Wiann en Mulder se stylvolle Karoo troue is een wat jy beslis moet boekmerk vir trou inspirasie. Hierdie pragtige paartjie het die knoop deurgehaak by Sweetfontein Boutique Farm Lodge in Britstown, Noord-Kaap, wat die perfekte agtergrond was vir hul spesiale viering van liefde en elegansie.
Ons is heeltemal verlief op die paartjie se neutrale kleurskema. Wiann en Mulder het uiters stylvol gelyk in hul troupakke – een in pragtige olyfgroen en die ander in ‘n sagte sandkleur. Hierdie kombinasie het perfek gewerk vir die twee bruidegomme. Die res van die gevolg het ook die kleurskema aangevul, met die een helfte in olyfgroen en die ander helfte in sagte sand, wat alles mooi bymekaar gebring het.
Hulle het ’n pragtige seremonie gehou in Sweetfontein se oulike kapel met ’n rustieke atmosfeer. Die wit geverfde klipmure en sinkplaat dak gee die kapel ’n plaas gevoel, terwyl die elegante elemente, soos die kandelare, klein lampies en pragtige wit blomontwerpe, ’n sagte, verfynde styl bydra.
Ons is absoluut mal oor die dekor in die onthaal lokaal. Twee lang tafels het die ruimte met ’n formele elegansie gevul, en die lang wit kerse op die tafels het ’n moderne voorkoms geskep. Die feetjie liggies wat hoog uit die dak tussen die gedroogde blomontwerpe gehang het, het ’n romantiese atmosfeer toegevoeg. Proteas en rose het ’n tikkie kleur by die dekor ingebring, wat dit regtig besonders gemaak het.
Die uitgestrekte Karoo vlaktes het ‘n asemrowende agtergrond vir die paartjie se prentjiemooi trou foto’s gevorm. Rol af om meer te lees oor Wiann en Mulder se liefdesreis en om meer van hul stylvolle Karoo troue te sien.
Verloof- en Trouringe:
Beide Mulder se verloof-en troupant is by GLAMIRA (Internasionale juweliers maatskappy) bestel en laat maak. Die verloof ring is 9kt geel goud, met ʼn 0.93kt Emerald en twee 0.1kt Wit Saffiere. Sy troupant is ook 9kt geel goud met twintig (0.3kt in totaal) diamante. Die troupant het ons trou datum aan die binne kant gegraveer.
Beide Wiann se verloof-en troupant is by Browns Jewellers bestel en laat maak. Beide ringe is 9kt geel goud en die troupant het ons trou datum binne in gegraveer.
Meer oor Sweetfontein Boutique Farm Lodge:
Sweetfontein Boutique Farm Lodge, geleë in die boonste Karoo-streek langs die N10, bied ʼn idilliese venue vir ʼn romantiese Karoo troue. Die lodge se rustige en tydlose skoonheid, omring deur die pragtige krommes van rotse en berge, skep die perfekte atmosfeer vir paartjies wat ʼn natuurlike, stil en dromerige trou-ervaring soek. Elke kamer en leefruimte is met stylvolle interieur dekor versier, wat die unieke karakter van die plek beklemtoon.
Met 18 luukse suites, geriewe soos ʼn gesellige kaggel, buite braai-area, en ʼn stoep wat uitkyk oor asemrowende sonsondergange, is Sweetfontein ideaal vir ʼn intieme, maar luukse geleentheid. Die venue kan tot 250 mense akkommodeer en bied die perfekte balans van bekostigbare gerief en elegante dekor. Outentieke Karoo-geregte en vriendelike diens verseker dat elke gas ʼn onvergeetlike ervaring het, terwyl paartjies hul liefdes viering in hierdie unieke omgewing geniet.
Paartjie se Liefdesreis:
In 2020, na 6 maande se vlerksleep, het ons een naweek in die Montagu berge gaan oorslaap. Op die eerste aand het Wiann baie vreemd opgetree en sonder rede, verdwyn êrens in die huis. Toe ek my weer kon kry, is hy op een knie, met die mooiste verloof ring wat ek al in my lewe gesien het. Dit was die begin van ʼn bitter mooi verhaal, wat uiteindelik amper drie jaar later, in die mooiste troue ontaard het.
Paartjie se Uitrustings:
Beide ons trou pakke is deur ‘The Modernist Tailor Made’ ontwerp en gemaak. Ons het volle beheer gehad oor die materiaal, kleur, binnevoering en snit (slim fit) gehad. Ons het slegs twee ‘fittings’ gehad en bitter min verstellings gedurende ons finale passing.
Trou Dekor en Styl:
Ons grootste inspirasie was beslis die venue self. Sweetfontein is in die hart van die Karoo, met unieke dekor dwarsdeur. Ek en Wiann hou van ʼn meer minimalistiese gevoel, dus het ons dat die venue en omgewing, meeste van die kleur in bring. Ons het Proteas, wit rose en penny gums gebruik om die neutrale aspekte van die onthaal spasie effe te breek.
Ons kleurskema was hoofsaaklik neutrale kleure (ligte bruine, wit, olyf groen, creme ens.) Die troue self het ʼn baie formele gevoel gehad, om in kontras te treë met die unieke décor van die res van die venue self. Ons het baie klem geplaas op ʼn streng formele ‘dress code’, met net neutrale kleure wat toegelaat was. Ons wou die mooi van die Karoo beklemtoon, maar steeds die streng formeel en minimalistiese gevoel deur trek.
Trou Begroting en Beplanning:
Met ‘n trougaste lys van 69 mense en ‘n begroting van R450 000, het die paartjie omtrent ‘n volle jaar lank hul spesiale dag beplan. Hulle het gekies vir ‘n kombinasie van selfdoen en die kundige leiding van ‘n troukoördineerder by die venue, wat ‘n perfekte balans van persoonlike styl en professionele organisasie moontlik gemaak het.
- Fotograaf: Petal and Leaf Photography | Kontak
- Venue: Sweetfontein Boutique Farm Lodge | Kontak
- Blomme: Sweetfontein Boutique Farm Lodge | Kontak
- Eggenoot A – Uitrusting: The Modernist Tailor Made | Kontak
- Eggenoot B – Uitrusting: The Modernist Tailor Made| Kontak
- Dekor: Sweetfontein Boutique Farm Lodge| Kontak
- Fotohokkie: Instax SA| Kontak
- Grimering: Nicita Smit @ Reeva Bella Health & Beauty
- Huwelik kontrak: GF Pieterse, Ceronio En Derks| Kontak
- Huweliksbevestiger: Ryan Hogarth Professional Marriage Officers| Kontak
- Koördineerder: Sweetfontein Boutique Farm Lodge| Kontak
- Kroegdiens: Sweetfontein Boutique Farm Lodge| Kontak
- Musiek: Sweetfontein Boutique Farm Lodge| Kontak
- Platejoggie: Sweetfontein Boutique Farm Lodge| Kontak
- Paartjie se verblyf: Sweetfontein Boutique Farm Lodge| Kontak
- Eggenoot A – Gevolg Uitrustings: SHEIN
- Eggenoot B – Gevolg Uitrustings: Lena Lisa| Kontak
- Eggenoot A – Trouring: Glamira| Kontak
- Eggenoot B – Trouring: Browns Jewellers| Kontak
- Skoene: ALDO| Kontak
- Skryfbehoeftes: Parker Pens| Kontak
- Spyseniering: Sweetfontein Boutique Farm Lodge| Kontak
- Tafel Wyne: Diemersdal Wine Estate (Sauvignon Blanc & Pinotage)
- Vonkel Wyn: Pongracz
- Troukoek: Sweetfontein Boutique Farm Lodge| Kontak
- Videograaf: Dearest Darling Films| Kontak