Kai & Hannah se Rustieke Troue buite Montagu

Kai en Hannah se rustieke troue buite Montagu bied tonne inspirasie vir paartjies wat op soek is na ʼn troudag wat Karoo-, klassieke en rustieke elemente kombineer, alles in een prentjiemooi dag. Die paartjie het ʼn pragtige, plat-op-die-aarde, intieme troue gevier by die prentjiemooi 360on62 Farm Cottages and Weddings.

360on62 Farm Cottages and Weddings is die droom trou plek vir enige paartjie wat van ʼn idilliese plaastroue droom. Hannah en Kai het ʼn pragtige buitelug-seremonie gehad, omring deur fynbos en die skilderagtige Karoo vlaktes. Hulle het selfs ʼn oulike viervoetige ringdraer gehad, saam met ander troeteldiere as gaste, wat die dag net nóg meer spesiaal gemaak het.

Mighty Fine Weddings het elke oomblik van die paartjie se troue in pragtige foto’s vasgevang. Elke sekonde is gedokumenteer in foto en video, wat hulle ʼn skatkis vol kosbare herinneringe vir die toekoms gee.

Die skilderagtige landskappe en berge het die perfekte agtergrond vir die paartjie se trou foto’s gebied. Ons was absoluut verlief op hul onthaal. 360on62 Farm Cottages and Weddings se onthaal lokaal is uniek en straal ʼn warm, plattelandse verwelkoming uit, soos duidelik gesien kan word in die foto’s.

Ronde houttafels met verskillende stoele het die onthaal styl beklemtoon. Pragtige vintage kandelare en glasware het die tafels versier. Die kandelare en kerse het ʼn gesellige, romantiese atmosfeer geskep. Elke gaste tafel het sy eie koek gehad, wat ons absoluut oulik gevind het. Die venue het ook verseker dat die gaste heerlike kos en gerieflike verblyf geniet.

Rol af om meer te lees oor die paartjie se liefdesreis en om die pragtige foto’s wat deur Mighty Fine Weddings geneem is, te geniet.

Trourok:


Maande voor ons verloof geraak het, het ek ʼn pragtige rok op Facebook Marketplace gesien—ontspanne, boheems, en presies wat ek in gedagte gehad het. Ek het dit vir later gestoor, en toe ons verloof geraak het, was dit steeds beskikbaar. Dit was die eerste trourok wat ek ooit aangehad het, en dit het soos ʼn handskoen gepas! Hoewel ek nog ander rokke probeer het, kon niks met hierdie een vergelyk nie.

Ons het saam met die oorspronklike ontwerper, Olga Maré, gewerk om die rok uniek te maak. Ek het ekstra materiaal by die romp en sluier gevoeg vir ʼn pragtige beweging, en ʼn gordel het alles perfek saamgebind.

My rok was ʼn meesterstuk met fyn kralewerk op die lyfie en ʼn tule-romp met sagte lae. Die sluier het elegant in die wind gewapper, en ek kon selfs die rok verander van ʼn stywe na ʼn voller romp, met spaghetti-bandjies wat in tule-moue verander het, en mouloos geraak het soos die aand gevorder het.

Die rok was perfek vir ons seremonie op ʼn heuwel omring deur fynbos en blomme. Gaste kon nie ophou sê hoe goed dit my gepas het nie. Ek het met die sluier en tule-romp afgestap en ook my eerste dans met my pa gedoen. Toe dit tyd was vir Kai en my se dans, het ek hom verras deur vinnig my moue, sluier en romp af te haal en terug te kom in ʼn meer sexy weergawe van die rok. Hy was geskok en het tegelykertyd gebloos en gelag!

Verloof- en Trouringe:


Ek was nog altyd lief vir vintage, gedetailleerde styl ringe, en dit was wonderlik van hom om te luister elke keer as ek daaroor gepraat het.

Hy het saam met ʼn familie juwelier gewerk om ʼn ring te ontwerp wat my heeltemal my asem weggeslaan. Die steen was ʼn geskenk van sy ouers – ʼn belegging wat hulle ʼn paar jaar gelede vir hom gemaak het.

Sy ring moes sterk en manlik wees, net soos hy. Ons was mal oor hoe die bruin kleur teen sy vel vertoon het, en die unieke tekstuur het dit net meer spesiaal gemaak.

Meer oor 360on62 Farm Cottages and Weddings:


360on62 is ʼn rustige gasteplaas net buite Montagu, omring deur ruwe berge en die pragtige Karoo-veld. Hierdie plaas bied ʼn unieke ervaring vir gesinne, paartjies en groepe wat wil ontsnap en die natuur geniet. Die akkommodasie bestaan uit tien goed toegeruste selfsorg-kothuise, elk met ʼn eie hout-verhitte warmwaterbad. Die plaas kan tot 24 gaste huisves, en daar is ook talle goeie akkommodasie-opsies in die omgewing vir ekstra trougaste.

Aviary-venue is perfek vir troues en spesiale funksies, met plek vir tot 100 gaste en ʼn keuse tussen binnenshuise en buitelug-geleenthede.

Die geriewe sluit twee swembaddens, stap- en hardloop roetes, ʼn dam met kajakke, sterrekyk en voëlkyk in. Gaste kan ook gebruik maak van die gemeenskaplike braai- en pizza-areas, of in privaatheid ontspan by hul kothuis.

Vars plaasprodukte, heerlike tuisgemaakte maaltye en roomys, asook ʼn spesiale Afrika-koffiemengsel is beskikbaar vir gaste.

Of dit nou ʼn rustige wegbreek, ʼn romantiese troue of ʼn aktiewe avontuur is wat gesoek word, 360on62 is die perfekte bestemming!

Paartjie se Verlowing:


Ons het in Johannesburg grootgeword, met ons gesinne wat hegte vriende was. Kai se ouers was soos my tweede ouers. Ek onthou hoe ek gereeld by hulle oorgeslaap het en met sy ouers gesels het oor “seunskwessies.” Nooit het ek gedink dat my toekomstige man saam met my in dieselfde huis was nie!

Ons het nooit veel met mekaar gepraat nie. Ek het ʼn paar jaar gelede Kaapstad toe getrek, en ʼn jaar later het hy ook daarheen verhuis om te studeer. Hy het begin kuier saam met my suster en swaer, en so het ek hom ʼn bietjie meer gesien. Hulle het vir ʼn tyd weggegaan, en hy wou gaan stap. Sy ma het voorgestel dat hy na my uitreik, en so het hy. Ek het hom vir ʼn stappie gevat, ons het verdwaal, en daarna het ek hom ook saamgesleep na ʼn pottebakkery.

Ek was in hom geïnteresseerd, maar hy was heeltemal onbewus daarvan. Uiteindelik moes sy ma vir hom sê dat ek van hom hou, want hy het nie my ooglopende wenke opgetel nie! Hy het toe met my pa gesels en gevra of hy my mag “agtervolg.” Ons het van die begin af geweet dat ons verhouding nie sommer net vir pret was nie – ons het uitgegaan met die doel om te trou. En so het ons gemaak!

Ons eerste amptelike afspraak was by Kirstenbosch Tuine, so dit was ook waar hy my gevra het om te trou. Dit was eenvoudig en pragtig. My suster was daar om foto’s te neem. Geen groot ophef nie, net werklik – presies soos ons troue ook uiteindelik was.

Meer oor Mighty Fine Weddings


Mighty Fine Weddings is populêre trou video- en fotograwe gebaseer in Pretoria, maar wat al regoor Suid-Afrika paartjies se liefdesverhale vasgevang het.  Mighty Fine Weddings, vang nie net hierdie oomblikke nie; hul vestig dié oomblikke saam met jul.  Hul passie vir troues inspireer hulle om die ekstra myl te loop, en hul sorgvuldige aandag waarborg ʼn gladde, stresvrye ervaring op julle spesiale dag.

Trou Dekor en Styl:


Ek wou geen fieterjasies hê nie. Met twee ouer susters het ek al die troubeplanning saam met hulle deurgemaak. Blomme, tafel dekking en ander besonderhede het my nie veel gepla nie. Al wat ek wou hê, was om in ʼn pragtige rok met my man te trou en die oomblik met die belangrikste mense in ons lewe te deel.

Al ons gaste was goeie vriende, en almal was so opgewonde om mekaar te sien dat die meeste van hulle twee dae vroeër opgedaag het. Dit het uiteindelik ʼn viering en reünie van ou vriende geword.

Van die begin af het ons verhouding gefokus op Jesus se liefde vir ons, en ons wou hê dit moes eenvoudig wees. Geen bohaai, geen godsdienstige bagasie of reëls nie, net ʼn suiwer, onvoorwaardelike liefde. Anders as wat die wêreld soms dink dit moet wees. Ons troue moes ook dit weerspieël – ʼn eenvoudige liefde, nie ʼn vertoning nie, maar plain en eenvoudig pragtig! Die beplanning het rondom hierdie gedagte ontwikkel.

Ek het die kleure gekies om die fynbos te komplimenteer – wynrooi, groen, goud en bruin. Ons het oulike, unieke dekor gebruik vir die tafels, en niks was dieselfde nie. In plaas van een groot koek wat gesny word, het ons besluit om op elke tafel ʼn ander geur kaaskoek te plaas, wat die gaste aangemoedig het om by ander tafels te kuier en ʼn lepel vol van die verskillende geure te proe. Dit was so lekker en het almal laat gesels en kuier.

Seremonie:

Die seremonie het plaasgevind op ʼn koppie, in die middel van die fynbos by ʼn oulike wit prieel. Dit was nie eintlik bedoel as die seremonie plek nie, en die venue was verbaas dat ons dit daar wou hou, maar dit was perfek en het nie so “opgevoer” gevoel nie.

Ek het afgestap van die wittebroodsuite, wat teen die heuwel af was – ʼn loop van omtrent drie minute. Die gaste en my man het die hele tyd gekyk hoe ek die pad afstap, wat vir almal meer tyd gegee het om die oomblik werklik in te neem. Die berge het as die pragtige agtergrond gedien, en my hond en sy doggy cousins het opgewonde voor ons uitgehardloop met kranse om hul nekke, terwyl hulle uitbundig geblaf het.

Al ons gaste het tydens die seremonie na ons opgekyk, wat dit nog meer spesiaal gemaak het. My hond was die ringdraer, en hy het die taak uitstekend verrig.

Trou Begroting en Beplanning:


Ons het ʼn intieme troue met 45 gaste gehad en ʼn begroting van R140 000 gehad. Ons het vir 7 maande aan die troue beplan en dit as ʼn selfdoen troue aangepak.


    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: