Jono & Kayla se strand verlowingsfotosessie

Jono en Kayla se strand verlowingsfotosessie was net so natuurlik soos hul liefde vir mekaar.  Die paartjie is nie gepla oor fyner details en fieterjasies nie – al wat belangrik is, is hulle twee wat op hierdie pragtige reis na ʼn getroude lewe op pad is.  Dus het hulle fotosessie in ʼn natuurlike omgewing hulle verhouding perfek uitgebeeld.  Die see kan ook as ʼn simbool van die liefde gesien word – dit is nie altyd maklik totdat jy geleer het hoe om te swem nie; En niemand het al ooit gesê dis beter buite as binne nie.

Jono en Kayla se opregte liefde kan vir oud en jonk ʼn herinnering wees dat natuurlike dinge in die lewe die belangrikste is en dat die mens dit nie moet vernietig met ons gretige en gulsige geaardhede nie.

Rol af en geniet Jono en Kayla se uitbeelding van hul liefdesreis.  Ons hoop julle kry baie inspirasie vir jul strand verlowingsfotosessie.

beach engagement photo shoot beach engagement photo shoot beach engagement photo shootbeach engagement photo shoot

Vertel ons van jul ontmoeting en die eienskappe wat julle na mekaar aangetrek het?


Ek en Jono is al vriende vandat ons 5 jaar oud is.  Sowat vier jaar gelede het ons uiteindelik besluit om ‘n kans op die liefde te vat.

beach engagement photo shoot beach engagement photo shoot beach engagement photo shoot beach engagement photo shoot beach engagement photo shoot beach engagement photo shoot

Vertel ons wie het wie gevra om te trou?


Jono het my in ‘n vreeslike romantiese manier gevra om te trou.

beach engagement photo shoot beach engagement photo shoot beach engagement photo shoot beach engagement photo shoot

Vertel ons die inspirasie agter die verlowing fotosessie?


Ons albei is mal oor die see!  Ons het grootgeword in ʼn dorpie naby aan die strand.  Jono is ook ‘n visserman so hy was mal oor die idee van ʼn strand verlowing fotosessie.

beach engagement photo shoot beach engagement photo shoot beach engagement photo shoot beach engagement photo shoot beach engagement photo shoot beach engagement photo shoot beach engagement photo shoot beach engagement photo shoot

Wat het jul laat besluit oor die verlowing fotosessie?


Ons gaan ons gunsteling foto vir ons trou uitnodiging gebruik.  Aangesien ons nog nooit vantevore ‘n fotosessie saam gedoen het nie, was dit ook die perfekte geleentheid om te oefen vir ons groot dag.  Cheney van Blissfully Yours het ons só gemaklik voor die kamera laat voel.

beach engagement photo shoot beach engagement photo shoot beach engagement photo shoot beach engagement photo shoot beach engagement photo shoot beach engagement photo shoot

Wat het julle ingedagte vir jul droomtroue?


Ek het nog altyd gedroom van ‘n groot troue met al my familie en vriende rondom my!  My droom was om in my perfekte rok die aand saam al my vriende en familie om te dans!  Ek het egter my droom man ontmoet, nou is hy al wat saak maak.  Ek gee nie meer om waar ons trou of hoe ons trou nie – solank ek hom my man kan noem, is ek gelukkig.

beach engagement photo shoot beach engagement photo shoot

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: