Romantiese wegbreek na die President Hotel in Bantry Bay. Ons was genooi om die luukse President Hotel in Seepunt te ervaar. Dit was โn fantastiese ervaring en kan dit definitief aanbeveel vir paartjies opsoek is na โn plaaslike wegbreek plek of wittebrood plek. Geleรซ in die hartjie van die Atlantiese seekus. Die hotel bestaan al vir jare en op die perseel was daar nog altyd een of ander vorm van gasvryheid besigheid. Dit is heropen in 1998 deur President Nelson Mandela en het ook daarna weer โn nuwe oordoen gehad.
Die hotel het moderne luukse afwerkings wat โn luukse oord gevoel het. Dit is sentraal geleรซ en binne loop afstand van baie fasiliteite in die area. As jy opsoek is na โn romantiese wegbreek plek en voel of jy iewers op โn eiland is, dan moet diรฉ hotel bo aan jou lysie wees. Lesers meer oor ons ervaring by die President Hotel onder en wat ons alles hier gedoen het.
Mooi Troues besoek verskeie wittebrood verblyf opsies van luukse stads hotelle tot lekker plaas wittebrood plekke. Lees meer oor ons ander resensies op Mooi Troues.
Ligging:
Loop afstand van Seepunt promenade en vele ander fasiliteite in die area maak die hotel sentraal geleรซ en perfek vir paartjies wat hou daarvan om rond te beweeg. Huur โn fiets in die area en besoek verskillende plekkies in Seepunt en die Waterfront.
Die hotel is slegs ses kilometers weg van die middestad, een en โn half kilometers vanaf Clifton Strand en slegs twee โn half kilometers vanaf Kampsbaai strand. Dan is daar ook die Victoria & Alfred Waterfront wat slegs vier kilometers weg is.
In die area is daar baie verskillende restaurant opsies โ letterlik alles waaraan jy kan dink. Van klein tot groot restaurante. Omdat die hotel so sentraal geleรซ is, is dit maklik om rond te beweeg in die area sonder โn motor. Daar is ook โn MyCiTi bus stasie oorkant die pad.
Luukse Verblyf:
Ons het in die luukse een slaapkamer eenheid oornag, wat โn lieflike groot eenheid is met baie spasie. Die President Hotel se span het ons omtrent bederf. Toe ons in die kamer kom was daar van ons gunsteling vinger happies en drankies. Baie dankie! Dit wys die hotel het baie aandag op die kleiner detail van hulle gaste. Ons eenheid het โn ruim leefarea gehad met โn televisie en DSTV toegang. Daar is ook โn oulike klein glas eetkamer tafel in die kombuis area, perfek as jy ietsie klein wil eet in die kamer.
Daar is ook โn spasie vir jou skoot rekenaar of om poskaarte te skryf. Ons weet as jy op jou wittebrood of โn romantiese wegbreek is jy nie e-posse wil beantwoord nie. Soos alles, is daar party mense wie dit ongelukkig nogsteeds moet doen, so die opsie is daar. Daar is gratis WiFi in die kamers so jy kan al jou fotoโs op sosiale media deel.
Die afwerkings van die hotel kamer is luuks en van โn hรถe standaard met koffie en tee fasiliteite en โn klein yskas. Daar is โn ruim badkamer met โn bad en โn stort in die bad. Die toilet area is apart van die badkamer โ bonus!
In die slaapkamer is daar moderne afwerkings, โn ruim klerekas om jou klere op te hang. Daar is ook โn kluis om jou waardevolle items te stoor. Die kamer het โn groot bed en โn televisie in die kamer. So jy kan jou gunsteling vermaak kyk in die gemaklikheid van jou bed.
Ons kamer het die mooiste uitsig gehad. Jy het oor die swembad area van die hotel gekyk en die mooi oop see.
Fasiliteite by die President Hotel:
Spa: Daar is darem niks lekkerder as โn masseer bederf nie. Ons het dit vreeslik geniet om net te kan ontspan en vergeet van enige stres. Dit is โn kleinerige Spa op die grondvloer van die hotel en is perfek vir โn lekker ontspan sessie. Ons het โn vol-lyf massering gehad โ een van ons gunsteling behandelinge wanneer ons โn Spa besoek. Wel, dit en gesig behandelinge. Al daardie stres knoppe is in die eerste paar minute uitgedruk. Elke paartjie wat op โn romantiese wegbreek gaan moet โn spa-sessie iewers inpas.
Swembad: Dit is omtrent mooi en kyk uit oor die Atlantiese see. Daar is โn klein kinder swembad aan die kant voor wat vlak is en dan is daar die groot swembad waar jy ure kan swem en die Afrika son geniet. Bestel jou gunsteling drankie by die kelners en geniet dit langs die swembad met jou groot strooihoed.
Pizza: Lekker! Ons is mal oor Pizza en die President Hotel is bekend vir hulle heerlike pizzaโs wat hulle in โn vuur oond maak. Wat is dan nou lekkerder as โn heerlike ontspan sessie by die swembad met โn skemerkelkie in die hand en โn heerlike pizza.
Kroeg: Daar is โn lekker groot kroeg by die hotel met maklike toegang tot die buite area by die swembad.
Romantiese fynproewer aandete vir twee:
Hierdie was definitief die hoogtepunt van ons kuier by die President Hotel. โn Privaat fynproewer aandete vir twee. Hulle het โn afgeskorte area in die hotel waar paartjies alleen โn romantiese aandete kan geniet. Jy kan binne of buite sit โ net soos jy wil. Ons het op โn heerlike aand gedurende sonsak op die dek buite gesit. Dit is definitief โn ervaring wat elke paartjie moet ervaar. Dit is ook โn fantastiese manier om jou verloofde te vrae om met jou te trou!
Dames! As jou kรชrel jou nog nie die โJaโ woord gevra het nie is dit die tyd dat jy hierdie artikel vir hom stuur vir idees. Dit is nie net perfek vir verlowings nie, maar is โn fokus punt vir wittebrood paartjies. Daar is niks meer romanties as โn aandete onder die Kaapse sonsak nie.
Om mee te begin het ons โn glasie Graham Beck Brut Rose vonkelwyn geniet terwyl ons die sonsak gekyk het. As eerste gereg het ons โn heerlike Biefstuk Tartare geniet. Dit was baie smaaklik en ons kelner het baie aandag gegee aan ons en seker gemaak ons is ten alle tye gemaklik. So romanties om alleen aandete te hรช buite op โn stoep met die kaggels wat die koue seelug bietjie warmer maak.
As hoofgereg het het ons โn heerlike Eendborsie en smaaklike Hoender Ballotine geniet. Sjoe! Dit was heerlik gewees. Sag en lekker smaakvol. Gepaar met โn bottel Backsberg 2017 Merlot wyn. Toe het ons โn palet skoonmaker gehad om ons voor te berei vir ons heerlike nagereg โ dit het โn heerlike lemoenblom graniet smaak gehad. As nagereg het ons โn vanielje en rooibos panna cotta met โn heerlike fyn vrugte slaai gehad met โn lekker koppie koffie.
Dit is definitief โn ervaring wat ons baie lank sal onthou!
Romantiese Kamer Voorbereiding:
Terwyl ons vir ons romantiese aandete was het die span van die hotel ons kamer so mooi voorberei. Daar was vonkelwyn en rose orals gewees. Die oulike kersies het die pad gelei na die badkamer wat net so mooi met rose versier was. Hierdie is definitief โn ervaring wat elke pasgetroude paartjie sal wil ervaar. Die bed is ook mooi versier met roosblare, mooi gevoude handdoeke en sjokolade balletjies op die bed. Asemrowend romanties!
Ontbyt:
โn Goeie ontbyt kan jou dag definitief beter maak, of te wel, so glo ons! By die President Hotel kan jy โn fantastiese ontbyt verwag met โn groot verskeidenheid opsies. Daar is letterlik alles waaraan jy kan dink op hul ontbyt uitleg. Van heerlike koue vleisie, kase, ingelegde vrugte, vars vrugte, brood, pappe en vele meer. Jy kan jou warm ontbyt self skep by hulle buffet styl ontbyt. Daar is ook โn kok wat gereed staan om jou eiers voor te berei soos jy daarvan hou. Hulle het definitief โn wenner ontbyt!
Fotos en kopiereg voorbehou deur ยฉ Vorsprung Studio