Ons deel vandag ‘n oorspronklike wit-op-wit gestileerde fotosessie met ons lesers. Ons het gebruik gemaak van verskeie wit dekor items en hier en daar iets goud en groen bygevoeg om bietjie kleur aan die prentjie te gee. Hierdie soort tafelversiering is baie sag op die oog. Die rangskikkings is ook nie oor donderende en vorm deel van die neutrale kleure op die tafel.
Dié stylvolle tafel se dekor en blomme was noukeurig deur Leipzig uitgesoek en Günther Schubert was die fotograaf agter die kamera. Let daarop dat ons verskeie opsies, t.o.v versierings afgeneem het, só sal nie een tafel dieselfde lyk nie en maak dit dinge bietjie meer interessant. Die geel glase is beskikbaar by Mia’s Make-up, die materiaal borde is van @home en die goue plekmatjies is van Entrepo. Dankie Eila Cakes vir die pragtige koek.
Diensverskaffers:
- Fotograaf: Günther Schubert
- Venue: Landtscap
- Blomme: Leipzig
- Goue plekmatjies: Entrepo
- Materiaal Borde: @home
- Oranje glase en papier boek: Mia’s Make-up
- Koek: Eila Cakes