Le-Roy & Cindy se elegante Bosveld troue

Een van die belangrikste eienskappe van ʼn suksesvolle huwelik is kompromie.  Le-Roy en Cindy het albei uiteenlopende style en moes mekaar in die middel vind in terme van hul bosveld troue se tema en dekor.  Cindy is ʼn sagte, elegante bruid terwyl Le-Roy lief is vir khaki en rustieke elemente.  Hierdie paartjie het egter nie gestry oor wie die finale sê kry nie;  Hulle het besluit om sommer albei style te inkorporeer!

Die een ding waaroor hul egter saamgestem het was die keuse van venue vir hul Bosveld troue.  Palala Boutique Game Lodge & Spa is die toonbeeld van ʼn romantiese, elegante en eksklusiewe Bosveld trou venue.  Dié venue het dit dus maklik vir Le-Roy en Cindy gemaak om die beste van albei wêrelde te hê.

Le-Roy en sy strooijonkers het moeiteloos ingepas met hul khaki klere en bruin leer kruisbande.  Cindy het beeldskoon gekyk in ʼn pragtige trourok van Timeless Bridal en haar strooimeisies het weer die elegante elemente van die troue aangevul.  Haar strooimeisies het haar ongelooflik mooi gekomplimenteer met hul ligte pienk en goue rokke.  Cindy se trouring is ontwerp en gemaak deur te bekende juwelier Jenna Clifford.

Rol af vir elegante Bosveld troue inspirasie, asook wenke oor hoe om jou troue te benader indien jy en jou man se style hemelsbreed verskil.

bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding

Paartjie se Liefdesreis


Ek en Le-Roy was saam op Hoërskool.  Ons het mekaar geken maar nooit saam gekuier nie.  Na skool het Le-Roy in Ierland gaan studeer en ek in Pretoria.  Hy het my altyd vir ‘n besonderse goeie Rooiwyn genooi wanneer hy Suid-Afrika besoek het.  Kort na al die spontane kuiertjies en lekker wyn het hy my in 2013 gevra om sy meisie te wees.  Ons was ses jaar saam voordat hy twee van my grootste drome laat waar word het;  Eerstens om my te vra om sy vrou te word en tweedens om dit in ‘n land te doen waaroor ek nog altyd net kon droom – Italië.

bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding

Die Verlowing Tydperk


Ons het 12 Junie 2018 verloof geraak en ons troudag was op 1 Junie 2019.  Dit was 354 dae;  Oorgenoeg tyd om die troue sommer op ons eie te beplan.

bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding

Paartjie se styl


Ons het verskillende style geïmplementeer wat mekaar baie mooi komplimenteer het.  Ek verkies meer van ‘n elegante, moderne tipe styl waar Le-Roy lief is vir ʼn rustieke styl.  Ons het hierdie ook in ons rok en pak geïnkorporeer;  Ek het ʼn skouerlose ‘’Tulle’’ trourok gekies het Le-Roy het Khaki en meer neutrale kleure gekies vir hom en sy manne.  Ons trouringe weerspieël ook ons verskillende style;  My ring is ‘n ‘’cushion cut’’ diamant ring en Le-Roy het ‘n swart Tungston ring.

bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding

 Merkwaardigste Oomblikke


Cindy: Die merkwaardigste oomblik vir my was die woorde van my pa toe hy my aan Le-Roy oorgee voor die seremonie begin: “Jy lyk pragtig my skat, ek is lief vir jou.’’

Le Roy: Die oomblik toe Cindy in die kerk instap en ek vir haar, asook al ons familie en vriende sien wat die dag saam ons kom geniet het, was dit vir my só spesiale oomblik.

bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding

Inspirasie van Mooi Troues


“Daar sal nie weer ‘n geleentheid wees om jou troufoto’s oor te doen indien dit nie reg is nie.”  Hierdie was die inspirerende woorde op die advies blad vir fotograwe wat my laat besef het dat dit ‘n groter soektog as net ‘’google’’ gaan verg om die perfekte fotograwe vir ons groot dag te kry.

bosveld weddingbosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding

Die Besluitnemingsproses


Die belangrikste besluit wat ons saam geneem het was dat ek (Cindy) die troue moet reël.  Dit het perfek vir ons gewerk.  Ons familie en vriende se deure was altyd oop vir raad en hulp.  Ons het definitief daarvan gebruik gemaak, maar op die ou einde was dit ons troue waarvoor ons self betaal en daarom het ons al die finale besluite gemaak.

bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld weddingbosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding

Gunsteling Diensverskaffers


Dit is baie moeilik om een spesifieke verskaffer uit te sonder.  Almal wat by ons troue betrokke was, was uitstekend!  Bloot vir die feit omdat ons die meeste tyd saam met die fotograwe en dekor span spandeer het, sal ons JCclick en Catharina Carolina Décor Hire & Exchange sterk aanbeveel – vir enige geleentheid!  Die hele span van JCclick maak jou ongelooflik gemaklik voor ‘n kamera en die resultate is onbeskryflik mooi.  Met báie min woorde het Catharina Carolina Décor Hire & Exchange ál ons drome in terme van blomme en dekor waar gemaak.  Hulle het die perfekte balans geskep vir ons elegante Bosveld troue.

bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding

Venue & Dekor


Ons woon in Limpopo op ‘n plaas en wou graag in die Bosveld trou.  Palala Boutique Game Lodge & Spa is ‘n uur se ry van ons huis af en die eerste (en enigste) venue wat ons besoek het.  Ons was verlief op die elegante en rustieke tema wat hierdie venue bied.  Ons het daar en dan ons datum vas gemaak.  Ek het my gunsteling kleure gekies en ons dekor aan Catharina Carolina Décor Hire & Exchange oorgelaat.  Hulle het absolute wonders verrig!

Palala Boutique Game Lodge & SpaPalala Boutique Game Lodge & Spa Palala Boutique Game Lodge & Spa bosveld wedding Palala Boutique Game Lodge & Spa Palala Boutique Game Lodge & Spa bosveld wedding Palala Boutique Game Lodge & Spa bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding

Finansiële Aspekte


Ons het nie regtig streng van ‘n begroting af gewerk nie.  Daar was sekere dinge wat ons definitief op ons troue wou hê.  Omdat ons so lank verloof was kon ons vroegtydig pryse kry en daarvoor spaar.  Verder het ons die ander uitgawes maand vir maand gevat en gedoen wat ons kon.  Ons advies rakende die begroting sal wees om vroegtydig te begin spaar;  Dis beter om vooraf te betaal as om na die tyd in te haal.

bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding

Wittebrood


Ons het Bali gekies as ons Wittebrood bestemming.  Nie een van ons is regtig strand en see mense nie, maar ons het besluit om net vir ons Wittebrood iets anders te probeer.  Bali bied soveel meer met sy woude, vulkane en ongelooflike mooi rys lande.  Ons het in twee verskillende oorde gebly – Viceroy & Samabe.  Ons is op die hande gedra en sou dit enige dag weer wil oor hê!

bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding

    Artikel Diensverskaffers:

    [section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers:

    [endsection]