Maak jou reg vir ʼn groot bederf! Hoe mooi is die verlowing fotosessie tussen Sonneblomme? Ons by Mooi Troues is super opgewonde om die besonderse aantreklike paartjie se pragtige foto’s en liefdes verhaal met ons lesers te kan deel.
Moenie verder wag nie, rol af. Ons belowe julle dit is die moeite werd.
Vertel ons van jul ontmoeting en die eienskappe wat julle na mekaar aangetrek het?
Net soos in ʼn sprokies verhaal het Vogan en Allesandri op oogopslag die vlinders begin voel. Dit was in Clarens by ʼn musiekfees waar die twee mekaar vir die eerste keer ontmoet het. Die musiek was goed, geselskap beter en die liefde die beste! Natuurlik is die fisiese eienskappe wat mens eerste raak sien, maar van die eerste oomblik af het Vogan en Allesandri geweet hierdie vuur was aan die brand gesteek en gaan elke dag net helder skyn!!
Vertel ons wie het wie gevra om te trou?
Allesandri het ʼn werk aanbod ontvang vanaf Amerika. By die lughawe was daar lang trane en groot drukkies! Die tyd vanaf mekaar het hul laat besef dat Vogan en Allesandri nie sonder mekaar kan lewe nie. Vogan het al sy moed by mekaar geskrap en Allesandri se hand gaan vra vir haar Ma. Daleen(Allesandri se Moeder) het vertel dat sy nie ʼn beter lewensmaat vir haar dogter kon kies nie.
Vertel ons die inspirasie agter die verlowing fotosessie?
Ons sien onsself as ʼn baie plat op die aarde paartjie. Die liefde vir die natuur deel ons graag en wou dit inkorporeer in ons fotosessie. Ons fotograaf het die Sonneblom veld aanbeveel en ons was verlief op die idee en die fotos het ons verwagtinge oortref!
Wat het jul laat besluit oor die verlowing fotosessie?
Allesandri is lief vir model werk so dit het van natuur gekom. Vir Vogan was dit ʼn ander storie, gelukkig het Allesandri en die fotograaf baie grappies gemaak en binnekort was Vogan die gemaklikste. Die foto’s word gebruik vir dekor.
Vertel ons meer wat het jul ingedagte vir jul droom troue?
Ons sien ons droom troue eendag binne ʼn woud in Clarens, omrede ons daar ontmoet het. Gevul met kandelare en kerse gepaard met wit tapyte. ʼn Regte sprokies troue gevul met vriende, familie en baie pret! Dit is vir ons meer belangrik oor die mense waarmee ons die spesiale dag deel as hoe ons voorkom op die dag. Inderdaad, ʼn persoon onthou die herinneringe meer as die stukkie vleis wat op jou bord was.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Urban Lens Photography- June Geyser