas spasie vir al jou uitrustings maak dit jou verblyf nog meer gemaklik.

Die groot ensuite badkamer met ʼn stort, luukse bad, toilet en wasbak en ʼn asemrowende uitsigte is die perfekte plek om ʼn ontspannende bad te geniet met ʼn glasie vonkelwyn in die hand.  Verwarmde handdoeke reëlings maak seker jou handdoeke is net die perfekte temperatuur.  So is die ondervloerse verhitting in die badkamers ook ʼn groot bonus.  Daar is niks lekker as om uit ʼn warm bad of stort te klim en jou voete op ʼn gemaklike temperatuur vloer te sit.

Charlotte Rhys produkte is van die beste in die bedryf en sal jou badkamer ervaring net soveel meer genotvol laat voel.

Architectural and Interior Photographer Architectural and Interior Photographer Architectural and Interior Photographer Architectural and Interior Photographer Architectural and Interior Photographer Architectural and Interior Photographer Architectural and Interior Photographer Architectural and Interior Photographer Architectural and Interior Photographer Architectural and Interior Photographer Architectural and Interior Photographer Architectural and Interior Photographer Architectural and Interior Photographer

Sentraal geleë:

Slegs 5 minute weg van die V&A Waterfront, geleë binne 5 minute van alles in die hartjie van Kaapstad se middestad.  Gemaklike en vinnige toegang tot die N1, N2 en die Middestad.  Dit sal ook die perfekte verblyf wees vir besigheids reisigers, omdat dit so Sentraal geleë is.  ʼn Maklike 20km rit van Kaapstad Internasionale Lughawe.

As jy nie lus is vir kosmaak nie, sal jy van ʼn groot seleksie van restaurante kan kies.  Daar is iets vir almal.  Van informele tot meer formele restaurante, wegneem restaurante en tonne vermaak opsies.

Vir die van julle wat hou van inkopies doen, sal hierdie die perfekte ligging wees.  Van klein boetieks tot groot winkels – alles amper loop afstand vanaf The Halyard Apartments.

Architectural and Interior Photographer Architectural and Interior Photographer Architectural and Interior Photographer Architectural and Interior Photographer Architectural and Interior Photographer Architectural and Interior Photographer Architectural and Interior Photographer

Boek jou verblyf:

Beplan sommer nou jou wegbreek na The Halyard ApartmentsKlik hier om te boek.  Jy kan ook ʼn e-pos stuur na stay@thehalyard.co.za.

As jy op sosiale media is, volg hulle op Instagram en Facebook.

Dankie aan Hot Oven Marketing vir die uitnodiging.  Ons sien uit om vinnig weer by The Halyard Apartments te kuier.

Architectural and Interior Photographer Architectural and Interior Photographer Architectural and Interior Photographer Architectural and Interior Photographer Architectural and Interior Photographer Architectural and Interior Photographer Architectural and Interior Photographer

    Artikel Diensverskaffers: