Mark & Landi se gemaklike buitelug troue

Marc en Landi het ʼn duidelike visie vir hul gemaklike buitelug troue gehad en het daarin geslaag om hul visie in ʼn realiteit te omskep.  Die idee was om ʼn troue te hê wat voel soos ʼn gesellige kuier by iemand se huis.  Vir die paartjie was dit uiters belangrik om ʼn omgewing te skep waar hul gaste gemaklik voel en lekker kan saam kuier terwyl die twee families een word.  Die paartjie kon met behulp van hul bekwame diensverskaffers die perfekte balans tussen ʼn Saterdagmiddag-kuier en ʼn elegante troue skep.  Hulle het die buite area van die venue, Cultiv8, in ʼn romantiese sprokies-omgewing omskep.  Marc en Landi het ʼn punt daarvan gemaak om nie hul hele neseier op hul troudag te spandeer nie, maar steeds van hul dag ʼn spog geleentheid te maak.  Hul gaste kon heerlik saamkuier in ʼn pragtige omgewing met heerlike kos en drankies.

Rol af as jy kan aanklank vind by hierdie paartjie se visie en inspirasie kort vir jou gemaklike buitelug troue.

Cultiv8 Boutique Venue - Krugersdorp North

Julle troudatum en Ouderdom van paartjie op troudag?


Ons het op 31 Mei 2019 getrou.  Ek en Marc was albei 35 jaar oud.

Cultiv8 Boutique Venue - Krugersdorp NorthCultiv8 Boutique Venue - Krugersdorp North

Hoe het julle mekaar ontmoet en wie het wie gevra om te trou?


My goue reël was nog altyd om nooit ʼn ou in ʼn kroeg te ontmoet nie en toe breek ek my eie reël!  Marc het my gevra om te trou, alhoewel hy eintlik meer gesê as gevra het!

Cultiv8 Boutique Venue - Krugersdorp North

Vertel ons meer oor hoekom die bruid haar spesifieke trourok gekies het?


Ek wou graag iets mooi hê maar was nie bereid om ʼn arm en ʼn been te betaal nie.  Die rok het oorspronklik nie moue gehad nie, ek het dit laat aan sit.

Cultiv8 Boutique Venue - Krugersdorp North

Vertel ons meer van jul ringe


Ons het in ʼn winkel sentrum gaan rondstap en na ringe gekyk.  Toe ek my ring sien, het ek dadelik geweet dis die een!  Ek hou van ʼn klassieke styl; Niks te oorbodig nie.

Cultiv8 Boutique Venue - Krugersdorp NorthCultiv8 Boutique Venue - Krugersdorp NorthCultiv8 Boutique Venue - Krugersdorp North Cultiv8 Boutique Venue - Krugersdorp North Cultiv8 Boutique Venue - Krugersdorp North Cultiv8 Boutique Venue - Krugersdorp North Cultiv8 Boutique Venue - Krugersdorp North Cultiv8 Boutique Venue - Krugersdorp North Cultiv8 Boutique Venue - Krugersdorp North Cultiv8 Boutique Venue - Krugersdorp North Cultiv8 Boutique Venue - Krugersdorp North Cultiv8 Boutique Venue - Krugersdorp North

Vertel ons meer oor die fotograaf en jul videograaf


Ons venue bestuurder het Hilda aan ons aanbeveel.  Ons het na haar werk gekyk en kon sommer dadelik verstaan hoekom sy aanbeveel was!  Hilda was ongelooflik van begin tot einde en het soveel geduld met my gehad, van voor tot na die troue.  Sy is vreeslik kalm en het ʼn unieke manier om ʼn bruid mooi te laat voel.  Haar styl van foto’s het perfek by die visie vir ons gemaklike buitelug troue ingepas.  Sy het in só manier met ons gaste gewerk, dat dit gevoel het asof sy deel was van ons gesin!

Wat was die merkwaardigste oomblik van dié dag en wat sou julle verander indien moontlik?


Ons hele troue was spesiaal, maar die koek sny was besonders merkwaardig!  Iets was ek wel sou anders doen is om meer aandag aan die musiek lys te gee om seker te maak dat al ons gunsteling liedjies gespeel word.

Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?


Landi:

Geniet elke oomblik en moenie oor die klein goedjies stres nie.  As julle kan, neem die foto’s voor die troue, dit het ons soveel meer kuier tyd saam met ons gaste gegee.  Alles gaan nie volgens plan verloop nie, maar dit is nie die einde van die wêreld nie.  Niemand sal weet behalwe jy nie!  Geniet al die aandag wat jy kry – dis oorweldigend maar jy is immers die bruid;  As dit verby is, is dit verby!

Marc:

Los die reëlings vir jou vrou, sy weet wat sy doen!  Bied beslis aan om te help, want daar is soveel goed wat in die beplanning ingaan waarvan jy dalk nie eers weet nie. Geniet die aand – dit gaan so vinnig verby!

Cultiv8 Boutique Venue - Krugersdorp North Cultiv8 Boutique Venue - Krugersdorp North Cultiv8 Boutique Venue - Krugersdorp North

Hoe het julle die venue gekies en wat was die inspirasie vir jul dekor?


Dit was vir ons baie belangrik om ʼn troue te hê wat voel soos ʼn groot kuier by iemand se huis.  Ons visie was dus ʼn gemaklike buitelug troue.  Cultiv8 venue is vreeslik intiem en het presies gehad waarna ons gesoek het.  Ons hou van baie blomme, maar wou te veel spandeer op iets wat net vir een aand gebruik gaan word nie.  Nadat ons besluit het wat ons wil hê, het ons ons behoeftes met Anine bespreek en sy het ons visie 100% uitgebeeld.  Ons wou graag ʼn betowerende gevoel skep waar mense gemaklik kan wees.

Cultiv8 Boutique Venue - Krugersdorp North

Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou? Hoeveel gaste het julle onthaal?


Ons het oorspronklik besluit om niks meer as R30 000 te spandeer nie, maar dit was bitter moeilik om daarby te hou.  In totaal het ons R90 000 spandeer, maar ek sal niks verander nie.  Ons het drank en kos verskaf en het redelike paar items gehuur wat baie bygedra het tot die groter koste.

Cultiv8 Boutique Venue - Krugersdorp North Cultiv8 Boutique Venue - Krugersdorp NorthCultiv8 Boutique Venue - Krugersdorp North Cultiv8 Boutique Venue - Krugersdorp North

Vertel ons meer van jul Wittebrood


Ek en Marc het besluit om nie op ʼn wittebrood te gaan nie, maar eerder die geld te gebruik om ons eie huis te bou.

Cultiv8 Boutique Venue - Krugersdorp North Cultiv8 Boutique Venue - Krugersdorp NorthCultiv8 Boutique Venue - Krugersdorp North Cultiv8 Boutique Venue - Krugersdorp North

Vertel ons meer oor die inspirasie vir julle troukoek


Ek wou seker maak dis lekker en iets wat almal kan geniet. Wortelkoek, red velvet en kaaskoek is my drie gunstelinge.  Ek kon nie besluit tussen die drie nie, toe doen ons sommer almal!

Vertel ons meer oor jul eerste dans


A Thousand Years van Christina Perri ft. Steve Kazee was ons eerste dans liedjie.  Die woorde van die liedjie beskryf presies hoe ons oor mekaar voel.  Ons was so ontspanne voor die troue, dat ons skoon vergeet het om te oefen.  Ons het die Woensdag voor die troue al die meubels weg geskuif en in ons voorhuis geoefen.  Dit was ʼn baie spesiale aand.  Alhoewel ons nie baie stappies gehad het nie, het ons vreeslik gelag so deur die oefen.

[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

[endsection]