Rian en Danielle se Deftige wynlandgoed troue, gehou op ʼn pragtige plaas tussen Stellenbosch en Franschhoek, is beslis ʼn geleentheid wat julle nie moet misloop nie. Die paartjie se troudag was propvol prentjie mooi juweel kleure elemente wat tonne inspirasie sal bied vir toekomstige bruidspaartjies.
Danielle het asemrowend gelyk in haar trourok. Ons is veral gaande oor die oop rug en die pragtige blompatroon op haar vloeiende rok. Haar strooimeisies het beeldskoon gelyk in hul groen uitrustings, en die diep rooi en pers ruikers het perfek by die kleurskema gepas.
Rian het self baie stylvol gelyk in sy swart pak, wit hemp en strikdas. Die strooijonkers het bypassende swart pakke gedra, maar met gewone dasse.
Die buitelug seremonie op die landgoed se versorgde grasperk was ongelooflik mooi, met majestueuse berge as agtergrond vir die paartjie se spesiale oomblik, omring deur hul familie en vriende. Ons was mal oor die welkombord met die blomme – ʼn tendens wat ons hoop om meer van te sien.
Renate en haar span van Resound Music het die gaste vermaak met pragtige musiek na die seremonie en voor die onthaal. Regstreekse musiek is altyd ʼn wenner by ʼn troue en skep ʼn wonderlike atmosfeer vir die dag.
Wow! Die onthaal lokaal was absoluut pragtig. Juweel kleure in diep skakerings van rooi, pers en groen het deur die hele dag geskyn. Die lokaal het ʼn elegante, stylvolle atmosfeer gehad, met asemrowende blom ontwerpe wat uit die balke van die dubbel volume spasie oor die tafels gehang het. Die kombinasie van reghoekige en ronde tafels het ʼn interessante visuele effek geskep waarvan ons baie hou.
Lees hieronder meer oor die paartjie se troudag en hul liefdesreis.
Trourok:
My rok is van The Wedding Boutique in Kaapstad. Hierdie rok is van kop tot tone bedek met matte, botaniese kantapplieke. Dit het ook ʼn fyn kant onderlaag wat ekstra dimensie toevoeg. Die agterkant is laag op die rug, terwyl die boonste gedeelte ʼn elegante V-hals en spaghetti-bande het. Hierdie styl is modern en romanties, met ʼn stywe silhoeët en ʼn lang trein. Die kleur is ivoor.
Verloof- en Trouringe:
Al ons ringe is gemaak deur Cape Diamonds. My verloofring het ʼn ovaalvormige diamant met ʼn skoon platinum pand. My troupand is ook van platinum met klein marquise- en ronde diamante wat alternatiewelik gerangskik is. Rian se troupand is ʼn eenvoudige witgoud ring met ʼn “brushed” afwerking.
Paartjie se Liefdesreis:
Ons het verloof geraak op 28 Desember 2022 by Dwarsberg Trout Hideaway, naby Rawsonville. Teen daardie tyd het ons al ʼn jaar saam in Nederland gewoon, maar dit was ons eerste Desember vakansie weer by die “huis.” Rawsonville is vir my baie spesiaal, want my ma kom daar vandaan en my familie het ʼn kleinhoewe met perde daar. Ek is baie lief vir die plaaslewe en diere, en ek ry self perd.
Rian, wat die eienaars van Dwarsberg Trout Hideaway ken, het iets besonders gereël. Hy het ʼn romantiese piekniek in ʼn private area vir ons georganiseer, saam met ʼn fotograaf om die oomblik vas te vang. Toe ek daar aankom, was ek oorweldig deur die pragtige omgewing en die romantiese atmosfeer—dit was die beste verrassing ooit!
Na die spesiale piekniek en verlowings-fotografie-sessie het ons na ons kleinhoewe gery, waar al ons naaste familie en vriende op ons gewag het om saam met ons te vier. Dit was ʼn onvergeetlike dag, vol liefde en vreugde, en ek kon nie gelukkiger gewees het nie.
Meer oor Resound Music:
Resound Music is ʼn boetiek musiek agentskap wat ʼn omvattende musiek platform bied vir bruide wat op soek is na diverse opsies vir regstreekse musiek, klank, beligting en platejoggies.
Hul portefeulje stel kliënte in staat om hul eie “pakket” saam te stel, wat wissel van musiek tydens die seremonie, tot canapés en die onthaal.
Trou Dekor en Styl:
Die kleurskema was juweel-kleure, wat hoofsaaklik deur die blomme en die strooimeisie se rokke uitgebeeld was. Dit was ook spesifiek die dresscode kleur vir die gaste. Ek wou graag ʼn diep en moody kleurryke kleurskema hê, aangesien ons troue in die herfs plaasgevind het. Die blomme was meestal in diep rooi, pienk en pers, terwyl die strooimeisies in emerald-groen rokke gekleed was. Die meubels vir die predrinks het ook juweel-kleur elemente bevat. Natuurlik het al die gaste ook pragtig en kleurvol gelyk.
Aangesien beide my man en ek baie lief is vir reis en tans oorsee bly, wou ek graag elemente van reis in ons troue inbring. Die spyskaarte het ʼn afdruk van Afrika en Europa gehad, ons troukoek het ook ʼn wêreldkaart daarop gehad, en die sitkaart/favors was “travel tags” wat ons vir elke gas gegee het as ʼn geskenkie.
- Fotograaf: Danelle Stofberg Photography | Kontak
- Venue: Boschendal Olive Press Venue| Kontak
- Blomme: Bouwer Flowers | Kontak
- Bruidegom-pak: The Tux Tailor Willowbridge | Kontak
- Dekor: Baie Goeters| Kontak
- Fotohokkie: Gold Otter Media| Kontak
- Gaste Geskenke: Dicky Bird Designs | Kontak
- Grimering: Efraine – Evelyn Francis| Kontak
- Hare: Diva Hairstyles| Kontak
- Huurdienste: Baie Goeters| Kontak
- Juweliersware: Hellohaai| Kontak
- Koördineerder: Strawberry Weddings and Events| Kontak
- Kroegdiens: Boschendal Olive Press Venue| Kontak
- Platejoggie: NSE Music
- Paartjie se verblyf: Boschendal| Kontak
- Skryfbehoeftes: Dicky Bird Designs | Kontak
- Spyseniering: Boschendal| Kontak
- Trourok: The Wedding Boutique| Kontak
- Bruid se Trouring: Cape Diamonds| Kontak
- Bruidegom se Trouring: Cape Diamonds| Kontak
- Troukoek: Crumb Boutique Bakery| Kontak
- Vermaak: Resound Music| Kontak
- Videograaf: Jacques Britz Films | Kontak
- Wittebrood Bestemming: Maldives
- Wittebrood Plek: VARU by Atmosphere