Louis & Rianet se Elegante Troue in die Vrystaat

In hierdie artikel deel ons Louis en Rianet se elegante troue in die Vrystaat met Mooi Troues se lesers. Die wit-en-swart tema van hul troudag skep ’n stylvolle en elegante voorkoms wat perfek pas by hul deftige troue.

Die paartjie het by die pragtige Lavender Hill Country Estate in Bethlehem, Vrystaat, getrou. Lavender Hill Country Estate is enige paartjie se droom-trou bestemming. Met sy natuurlike skoonheid en wêreldklas fasiliteite kan paartjies eenvoudig nie verkeerd gaan nie.

Rianet het pragtig gelyk in haar trourok. Ons hou baie van die eenvoudige styl van haar rok, met die fyn detail aan die bo-kant en die mooi oop rug. Die bruid se strooimeisies was almal geklee in swart. Louis het ook baie stylvol voorgekom op hul troudag.

Gaste het smullekker vingerhappies geniet, voorberei deur Lavender Hill Country Estate, in die versorgde tuine van die venue. Daar was musiek vermaak wat die perfekte gesellige atmosfeer geskep het terwyl die paartjie besig was met hul fotosessie.

Die onthaal se lokaal, met swart-en-wit dekor-elemente, was pragtig en het perfek by die elegante styl van hul troue gepas. ’n Drie-laag troukoek met ’n eenvoudige, maar treffende voorkoms het dadelik die oog getrek langs die bruidstafel.

Die paartjie se tafel was gedek met ’n swart tafeldoek en versier met wit blomme en kerse. ’n Houtraam struktuur het die tafel mooi omraam met ’n pragtige blommerangskikking bo-op, wat die aandag op die paartjie gefokus het.

Beplan julle binnekort ’n troue? Besoek Mooi Troues se Trougids vir fantastiese diensverskaffers wat jul troubeplanning ’n stresvrye ervaring sal maak. Rol af om meer te lees oor Louis en Rianet se elegante troue in die Vrystaat en hul romantiese liefdesreis.

Paartjie se Liefdesreis:


Louis het vir Rianet om die bos gelei en seker gemaak sy vermoed niks nie. Rianet het 16 Maart 2024 ʼn netbal dag by haar skool gehad, terwyl Louis by ʼn skiet kompetisie was. Hy het die vroeër die week aan Rianet genoem dat hulle by vriende gaan braai die Saterdag, niks ongewoon vir die paartjie nie, so Rianet was heel gemaklik daarmee en stem toe in.

Die middag van die 16 Maart, het Louis aan Rianet gesê dat hulle bietjie vroeër uit Bethlehem moet ry sodat hy net ʼn draai op ʼn plaas kan gaan ry voor die braai, daar was volgens hom ʼn bobbejaan wat pla. Dit het steeds nie vir Rianet vreemd voorgekom nie, want Louis is baie lief vir jag en skiet. Met die aankoms op die plaas het die son net net begin sak. Louis het toe genoem dat hy vermoed die bobbejaan sal net hier agter die knik wees, Rianet wou niks wees van saam loop of uit die bakkie klim, omdat sy nie baie daarvan hou om te sien hoe ʼn diertjie geskiet word. Louis het toe maar besluit om die “berg” op te ry.

Met die aankoms bo, was dit weer ʼn storie om Rianet uit die bakkie te kry en moes hy vinnig plan maak, hy het toe gevra dat sy hom asseblief net moet help om sy geweer uit te haal. Rianet het op haar tyd uit die bakkie geklim min weetend dat Louis alreeds op sy knie vir haar geduldig staan en wag. Dit was die perfekte oomblik met die mooiste sonsak. Louis het toe ʼn piekniek mandjie reeds gereed gehad.

Meer oor Lavender Hill Country Estate:


Groot groen grasperke, fonteine, geurige rose, en laventel skep ʼn magiese atmosfeer teen die agtergrond van die Maluti Berge en uitgestrekte valleie. Hier begin elke sprokies verhaal. Gaste kan kies tussen die asemrowende Hillsong Kapel met sy indrukwekkende glasvensters of die intieme Birdsong Boskerkie om hulle liefde te bevestig. Elke opsie is uniek en dra by tot die betowering van die spesiale dag.

Met vier betowerende sale beskikbaar, word elke gas meegevoer na ʼn wêreld van romanse en elegansie. Die toegewyde koördineerder by Lavender Hill Country Estate is daar om julle drome te bewaarheid. Gaste word bederf met 28 individueel versierde chalets wat spesiaal ontwerp is om die dag onvergeetlik te maak. Die bruid kan haar voorberei in die stylvolle Mirabelle-kamer, terwyl die bruidegom in La Lavande ontspan met ʼn stoep en braai geriewe.

Ná die seremonie wag die weelderige Aphrodite wittebroodsuite met ʼn spa-bad en panoramiese vensters om die uitsig op te neem. Lavender Hill spog ook met selfonderhoudende krag- en waterbronne, wat dit ‘n eko-vriendelike opsie maak. Hierdie unieke toevlugsoord bied die perfekte begin vir ʼn lewe saam.  Kontak Lavender Hill Country Estate vir meer inligting.

Verloof- en Trouringe:


Soos enige dogtertjie al van kleins af droom oor haar troue en ring, het my idees en planne vir my ring soos wat ek ouer word, ook met die tyd saam verander. Ek het toe besluit op ʼn smarag snit steen met ʼn randjie wat hom mooi afrond. Die ring is geset in 18kt witgoud. Francois Grobler van Franchan Diamonds het my droom ring sowel as pant gemaak. Die troupant is eenvoudig en herhaal die verloof ring se pant.

Trou Dekor en Styl:


Ek wou nog altyd ʼn stylvol en elegante troue gehad het.

Kleurskema: Wit, swart, groen en room.

Dekor – eenvoudig maar mooi was my uitkyk wat dit aanbetref, met baie hulp en raad het ons toe besluit op swart kers staanders wat hoogte gee, elke tafel het in die middel ‘n swart staander gehad met blomme, onder die staander was daar pilaar kerse, daar was ook sakkies met blomme weerskant van die staander in die middel. Swart tafel lopers op mooi hout tafels, glas onder borde en swart servette.

Troukoek:


Ons troukoek het drie verskillende lae koek gehad (sjokolade, vanilla sowel as wortel) met wit versiersuiker ons het blomme gebruik om die koek af te rond.

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: