Jaco en Chelsea se Gesofistikeerde Stellenbosch Wynlandgoed Troue was ʼn onvergeetlike gebeurtenis vol romanse wat ons graag met julle deel. Hul troue is deurspek met inspirasie vir paartjies wat droom van ʼn skoon en tydlose trou styl wat nie net op huidige tendense staatmaak nie.
Die paartjie het hul troubeloftes voor al hul geliefdes gedeel onder ʼn majestueuse ou boom. Die Stellenbosch Wynlandgoed se herehuis, met sy ryk erfenis, het die klassieke en elegante atmosfeer versterk wat Jaco en Chelsea vir hul troue begeer het.
Hulle het ʼn dekor styl gekies wat hulle oor 30 jaar nog steeds sal bewonder. Drie lang tafels is bedek met wit linne tafeldoeke wat tot op die grond gehang het, wat bygedra het tot die luuksheid van die geleentheid. Baie wit kerse op die tafels het ʼn romantiese atmosfeer geskep, terwyl die kerslig weerkaats het vanaf die elegante glas onderborde en silwer eetgerei. Die pragtige wit blomrangskikkings met subtiele groen aksente het ʼn rustige atmosfeer geskep sonder om te oorheers.
Die dak van die venue was versier met draperings en feetjie liggies, wat al die dekor-elemente harmonieus saamgebind het.
Chelsea het asemrowend gelyk in ʼn A-lyn trourok wat haar perfek gepas het, gemaak van tekstuur materiaal met ʼn subtiele illusie-neklyn. Haar lang sluier het haar voorkoms stylvol afgerond en die aandag van almal vasgevang. Jaco het haar voorkoms perfek aangevul met ʼn stylvolle groen pak en ʼn strikdas wat sy uitrusting ʼn speelse afronding gegee het.
Is jy besig om jou droomtroue te beplan? Besoek asseblief Mooi Troues se trougids vir professionele diensverskaffers.
Rol af en lees meer oor Jaco en Chelsea se liefdesreis, en geniet hul trou foto’s.
Trourok:
Van kleins af het ek nog altyd geweet dat ek ʼn A-lyn rok wou dra omdat dit my figuur die meeste vlei. Ek het ook hierdie idee gehad dat ek ʼn mooi mou wou hê as deel van my trourok. Ek wou ook ʼn eenvoudige materiaal hê in Ivoor – nie enige kralewerk of kant nie omdat dit nie my styl is nie.
By elke boetiek waar ek was het ek van een rok gehou, maar ek het aanhou kyk omdat ek die tipe persoon is wat alles wil sien wat beskikbaar is en dan ʼn finale besluit neem. Ek wou ook ʼn rok hê met ʼn lang sleep en ʼn katedraal veil om met dit gaan. Ek was heel laaste by Blanco Bridal, en toe hul hierdie rok uitbring in Ivoor, die reguit neklyn met ʼn bietjie net voor wat ʼn illusie neklyn gee met hierdie interessante embossed materiaal, het ek gewéét dis my rok. Dit het ook gepas soos ʼn handskoen en ek het die ‘gevoel’ gekry nadat ek emosioneel geraak het daarin. Dit sal altyd die mooiste rok in die wêreld bly vir my.
Paartjie se Verlowing:
Ons het ons twee jaar herdenking gevier by La Ferme in Franschhoek. Jaco het alles beplan en dit was baie intiem – geen familie of fotograaf nie. Ons het gegaan vir middagete en net voordat ons voorgereg gekom het, het Jaco my gevra om te gaan stap en fotos neem. Jaco was baie senuweeagtig en ek kon dit aanvoel. Hy het my toe gevra om fotos te neem van hom voor die berge en elke keer gesê ek moet van nader neem. Ek het aanhou nader stap aan hom en toe ek voor hom staan, toe gaan hy af op sy knie en vra my om te trou. In alle eerlikheid kan ek nie onthou wat hy gesê het nie, maar die trane het gevloei en ek het “Ja” gesê.
Verloof- en Trouringe:
My ring is ʼn 1kt Ovaal diamant op n 14ct geelgoud pant. My troupant is nege kleiner diamante wat rondom my verloofring sit – amper soos ʼn konstellasie sterre rondom die son.
Jaco se ring het hy self ontwerp. Dit het ʼn ‘tou’ ontwerp op dit en is in 9ct geelgoud gegiet.
Trou Dekor en Styl:
Die ding wat ek heeltyd gesê het was “As ek 30 jaar van nou terugkyk, gaan dit steeds mooi wees vir my.” en dit het baie van my besluite ingelig. Ek hou van ʼn klassieke, elegante en ‘skoon’ troue. Al my blomme was wit, en ek het wit kerse gehad en wit linne met die natuurlike groen van die blomme. Ek het ook hassleback stoele ingehuur wat mooi by die venue en my styl gepas het. Die plafon het feetjie liggies en drapering gehad om dit bietjie sagter te maak.
Trou Begroting en Beplanning:
Ons het 110 gaste genooi en ons trou begroting is R500 000. Ons het ongeveer ‘n jaar aan die troue beplan om seker te maak dat alles presies reg is en perfek by ons visie pas.
- Fotograaf: Miriek Photography | Kontak
- Venue: Nooitgedacht Wine Estate | Kontak
- Blomme: FAB Florals & Events | Kontak
- Bruidegom-pak: The Tux Tailor | Kontak
- Dekor: FAB Florals & Events| Kontak
- Grimering: Marnel Toerien| Kontak
- Hare: Marnel Toerien| Kontak
- Huwelik kontrak: F.A Hanekom Attorneys| Kontak
- Huweliksbevestiger: Ds Marius| Kontak
- Juweliersware: Fynbos Wedding Shoppe| Kontak
- Kinderoppasser: Winelands Nannies | Kontak
- Koördineerder: Trunk Events| Kontak
- Kroegdiens: Nooitgedacht Wine Estate| Kontak
- Platejoggie: DJ Pepe| Kontak
- Paartjie se verblyf: Nooitgedacht Wine Estate| Kontak
- Strooijonkers bykomstighede: The Tux Tailor| Kontak
- Skoene: Veil Bridal Couture| Kontak
- Spyseniering: Nooitgedacht Wine Estate| Kontak
- Strooimeisie-rokke: Lara Louise Designs| Kontak
- Trou Skryfbehoeftes Druk: City Print | Kontak
- Trourok: Blanco Bridal Couture| Kontak
- Bruid se Trouring: Talitha Oosthuizen Designer Goldsmith| Kontak
- Bruidegom se Trouring: Talitha Oosthuizen Designer Goldsmith| Kontak
- Troukoek: Crumb Cakes| Kontak
- Wittebrood Bestemming: Mauritius
- Wittebrood Plek: Victoria Beachcomber