Ons sluit 2019 af met ‘n troue wat pronk met die mooiste bosveld modes van 2019. Indien troues met ‘n bosveld tema reg gedoen word, kan dit die perfekte atmosfeer vir ‘n troue skep. Die onaangeraakte natuurskoon is onbewustelik simboliek van die paartjie wat onpretensieus mekaar liefhet en aanvaar. Kayla en Dwayne se gaste was op hul gemak by die warm en huislike gevoel van die venue.
Ons hier by Mooi Troues glo dat hierdie troue net die regte inspirasie sal wees om die bal aan die rol te kry vir jou troue in 2020.
Troudatum en ouderdom op jul troudag?
Ons is op 6 April 2019 getroud. Ek en Dwayne was albei 21.
Hoe het julle ontmoet en wie het gevra om te trou?
Ons het mekaar op Hoërskool ontmoet. Dwayne het die groot vraag slegs ‘n paar jaar later gevra.
Vertel ons meer oor jul trouringe?
Dwayne het ʼn swart Zirconium ring en ek het ʼn fyn diamant ring.
Hoekom het die bruid die spesifieke trourok gekies?
Ek het ʼn hele paar rokke aangepas, maar daar was altyd iets wat my gepla het met elke rok wat ek aanpas. Ek het rond gevra wat mense daarvan dink as ʼn bruid ʼn rok laat maak. Baie mense het my afgeraai om dit te doen, maar ek het my eie kop gevolg en my droom trourok laat maak. Dit is iets wat ek só graag wou gehad het. Die rok het my lyf gepas en dit het ook my dag perfek gemaak, want ek het geweet dit is iets wat ek wou gehad het.
Wat was vir jul die mees merkwaardigste oomblik van die dag?
Dwayne se merkwaardigste oomblik was toe hy my die eerste keer gesien het toe ek in die paadjie afstap. Die spesiaalste oomblik vir my was toe ek Dwayne aan die einde van die paadjie sien staan met trane in sy oë. Ons sou niks verander nie; Dit was alles wat ons wou gehad het.
Vertel ons meer van jul fotograaf
Ons het ʼn lys gehad van fotograwe regoor die land. Ons het lank gevat om ʼn fotograaf te kies volgens ons spesifikasies omdat ons net die beste vir ons spesiale dag wou gehad het. Na die troue is die foto’s en herinneringe al wat mens oorhet. Dís hoekom ons net die beste wou gehad het. Mona-Lisa se werk het vir ons die meeste uitgestaan en ons is mal oor ons troufoto’s!
Advies wat julle kan gee aan paartjies wat besig is om hul troue te beplan
Kayla
My raad sal wees om elke liewe oomblik te geniet,veral die beplanning. Dit was vir my ‘n ongelooflike spesiale tyd. Probeer om almal wat vir jou belangrik is deel te maak van die proses, waarvan jou verloofde die belangrikste is. Almal stres vir hulle groot dag en dit is normaal – wees net kalm en vat elke oomblik in want dit is iets wat jy nooit weer gaan kry nie.
Dwayne
Geniet die beplanning saam jou bruid – dit tyd vlieg so vinnig verby! Die klein opofferings van laat aande en stryery is alles die moeite werd, want dit is die belangrikste dag van jou en jou toekomstige vrou se lewens. Neem alles in, want jy gaan dit vir die res van jou lewe onthou.
Vertel ons meer van jul troukoek
Ons troukoek was ʼn sjokolade koek wat Dwayne se ma gebak het.
Vertel ons meer oor jul venue en styl van dekor
Ons wou ʼn bosveld venue gehad het, so ons het besluit om ons troue by Goedgedaght Game Ranch te hou wat tussen Loskop en Groblersdal is. Vir dekor, het ons albei idees bymekaar gesit en iets geskep wat ons albei wou gehad het.
Hoeveel gaste het jul onthaal en wat was jul trou begroting?
Die begroting vir die troue was R175 000, maar ons het R195 000 spandeer. Ons het 144 gaste onthaal.
Vertel ons meer van jul Wittebrood?
Vir ons wittebrood het ons die Suidkus gaan toer. Dit was die beste tyd ooit!
Vertel ons van jul eerste dans
Ons liedjie was “Gebore om by jou te wees” van Juan Boucher. Ons het glad nie geoefen vir ons dans nie.
- Fotograaf: Mona-Liza Photography
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Venue : Goedgedaght Game Ranch
- Dekor & Blomme : Okkasie
- Trourok : Beloved Designs
- Hare : House of hair and beauty – Gilene O’Neill
- Grimering : Nicky’s Closet