Mooi Troues deel met ons lesers die pragtige plaastroue van Wilmar en Carmen. Die paartjie het op ‘n familie plaas in KwaZulu-Natal getrou. Ons by Mooi Troues weet sommer ons lesers sal baie oulike trou idees uit Wilmar en Carmen se plaastroue hieronder kry.
Rol af en geniet geniet die oulike paartjie se plaastroue.
Julle troudatum en Ouderdom van paartjie op troudag?
6 Oktober 2018 beste dag nog en altwee was 24 jaar oud.
Hoe het julle mekaar ontmoet en wie het wie gevra om te trou?
Hulle het ontmoet eerste jaar op Universiteit by Kovies in Bloemfontein. Van toe af het hulle ogies gehad vir mekaar maar eers in hul derde jaar was die tyd reg om te kys. Na 3 jaar se saam wees het Wilmar besluit dat die tyd reg is en hy nie meer sonder Carmen wil wees nie. Hy het in Sedgefield langs die meer, op ʼn mooi son ondergang, op sy knie gegaan en vir Carmen gevra om te trou.
Vertel ons meer oor hoekom die bruid haar spesifieke trourok gekies het?
Dit was die tweede rok wat Carmen aangepas het. Sy was dadelik verlief op die rok en het hardop gegil: “Ek love die een!” Toe Carmen haar ma, sussies en niggie se gesig uitdrukkings sien toe weet sy ook dit is dié een. Vonve Bridal Couture het baie mooi rokke! Beveel dit aan vir enige bruid om te gaan kyk.
Vertel ons meer van jul ringe
Carmen se verloof ring is ʼn eenvoudige elegante platinum solitêre diamant ring. Haar trou pand is ʼn platinum band met klein diamantjies wat die eenvoudigheid effens breuk en die glans van die groter diamant komplimenteer. Wilmar sê die styl simboliseer baie mooi vir Carmen. Eenvoudig, sterk en pragtig.
Wilmar se trou pand is ʼn wit silwer pand met hout invulsel. Hy hou baie van hout. Carmen het sy ring vir hom gekry en as ʼn verassing ingraveer in Wilmar se ring. Hy is mal daaroor.
Vertel ons meer oor die fotograaf en jul videograaf.
Ons fotograaf was ongelooflik! Wilmar & Carmen sal Coba Uys vir enige iemand aanbeveel. Sy laat jou gemaklik voel van die begin af. Coba is baie oulik en doen baie moeite en alles is fantasties. Sy en een van haar helpers het ons trou video ook gedoen. Dit is soos ‘n hoogtepunt video, baie, baie mooi oomblikke alles van die troue.
Wat was die merkwaardigste oomblik van dié dag?
Dit was die beste dag ooit en ‘n regte sprokies verhaal. Elke oomblik was ongelooflik. Ons sal niks anders wou gehad het nie en was geseën met die mooiste dag!
Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?
Advies aan paartjies sal wees om elke oomblik te geniet die tyd voor jy trou en tydens die dag van die troue. Tyd gaan so vinnig verby en ek weet mens kan nie wag vir jou troue nie! Maar moet nie tyd om wens nie. Die tyd voor mens se troue is net so kosbaar. Tydens die troue gaan tyd dubbel die spoed. Doen moeite om tyd net vir julle 2 uit te sit, sodat julle kan inneem en besef wat eintlik aangaan. (werk goed met die fotos)
Advies vir die manne. Die stres vlakke is maar hoog tydens die regmaak en wag vir die bruid. Byt vas want dit is normaal. Maak seker jy praat goed van jou vrou tydens jou toespraak en sê vir haar sy lyk beeldskoon.
Hoe het julle die venue gekies en wat was die inspirasie vir jul dekor?
Die venue was op Carmen se ouers se plaas. Sy het nog altyd geweet sy gaan op die plaas trou en het baie idees oor tyd gekry. Haar inspirasie het gekom van al die ander troues wat sy van tevore al bygewoon het en wat sy deur die jare ʼn prentjie gekry het wat sy wil doen en waar op die plaas sy dit wil doen.
Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou? Hoeveel gaste het julle onthaal?
Ons was bevoorreg dat ons ouers ons gegun het om ons drome en wens uit te leef. Terselfdertyd het ons nie onnodige tierlantyntjies gehad nie. Ons altwee het groot families en baie vriende so ons het 270 gaste gehad.
Vertel ons meer van jul Wittebrood
Dit was Wilmar se afdeling. Hy het dit goed beplan en Carmen mag niks geweet het nie. Carmen het eers Sondag, na die troue op pad lughawe toe uit gevind dat hulle Maldives toe gaan. Sy was baie opgewonde! Dit was ongelooflik gewees en was die perfekte plek vir avontuur en ontspan.
Vertel ons meer oor jul eerste dans
Ons liedjie was “The One” van Kodaline. Perfekte liedjie vir die eerste dans. Ons hou van saam dans so ons het die dans gevat soos hy kom en Wilmar het ʼn paar oulike “passies” in gebring.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf en Videograaf: Coba Photography
- Dekor: Drakensberg Decor & Drapping
- Tent en kos: Dixon Caterers
- Koek: The Valley Bakery Drakensberg
- Trou rok: Vonve Bridal Couture
- Bruid hare: Artisan Hair Bergville
- Bruid grimering: Excellency in Beauty
- Platejoggie: Echo Sounds