Hierdie boheemse elegansie gestileerde fotosessie sal vir enige toekomstige bruid genoeg trou inspirasie gee om haar droomdag te beplan. Elke element is noukeurig deurdink en saamgevoeg om ʼn pragtige eenheid te vorm. Van die beste diensverskaffers in die industrie het koppe bymekaar gesit om hierdie trou inspirasie aan toekomstige bruide te lewer.
Rol af en maak notas as jy boheemse en elegante dekor vir jou troudag oorweeg.
Wie het die fotosessie gereël?
Ek, Nicole van Niekerk, het die fotosessie gereël. Ek het nog altyd ‘n groot passie vir stilering gehad. Vanjaar het ek uiteindelik die moed en tyd gekry om ‘n gestileerde fotosessie bymekaar te sit. Ek was ook die fotograaf van die fotosessie.
Inspirasie vir die fotosessie?
Die venue se pragtige bougainvillea bosse tesame met die elegante argitektuur was my inspirasie. Dit het vir my die perfekte agtergrond geskep om ʼn boheemse, tog elegante fotosessie te stileer.
Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?
Die afgelope drie jaar was ek bevoorreg genoeg om baie mense in die industrie te leer ken. Hulle het my mentors, asook goeie vriende geword. Toe ek my eerste gestileerde sessie begin beplan het, het ek onmiddellik aan hulle gedink; Gelukkig het almal ingestem! Ek het ook ‘n groot passie vir Suid-Afrikaanse ontwerp. Dus wou ek die sessie so ver as as moontlik Suid-Afrikaans hou om vir bruide insiggewende trou-inspirasie te voorsien.
Agter die skerms inligting
Die sessie het op 4 Julie, in die middel van winter, plaasgevind. Ons was dus effens bekommerd oor die weer, maar kon nie vir ‘n mooier winterdag vra nie! Daar was gelukkig geen onvoorsiene omstandighede nie.
Wat was vir jou die spesiaalste deel van die fotosessie?
Die boheemse elegansie gestileerde fotosessie weerspieël baie van my persoonlikheid, asook my besigheid se visie. Dit lê ongelooflik na aan my hart en ek is só trots op die eindresultaat. Wat dit egter meer spesiaal maak, is dat dit die eerste gestileerde fotosessie was wat ek self gereël het.
Die verskaffers se bydrae en ondersteuning was vir my ongelooflik spesiaal. Hulle almal is mense na wie ek opkyk en by wie ek al só baie in die verlede geleer het.
Advies wat aan paartjies gegee kan word wat die inspirasie wil volg?
Moenie bang wees om kanse te waag nie! Hou wel terselfdertyd ingedagte dat daar ‘n balans moet wees. Speel gerus met met helder kleure, dekor, blomme en interessante kombinasies. As jy ʼn meer elegante trourok het, kan jy dit opkikker met interessante bykomstighede en ‘n gedekonsentreerde ruiker.
Die heel belangrikste is dat al die elemente julle as paartjie se drome vir julle troudag moet weerspieël. Dit moet ook julle persoonlikhede en liefde vir mekaar komplimenteer.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf en stilis: Nicole van Niekerk Photography
- Venue: Candlewoods Boutique Venue
- Blomme en dekor: Willie van Zyl, Passi Events
- Skryfbehoeftes: Moonlilly Creative Studio
- Styl Borde: The Creative Barn
- Rokke: The Wedding Collective
- Grimering: Make Up & Hair by Anna Pepper
- Haarstilis: Palladium Hair Co
- Juwele: Mika Collection
- Modelle: Katelyn-Faye Rothballer + David du Preez