Jose en Candace het in Februarie vanjaar die avontuurlustige roete van ล bestemming strandtroue gevolg. Hulle het naaste familie en vriende genooi en hul liefde vir mekaar op die strand in Mauritius verklaar. Hoe romanties!
Hulle troue was ล kombinasie van ล klassieke strandtroue gepaard moderne elemente. Hierdie paartjie se liefdesverhaal word so mooi en duidelik in elk van hul fotoโs vertel. Hul fotoโs is prentjiemooi danksy die paartjie se styl wat mekaar so mooi gekomplimenteer het. Candace met haar wit hare en groen oรซ is die toonbeeld van ล pragtige, moderne bruid.
Rol af vir die mooiste strandtroue inspirasie:
Julle troudatum en Ouderdom van paartjie op troudag?
Candace en Jose het op 6 Februarie 2019 getrou. Candace was 24 jaar oud en Jose 27; Presies 10 jaar nadat hulle op hoรซrskool verlief geraak het.
Vertel ons meer oor hoekom die bruid haar spesifieke trourok gekies het?
Die eerste rok wat ek gekoop het was โn totale ramp! Ek moes toe โn maand voor die troue inderhaas ล nuwe rok soek. Ek het Vonve Bridal besoek en hulle het alles in hul vermoรซ gedoen om vir my โn nuwe droomrok te vind. Toe ek hierdie rok sien het ek dadelik geweet dis ล tipe rok waarin ek myself kan sien trou; Dit het my soos ล handskoen gepas. Die beste deel daarvan is dat dit so gemaklik is om te dra. Dit is eenvoudig, maar so mooi en uniek.
Hoe het julle mekaar ontmoet en wie het wie gevra om te trou?
Ons was baie jonk toe ons ontmoet het. Ons het op hoรซrskool al verlief geraak โ ek was 14 en Jose was 17 jaar oud. Jose het in dieselfde kompleks as ek ingetrek. Ons was nie in dieselfde skool nie, maar hy het elke dag na skool op sy fiets geklim, na my toe gery en seker gemaak hy is weer weg voordat my ma by die huis kom.
Jose het my gevra om te trou terwyl ons saam met vriende vakansie in Mosambiek gehou het. Ek was sรณ verras en gevul met vreugde en opgewondenheid.
Vertel ons meer van jul ringe.
Ons ringe is vir ons baie spesiaal. Jose het besluit om uit respek en ter herdenking aan my oorlede pa, sy trouring te dra. Hy het โforever & alwaysโ in ons albei se ringe laat ingraveer omdat dit ons etiketreรซl is. Ek is absoluut mal oor my ring! Jose het dit by Browns gekoop.
Vertel ons meer oor die fotograaf en jul videograaf.
Ons fotograaf was Rentia Smith en ons videograaf was haar man, Boetie Smith. Ons het ล troue gesien wat Rentia in Mosambiek gedoen het en ons het geweet dat ons haar by ons spesiale dag wil hรช. Dit was die beste besluit van ons troue! Hulle het elke oomblik sรณ mooi vasgevang. Ons kyk gereeld na die fotoโs wat Rentia geneem het. Dit bring sulke mooi herinneringe terug; En elke keer as ons die video kyk, bring dit trane van blydskap! Ons kon nie gelukkiger wees nie โ hulle het regtig die ekstra myl vir ons gegaan.
Wat was die merkwaardigste oomblik van diรฉ dag en wat sou julle verander indien moontlik?
Vir Jose was die beste deel toe ek by die paadjie afstap. Dit was vir hom so pragtige en emosionele oomblik. Jose sรช: โWoorde kan nie beskryf hoe dit voel om jou aanstaande se reaksie te sien as hulle jou vir die eerste keer gewaar nie. Candace het asemrowend gelyk.โ Die beste deel van my dag was om Jose te sien wag aan die einde van die paadjie. Ek het hom gesien, en nรฉt vir hom. Om hom so emosioneel te sien het my hart laat smelt. Dit was โn oomblik in my lewe wat ek nooit sal vergeet nie.
Daar is niks wat ek en my man van ons bestemming strandtroue sal verander nie. Alles het seepglad verloop.
Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou? Hoeveel gaste het julle onthaal?
Ons begroting vir die troue en wittebrood was altesaam R250 000. Ons het ons naaste familie en vriende na Mauritius genooi en almal het vir hulself betaal. Aangesien ek โn tweede trourok moes koop, het ons gesukkel om by die begroting te hou. Ons het ล ekstra R50 000 bestee. Daar was beslis onverwagte kostes en ons sal aanbeveel dat paartjies daarvoor moet begroot.
Daar was altesaam 30 gaste by ons troudag.
Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?
Vir die mans: Die beste raad wat ek kan gee is om oopkop te wees en baie geduld met jou vrou te hรช. Sy droom al van hierdie dag vanaf sy โn klein dogtertjie is.
Vir die dames: My raad is om die proses te geniet want die tyd vlieg sรณ vinnig verby. Probeer ontspan en geniet elke oomblik van die reis. Ek sal ook aanraai dat bruide hul bruidegom se insette oorweeg. Onthou ook dit is jรณรบ dag, so doen wat jy wil doen.
Al wat ons kan sรช is dat dit die beste dag van ons lewe was en โn dag wat ons nooit sal vergeet nie.
Hoe het julle die venue gekies en wat was die inspirasie vir jul dekor?
Toe ons uitvind dat albei my ouers met kanker gediagnoseer is, het ons besluit om op die strand in Mauritius te trou. Ons wou ล privaat en intieme troue hรช met die mense wat vir ons die meeste beteken. ล Bestemming strandtroue in Mauritius was die perfekte opsie! Ongelukkig is my ouers 6 maande voor die troue oorlede, maar ons het besluit om steeds voort te gaan met die reรซlings. Beachcomber Cannonier was die venue vir ons troue. Dit is ล pragtige strandoord en hotel en het so mooi by die visie wat ons vir ons groot dag gehad het, ingepas.
Ons inspirasie vir die dekor was baie eenvoudig. Ons wou by neutrale kleure hou aangesien die strand en natuurskoon alreeds die voorkoms en gevoel gehad het wat ons wou hรช.
Vertel ons meer oor jul eerste dans
Een van ons goeie vriende het aangebied om ons trou dans te choreografeer. Hy het saam met ons geoefen en gesorg dat ons elke beweging ken. Ons moes โn week voor die troue elke dag oefen! Ek dink ons het hom trots gemaak. Ons het โFrom The Ground Upโ van Dan & Shay gekies vir ons eerste dans. Dit het soveel relevansie en betekenis in ons verhouding en was dus die perfekte manier om ons liefdesverhaal op ons spesiale dag te vertel. Ons luister gereeld na die liedjie en word teruggeneem na daardie oomblik.
Vertel ons meer van jul Wittebrood.
Na ons bestemming strandtroue in Mauritius, het ons die voorreg gehad om ons wittebrood in Bali, Indonesiรซ te spandeer. Ons het elke oomblik daarvan geniet. Dit is ล pragtige land met die vriendelikste mense. Ons het die lekkerste aktiwiteite gedoen, soos na โn vulkaan gaan kyk, โn olifantpark besoek asook parasailing!
Om vir paartjie-masserings te gaan en op die strand te ontspan terwyl ons lekker drankies drink was ons gunsteling aktiwiteite. Ons het ook op toere gegaan om die kultuur en kos van Bali te ervaar. Die plekke wat ons besoek het, soos hul plaaslike tempels en rys plase, was ongelooflik! Ons het ook hul plaaslike kos by straat kroeรซ en restaurante geรซet. Ek en Jose het elke oomblik saam geniet.
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ล internet konneksie het en ล toestel wat gekonnekteer is tot ล aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ล rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy โn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Venue: Beachcomber Canonnier, Mauritius
- Trourok: Vonve Bridal Couture
- Fotograaf: Rentia Smith Photography
- Videograaf: Boetie Smith