Victor en Duné se elegante buitelug Bosveld troue in Hoedspruit, Limpopo bied hope inspirasie vir toekomstige bruide en bruidegomme.
Vir hul seremonie het hulle ʼn prentjiemooi plek gekies. Die gaste het op lang hout bankies gesit, met wit kussings op die goue sand, omring deur die digte groenigheid van die bos. Alle aandag was op die paartjie gevestig, met ʼn groot hout struktuur versier met indrukwekkende gedroogde blomontwerpe.
Hul onthaal was besonder mooi, met ʼn binne-buite atmosfeer. Gaste het die aand onder die sterre geniet, wat ʼn romantiese en gesellige kuier saam met familie en vriende geskep het. Die dekor was ook in neutrale kleure gehou, met tafels wat liggies gedek was, en geriffelde glase met fyn goue randjies wat ʼn statige en elegante voorkoms aan die onthaal gegee het.
Kerse in hoë kandelare op die tafels, sowel as dié wat vanuit die bome en die dak van die onthaalarea gehang het, het ʼn romantiese, warm en gesellige atmosfeer geskep. Elke gas het ʼn oulike, simplistiese illustrasie gehad wat pragtig uitgestaan het teen die sand kleurige servette.
Duné het asemrowend gelyk in haar trourok, met sy fyn, pragtige detail. Ons is veral verlief op die oop skouer ontwerp en die besonderse detail aan die bors- en rugkant van haar rok. Victor se ligter uitrusting het perfek gepas by die algehele styl en ligging van die troue, met ʼn ontspanne, dog steeds semi-formele voorkoms.
Rol af om meer te lees oor Victor en Duné se elegante buitelug Bosveld troue en hul liefdesreis as paartjie.
Trourok:
My trourok is gemaak van delikate kant met ʼn pasgemaakte silhoeët, hierdie boho-geïnspireerde rok het ʼn diep V-neklyn en lae oop rug vir ʼn tikkie elegansie.
Verloof- en Trouringe:
My verloof pant is ʼn soliede geelgoud “solitaire” met n 2kt ovaal Moissaniet steen. Omring met ʼn diamant hidden-halo. My trou pant is ook soliede geelgoud met gespasieerde, bezel diamante.
Vic se trou pant is ook soliede geelgoud. Hy het sy trou pant by sy pa gekry. Sy trou pant is omtrent 4 generasies oud en is regtig ʼn sentimentele geskenk.
Paartjie se Verlowing:
Ek het saam met Vic se ma, Jeandra en sussie, Melissa vir ʼn Girl’s Weekend gegaan na Shumbalala Game Lodge in Thornybush, Hoedspruit. Ons het die oggend begin met ʼn smaaklike ontbyt wat gevolg het in n heerlike masseer sessie langs die rivierbed. Terwyl ons dames langs die swembad gebak het, het Vic reggemaak om die groot vraag te vra in die hartjie van die bos.
Ons dames het op n “Game-Drive” gegaan en gestop om ʼn glasie sjampanje te drink. Vic het toe uit die bos uit gekruip en op sy knie gegaan om my te vra om te trou. My adrenalien het my heelwat gevang omdat ek eers gedink het ʼn luiperd spring uit die bos uit. Ons het almal toe die geleentheid gevier met die sjampanje in die bos en die gesin het toe terug gery huis toe. Ek en Vic het oorgebly by die lodge die aand en het die lekkerste, luuksste 3 gang maaltyd gehad saam met ander internasionale gaste. Die gaste het saam ons gevier en die aand het toe geëindig waar ons, en die Amerikaanse gaste met ons nagereg die rugby wedstryd gekyk het en ons stories kon verruil.
Trou Dekor en Styl:
Ons het gemik vir ʼn elegante styl, wat die bos kleurskema komplimenteer. Dus was die kleurskema wit, ligbruin en swart met goue aksente. Ons het hang liggies gehad wat gespan is op die dak van die onthaal. Perfek om troue en bos saam te smelt.
Trou Begroting en Beplanning:
Met ʼn begroting van R100 000 en 60 gaste, het hierdie paartjie oor ʼn tydperk van een jaar hul droomdag beplan.
- Fotograaf: Kelly Mae Photography | Kontak
- Venue: Harvest House | Kontak
- Blomme: Droom | Kontak
- Bruidegom-pak: Woolworths
- Dekor: Droom| Kontak
- Gaste Geskenke: Palettes of Joy| Kontak
- Grimering: May’s Beauty by Monica
- Hare: Chromatics Hair Salon| Kontak
- Naels: Cuticle Canvas Nelspruit
- Huurdienste: The Venue Hire| Kontak
- Huweliksbevestiger: Leon Erasmus
- Juweliersware: Gold of Africa
- Koördineerder: Droom| Kontak
- Kroegdiens: Harvest House| Kontak
- Platejoggie: David Coetzer
- Paartjie se verblyf: Unembeza Boutique Lodge & Spa| Kontak
- Strooijonkers bykomstighede: Woolworths
- Spyseniering: Harvest House| Kontak
- Trourok: Fynbos Bridal Nelspruit| Kontak
- Bruid se Trouring: Gold of Africa
- Wittebrood Bestemming: Mozambique – Xai-Xai
- Wittebrood Plek: Chicuanga Resort lda| Kontak