Jadyn & Lauren se Pragtige Verlowings Fotosessie in die Natuur

Jadyn en Lauren se pragtige verlowings fotosessie in die natuur is ongelooflik mooi. Die paartjie se swart uitrustings skep ʼn treffende kontras teenoor die bruin en groen skakerings van die natuurlike agtergrond.

Dit is duidelik dat die paartjie baie pret gehad het tydens hul verlowings fotosessie. Daar was selfs ystee, oliebolle (beter bekend as doughnuts), en eksentrieke sonbrille wat deel was van die sessie! Dis altyd ʼn slim idee om speelse aktiwiteite of items in ʼn verlowings fotosessie in te sluit, aangesien dit ʼn prettige atmosfeer skep en die foto’s meer spontaan laat lyk.

ʼn Verlowings fotosessie is ʼn baie belangrike geleentheid vir paartjies. Dit help nie net om hulle meer selfvertroue voor die kamera te gee nie, maar bied ook die kans om met hul trou fotograaf saam te werk en ʼn beter verhouding met hom of haar te bou.

Lauren en Jadyn se verlowings foto’s is werklik asemrowend. Die sagte oranje sonlig skep ʼn romantiese atmosfeer wat perfek by die prentjiemooi omgewing pas. Met die rivier op die agtergrond en die paartjie wat kaalvoet stap, is dit ʼn idilliese foto – ideaal vir ʼn trou-uitnodiging of ʼn foto-album.

Beplan julle ʼn troue? Besoek Mooi Troues se aanlyn trougids vir wonderlike diensverskaffers vir jul troudag. Só kan julle stresvrye troubeplanning hê en die meeste van julle trou diensverskaffers op een plek vind.

Rol af om meer te lees oor die paartjie se liefdesreis en om hul pragtige verlowingsfotosessie te sien.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Ons het ontmoet toe ek (Lauren) en ʼn vriendin ʼn fliek gaan kyk het by Monte Casino. Die teater was leeg en jy kon jou eie sitplekke kies. Toe kom sit hy (Jadyn) sommer by ons. Na die fliek het ons ʼn bietjie rondgeloop en gesels. Toe ons in die kar klim om huis toe te ry, toe sê ek vir my vriendin, “Hierdie man is my soulmate en ek gaan een dag met hom trou.”

Ons was vir drie jaar saam toe hy my gevra het om te trou.

Die groot vraag:


Jadyn het my gevra om te trou op ons drie jaar herdenking. Hy het die hele dag uit beplan. Hy het my na die Monte Casino Bird Park toe gevat, dit is ook waar ons, ons eerste amptelike afspraak gehad het. Ons het die hele oggend daar spandeer. Hy het my ook daardie aand gevat vir aandete, waar hy my gevra het om te trou. Alles was vir my n groot verassing, maar my familie en vriende het almal daarvan geweet!

Hoekom ons mekaar liefhet:


Jadyn: Ek is verlief op hoe veel passie en liefde sy het vir die dinge waarvoor sy lief is. Sy maak my ʼn beter persoon. Sy is lief vir almal om haar en dit inspireer my. Lauren is beeldskoon, en daar is net te veel om hier te lys.

Lauren: Ek is verlief op sy eerlikheid en sy vermoë om in enige situasie sonder verskoning homself te wees. Hy is só gemotiveerd en hy het ʼn dryfkrag wat ek so bewonder. Hy is so talentvol en altyd bereid om te help. Jadyn is snaaks sonder om te probeer en laat my altyd lag, en dit is ʼn bonus dat hy ook verskriklik aantreklik is.

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


Ons is in 2023 verloof en ons trou volgende jaar 25 Julie. Ons is baie opgewonde en is baie hard aan die beplan.

Die verloofring:


Die ring het ʼn roosgoud band met ʼn morganiet as die hoof met moissaniet aan die kante. Twee maande voordat hy my gevra het om te trou, het hy die ring gevind. Hy het presies geweet wat ek wou gehad het. Hy het na die winkel toe gegaan waar hy dit gesien het, maar die ring was uitverkoop. Hulle het hom vertel dat daar een oor is in die land, maar baie ver van waar ons bly. Toe hy daar aankom was die ring in my grote! Dit was ʼn wonderwerk.

Rede vir die verlowing fotosessie:


Ons wou nog altyd ʼn verlowings fotosessie doen. Ek wou eerstens sien hoe die grimering vir die dag sou lyk op foto’s, en dan ook om ons fotograaf beter te leer ken. Ons gaan ook die foto’s gebruik vir ons trou uitnodigings.

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


Ons is mal oor die natuur, en toe ons fotograaf hierdie venue voorstel, het ons dadelik geweet dis waar ons dit moet hê. Taroko Trail Park het regtig die beste mengsel gehad van alles waarna ons gesoek het. Ek was veral baie opgewonde om op ʼn warm somersdag in die waterstrome te speel.

Ons inspirasie het gekom daarvan om ons persoonlikhede en ons liefde vir mekaar ten toon te stel, of dit nou speels of ernstig is. Ons fotograaf het ons persoonlikhede perfek vasgevang.


    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: