TROU VENUE IN RAWSONVILLE
Dwarsberg Trout Hideaway is slegs 105 km van die Kaapstad Internasionale Lughawe en word omring met pragtige berge, boorde en wingerde. Die natuurskoon sal jou asem wegslaan! Dit is die perfekte omgewing vir ‘n sprokiestroue.
Afhangende van die tafel-uitleg en dans area, kan die hoof lokaal tot 170 gaste akkommodeer. Al die deure van die lokaal kan 180 grade oopmaak; Dit sal jou dus die geleentheid gee om ‘n binne troue te hê, met ‘n buitelug troue se styl en gevoel. Outydse gasvryheid en sjarme sal natuurlik ook by jou plaas troue ingesluit wees.
Die dansvloer langs die lokaal is ʼn gewilde keuse vir jongmense. Hier kan jy feesvier met jou geliefdes en onder die sterre die aand verby dans! Ons keuse-buffet-spyskaart bied ʼn verskeidenheid heerlike tradisionele disse. Die uitstekende spysenier en vriendelike personeel sal altyd die ekstra myl gaan om vir jou ‘n perfekte en onvergeetlike dag te verseker! Ons het 3 pod-huisies, 4 selfsorg-kothuise en 11 kampeer plekke beskikbaar vir gaste wat die naweek op die pragtige plaas wil deurbring.
[section=]
KLIËNTE RESENSIES
Geen resensies op die oomblik nie.