Die Karoo troue van Pierre en Hanita was gevier op ‘n familie plaas in die Karoo. Hanita kon nie besluit tussen 2 style tafeldekor wat sy wil gebruik nie en so het haar moeder voorgestel dat hulle sommer albei gebruik.
Op sy beurt het Pierre baie aantreklik gelyk met ʼn grys pak en roomkleurige onderbaadjie, sy voorkoms was afgerond met ʼn leer das.
Paartjies wat graag in die mooi Karoo wil trou sal definitief aanklank vind by die pragtige troue van Pierre en Hanita. Rol af en geniet dié paartjie se storie en kiekies.
Julle troudatum en Ouderdom van paartjie op troudag?
Ons troue was die 3de November 2018. Hanita 26 en Pierre 32
Hoe het julle mekaar ontmoet en wie het wie gevra om te trou?
Ons het mekaar ontmoet deur ‘n gemeenskaplike vriend. Hy het gevra om te trou.
Vertel ons meer oor hoekom die bruid haar spesifieke trourok gekies het?
Ek wou iets sag en romanties gehad het met detail so het toe besluit om ‘n rok te huur by Elizabeth Stockenstrom.
Vertel ons meer van jul ringe
Hanita se ring het ek laat maak by Cape Diamonds. Sy het al lank terug vir my ‘n prentjie gestuur van hoe sy graag haar ring wil hê, so ek het maar daarvan af gewerk. Sy het ‘n princess cut ring. Pierre se ring was hy by toe ons gaan pas en soek het. Ons het toe op ‘n titanium ring besluit.
Wat was die merkwaardigste oomblik van dié dag en wat sou julle verander indien moontlik?
Ek sou sê toe ek saam met my pa by die padjie afgestap het en Pierre daar voor gestaan het en begin huil het. Toe my sielsgenoot in die padjie afgestap gekom het, ek kon nie anders as om emosioneel te raak nie.
Vertel ons meer oor die fotograaf en jul videograaf
Dawid Botha photography het ‘n promosie gehad vir die fotograaf en die videograaf en dis toe hoe ons op hulle besluit het. Hulle het ons baie gemaklik laat voel voor die kamera, veral Pierre wat niks hou daarvan om foto’s te neem.
Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?
Moenie stres nie die dag gaan so vinnig verby en jy moet elke oomblik inneem. Jy en jou vrou moet deur die loop van die aand net rustig word en als inneem en kyk na die gaste.
Hoe het julle die venue gekies en wat was die inspirasie vir jul dekor?
Ons het op ons familie plaas getrou The Vale Karoo Farm. Dit was baie spesiaal om dit daar te kon doen. Ons wou ‘n baie romantiese gevoel skep so die blomme was in baie sagte pastel kleure en daar was baie feetjie-liggies en kerse. Ek kon nie tot ‘n besluit kom oor hoe die tafels moet lyk nie en toe stel my ma voor dat ons altwee idees doen. So toe was elke 2de tafel dieselfde. 1 tafel het ‘n sagte bloos loper met klomp bottels met blomme in asook kerse opgehad en die ander tafel het ‘n loof loper met blomme opgehad.
Vertel ons meer oor jul eerste dans
Ons eerste dans het ons nooit vooraf geoefen nie. Die liedjie waarop ons gedans het was Burgerd Botha se “As jy nog twyfel”. Terwyl ons gedans het , het al ons gaste in ‘n kring om ons gestaan met vonkels. Dit was sprokiesagtig.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Dawid Botha Photography
- Bruidegom pak: Euro Suit
- Venue: The Vale Karoo Farm
- Koek: Nita’s Cakes
- Rok: Elizabeth Stockenstom
- Leer das: Indalo Leather
- Leer Strikdassies: Joystrings
- Juwele: Lily Blue
- Hare: Absulot Hair
- Grimering: Kirsten Johnson
- Strooimeisie rokke en japonne: Joystrings
- Blomme: