Ruan & Charné se paartjie fotosessie langs die Tzaneen Dam Rivier

Ruan en Charné se prentjiemooi paartjie fotosessie langs die Tzaneen Dam Rivier in Limpopo bied die perfekte kombinasie van rustigheid en natuurskoon as agtergrond. Die omgewing se kalmte en pragtige landskappe maak dit ideaal vir hul fotosessie.

As jy ʼn fotosessie beplan, is die ligging belangrik, want dit bepaal nie net die styl nie, maar ook wat julle moet aantrek. Ons hou baie van Ruan en Charné se neutrale uitrustings keuses. Ruan se swart hemp en Charné se mooi rokkie skep ʼn treffende kontras teen die groen natuurtoneel.

Om gemakliker te voel, kies ʼn plek wat julle albei geniet of waar julle tuis voel. Dit sal outomaties help om julle meer ontspanne en natuurlik voor die kamera te maak.

ʼn Paartjie fotosessie is ʼn fantastiese manier om spesiale herinneringe vas te vang, ongeag of daar ʼn spesiale geleentheid is. Dit is ʼn prettige manier om saam herinneringe te skep. Gaan kyk gerus op Mooi Troues se Trougids vir talentvolle fotograwe en bespreek jou eie fotosessie.

Ruan en Charné se fotosessie langs die Tzaneen Dam Rivier bied die ideale inspirasie vir ander paartjies. Daar is iets besonders aan ʼn lopende rivier wat deel van ʼn fotosessie uitmaak – die manier waarop die water agter vloei en die paartjie die volle fokus is.

Rol af om meer van Charné en Ruan se pragtige fotosessie te sien!

Die eerste ontmoeting:


Dertien jaar terug het ons deur ʼn vriend ontmoet. Ons het wel nie daarna kontak behou nie, want ons verskil 9 jaar, ek was toe 13 jaar oud, so dinge sou nie toe uit gewerk het nie. Einde 2023 het ons paaie weer gekruis, en kort daarna, in Februarie 2024, het Ruan my uitgevra. Ons is nou al vir 10 maande in ʼn verhouding.

Gunsteling eienskappe van mekaar:


Ruan se gunsteling eienskappe van Charné is haar goeie waardes, sterk persoonlikheid en dat sy baie liefdevol is.

Charné se gunsteling eienskappe van Ruan is dat hy hardwerkend is, hy’s eerlik en ook sy geduld “veral met my”.

Drome as paartjie:


Ons wil graag in die toekoms trou en Kaap toe trek, ons voete vind en kort daarna ons gesin begin.

Dinge wat die paartjie hou van om saam te doen:


Ons hou daarvan om saam kos te maak, saam te stap (oefen) en ook saam ʼn lekker middag slapie te vat.

Rede vir die fotosessie:


Ons wou hierdie foto sessie doen om ʼn paar mooi fotos vas te vang wat ons liefde vir mekaar uitbeeld, asook vir ʼn paar nuwe fotos vir die huis.

Inspirasie agter die fotosessie:


Ons wou graag ʼn unieke fotosessie gehad het waar ons onsself kon geniet en ons fotograaf het ʼn rivier voorgestel en ons het haar 100% vertrou met die keuse van die plek. Dit het uitgedraai in ʼn baie lekker fotosessie.

Visie vir ʼn romantiese afspraak:


Ruan: Ek sien n romantiese afspraak as ʼn “date” bo in die berg waar ek en Charné met my 4×4 op ry met ʼn piekniekmandjie en ʼn bottel wyn, net die 2 van ons waar ons alleen kan tyd saam spandeer.

Charné: Ek sien ʼn romantiese afspraak as enige iets wat ons twee alleen kan saam doen. Ruan se idee is eintlik perfek. As ek ʼn ander voorbeeld moet gee sal dit ʼn ete wees wat Ruan vir my maak, by die huis met kersies en ʼn glas wyn.


    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: