Marnus & Juanita se verrassing verlowing in die natuur

Juanita het omtrent soos ‘n vreemdeling in Jerusalem gevoel toe sy by Linton Park Wines in Wellington aankom.  Sy is ingewag deur haar kêrel, haar geliefde Cocker Spaniel en ‘n professionele fotograaf wat Marnus spesiaal vir dié spesiale dag gereël het.  Marnus weet net hoe om ‘n glimlag op Juanita se gesig te sit;  Sy het behoorlik opgehelder toe sy haar Cocker Spaniel gewaar wat sy ses maande terug gesien het.  Die paartjie het hulself gate uit geniet;   Hul natuurlike en prettige geaardhede het vir die mooiste foto’s gesorg.  Juanita se glimlag het selfs nóg groter geraak toe sy die briefie lees wat aan Azita se nek vasgemaak is.  Die manne kan beslis ‘n truuk of twee by Marnus leer!  Rol af om na dié oulike paartjie se verrassing verlowing fotosessie te kyk.

surprise engagement surprise engagement surprise engagement surprise engagement surprise engagement surprise engagement surprise engagement surprise engagement surprise engagement surprise engagement surprise engagement surprise engagement surprise engagement surprise engagement surprise engagement surprise engagement surprise engagement surprise engagement surprise engagement surprise engagement

Vertel ons van jul ontmoeting?


As iemand vir jou vra waar die beste plek sal wees om ʼn meisie of kêrel te ontmoet, sal jy heel waarskynlik ons antwoord by meeste mense hoor: “By die selgroep of kerk.”  Nie een van ons het egter vir hierdie rede by die selgroep aangesluit nie, maar dit is die plek wat die Here gekies het om ons bymekaar te bring.

Marnus was die selgroep leier vir ʼn paar jaar en Juanita was nuut in die dorp.  Juanita het van Krugersdorp af getrek om ʼn nuwe avontuur in Wellington aan te pak.  Sy het in ʼn woonstel by haar oom en tannie gebly.  Een oggend het haar tannie by die koffiewinkel vir Marnus se pa gevra oor ʼn selgroep vir jong werkendes.  Sy was egter nie bewus dat Marnus ook daar gesit het nie.  Sy het toe Juanita se selnommer vir Marnus gegee om haar te nooi vir die selgroep, min wetend dat hy sopas sy toekomstige vrou se selfoon nommer gekry het.

By die eerste sel byeenkoms het Juanita onmiddellik Marnus se oog gevang, maar hy was op daardie stadium nog in ʼn verhouding en mag dus nie té veel gekyk het nie.  Juanita het nie op daardie stadium belanggestel om ʼn kêrel te kry nie, maar sy kon nie help om tog ook ʼn sekere aantrekkingskrag tot Marnus te ervaar nie.

surprise engagement surprise engagement surprise engagement surprise engagement surprise engagement surprise engagement surprise engagement surprise engagement surprise engagement surprise engagement

Watter eienskappe het julle na mekaar aan getrek?


Juanita:  Marnus se selfvertroue en leierskap is eienskappe wat my na hom aangetrek het.  Hy is ook vir my baie aantreklik en mooi gebou.

Marnus:  Juanita se omgee hart vir diere en mense, veral dié in nood.  Sy het ook die mooiste blou oë en glimlag.

surprise engagement surprise engagement surprise engagement surprise engagement surprise engagement surprise engagement surprise engagement surprise engagement surprise engagement surprise engagement surprise engagement

Vertel ons wie het wie gevra om te trou?


Marnus het vir Juanita gevra om te trou, maar eintlik het Azita namens hom gevra.

surprise engagement surprise engagement surprise engagement surprise engagement surprise engagement surprise engagement surprise engagement surprise engagement surprise engagement

Vertel ons die inspirasie agter die verlowing fotosessie?


Vandat ons begin uitgaan het, het Marnus altyd vir my gespot dat Azita (my Cocker Spaniël) nommer 1 in my lewe is en dat hy eintlik maar nommer 2 is.  Ek het vir ‘n ses maande tydperk tydelik afgelos by ʼn Graad R pos in Malmesbury en moes Azita by my ouers in Tergniet agterlaat.  Marnus het agtergekom dat ek na Azita verlang.  Hy het toe skelm vir Azita gaan optel en die verlowing-sessie beplan.

Op die dag van die verrassing het hy my gebel en gevra dat ek hom by Linton Park Wines ontmoet.  Hy en Azita het my ingewag.  Dit was ook ons 2-jaar herdenking, so Marnus het vir my gesê dat hy vir ons ʼn fotosessie gereël het.  Toe ek aangestap kom, kon ek dadelik vir Azita sien;  Die idee was om die verrassing vas te vang op kamera.  Daar was ʼn briefie om Azita se nek vasgebind met die woorde: “Kan Marnus maar van nou af nommer 1 in jou lewe wees?  Van Azita”  Nadat ek die briefie gelees het, het Marnus op sy knie afgegaan en die groot vraag gevra.

surprise engagement surprise engagement surprise engagement surprise engagement surprise engagement surprise engagement

Wat het jul laat besluit oor die verlowing fotosessie?


Die hele idee was eintlik net om die verrassing en herinnering vas te vang.  Marnus dink ek is op my mooiste as ek natuurlik lag, so hy wou dit in die fotosessie vasvang.

surprise engagement surprise engagement surprise engagement surprise engagement

Vertel ons meer wat het jul ingedagte vir jul droom troue?


Ons grootste drome vir ons troue was die volgende:

  • Dit moet gemaklik wees en nie ʼn stywe besigheid met klomp formaliteite nie.
  • Die ligging van die venue was teen die agtergrond van ʼn berg.  Dit was vir ons baie spesiaal omdat ons vir ons eerste offisiële afspraak Tafelberg gaan uitklim het.
  • Ons wou in die kerk trou waaraan ons albei behoort en waarvan Marnus se pa een van die predikante is.  Marnus se pa het ons getrou.
  • Ons troue moes intiem wees met net ons naaste vriende en familie.
  • Marnus se enigste vereistes was dat ons lekker moet kuier, eet en dans.
  • Ons tema was olyfgroen en wit.

surprise engagement surprise engagement surprise engagement surprise engagement

[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

[endsection]