Dameon & Jana se Klassieke Elegansie Ontmoet Plaas Styl Troue

Dameon en Jana se klassieke troue in Darling bied die perfekte kombinasie van elegansie en plaas styl – ’n mengsel wat pragtig bymekaar kom wanneer dit reg gedoen word.

Jana het asemrowend gelyk in haar trourok met ’n simplistiese voorkoms, perfek vir die paartjie se pragtige dag. Haar sluier was versier met fyn pêrel afwerking, wat besonderse detail by haar rok gevoeg het. Dameon het stylvol gelyk in sy groen troupak – ’n unieke kleur wat besonder goed werk vir bruidegoms drag.

Ons was heeltemal verlief op Jana se verloofring en troupant. Die talentvolle juwelier, Irresistible Diamonds, het die pragtige roosgoud vintage-styl ring ontwerp en vervaardig.

By die onthaal het twee lang tafels die lokaal gevul, met die bruidstafel as middelpunt waar die paartjie apart gesit het. Wit Tiffany-stoele het ’n mooi kontras gevorm teen die houttafels, baksteen mure en donker dakbalke. Die tafels was pragtig gedek met smaraggroen skakerings en wit blomme. Kerse wat tussen die groenigheid geskitter het, het ’n romantiese atmosfeer geskep. Groenigheid bly altyd ’n uitstekende keuse vir troudekor – dit val mooi op en skep ’n sagte, elegante voorkoms.

Die paartjie se twee laag troukoek het die pêrel tema voortgedra, met delikate pêrel afwerkings wat subtiele elegansie bygevoeg het. Die mes wat gebruik is om die koek te sny, het ’n spesiale betekenis gehad, waaroor jy hieronder meer kan lees.

Jana en Dameon se troudag was gevul met pragtige herinneringe saam met hul vriende en familie. Geniet die asemrowende foto’s wat Larry September vasgevang het.

Verloof- en Trouringe:


Ek (bruid) het besluit om net my verloofring te hou aangesien dit redelik kompleks is en het gevoel ʼn pant sal afbreek doen aan die ontwerp. Ek het ʼn roosgoud ring met ʼn 0.30 karaat ovaalvormige diamant in die middel, omring met kleiner ronde diamantjies, ongeveer 0.49 karaat, in ʼn stralekrans vorm en aan die buitekant is daar ʼn verskeidenheid van ronde en diamantvormige diamante wat uitstraal na buite. Dit is ʼn moderne ring met ʼn vintage gevoel. Dameon het dit spesiaal laat ontwerp deur ʼn juwelier in Johannesburg. As ʼn mens die ring van die kant af bekyk, lyk dit amper soos ʼn protea en as mens na die geheelbeeld kyk is my ring in ʼn diamant vorm.

Die bruidegom het ʼn growwe swart tungsten ring met roosgoud aan die binnekant wat pas by my ring.

  

Meer oor Irresistible Diamonds:


Irresistible Diamonds, ’n diamanthandelaar gebaseer in Johannesburg, spesialiseer in die verskaffing van los, geslypte diamante en die ontwerp van persoonlike juweliersware. Alhoewel diamant juweliersware hul hooffokus is, skep hulle ook pragtige edelsteen juweliersware om aan verskillende kliënte voorkeure te voldoen.

Irresistible Diamonds is bekend vir hul mededingende pryse, aangesien hulle hul strategiese posisie in die waardeketting benut om waarde te bied. Hul ware krag lê egter daarin om elke kliënt se visie tot lewe te bring deur juweliersware te skep wat spesiale oomblikke in die lewe perfek aanvul.

Diamante, simbole van ewige liefde, toewyding en tydlose geskiedenis, dra ’n diepgaande sentimentele waarde. As tydlose skatte weerstaan hulle die toetse van tyd en dra hulle die intieme stories van hul draers. Elke diamant reflekteer ’n nalatenskap en word ’n gekoesterde deel van ’n paartjie se liefdesverhaal.

Irresistible Diamonds is die brug wat individue verbind met hul perfekte diamante en juweliersware, en sorg dat elke stuk ’n betekenisvolle hoofstuk in hul unieke storie word.

Trourok:


My droom was om soos ʼn pêrel te lyk wanneer ek instap by die seremonie en Ilse het net dit reg gekry met hierdie ongelooflike ontwerp.

My rok is van “crispy crepe” satyn gemaak en het ʼn nousluitende silhoeët. Die hoë neklyn word omraam deur ʼn asimmetriese drapering wat vanaf die regter skouer diagonaal oor die bolyf verloop tot in die linkersy. Vandaar sprei dit uit oor die heuplyn tot by die hoë slip. Die lae rug eggo die sagte sleep van die rok. Die klasieke lyne is ingevul met die vloeiende tekstuur van gedrapeerde satyn.

Ek het elegant en stylvol en koninklik gevoel in my unieke trourok. Dit het soos ʼn handskoen gepas. Ek was heeldag gemaklik en het nooit gevoel ek moet iets reg trek of versigtig wees nie, ek kon gemaklik rondbeweeg, sit en die belangrikste van alles, dans.

Paartjie se Verlowing:


Ons het ʼn ongelooflike spesiale verlowing gehad. Dameon het die hele verlowing, vanaf ring ontwerp, tot fotograaf, tot my uitrusting beplan en gereël vanuit Rusland.

Die ontwerper, PretPakkie, van my pakkie het my geskakel en gevra of ek asseblief vir haar model sal speel vir haar nuwe reeks wat sy uitbring. Ons het grimering en hare gereël. Natuurlik was ek bitter opgewonde oor die geleentheid. Dameon het saam gery, want ek wou nie alleen inry stad toe nie. Hy het toe die vorige dag, sonder my wete, my pakkie en sy klere by die fotograaf gaan aflaai. Ek het toe begin met my “fotosessie” en hy was “badkamer” toe. Toe ek op die balkon uitgaan, staan hy onder in ʼn mooi uitrusting, op een knie, met die mooiste ring.

Lang storie kort, dit was nie ʼn fotosessie nie, maar ons verlowing! Ek het dit glad nie verwag of sien kom nie.

Trou Dekor en Styl:


Van die begin af het ons geweet ons soek ʼn elegante, eenvoudige troue met ʼn paar spesiale elemente wat hier en daar uitstaan.

Kleurskema:

Ons kleurskema was skakerings van sage-, smaraggroen en pêrels. Aangesien sage so verskillend geïnterpreteer word, het ons besluit om onsself nie vas te maak nie en gebruik gemaak van skakerings. Ons het dus ligte sage, donker sage en smaraggroen as ons riglyne gebruik.

Die bruid se ma, pa en strooimeisies het die ligte sage kleure gedra en die bruidegom se ma, pa en strooijonkers het die smaraggroen kleure gedra. Die gaste kon enige sagte, natuurlike kleure en swart dra. Daar was ook ʼn groot element van pêrels in ons dekor en die kleur van pêrels was op ons gebruik.

Blomme:

Die blomme was wit en pink wasblommetjies, wit/groen bergbruidjies en reuse wit proteas met bloekomblare om die sage kleur deur te trek. Die tafel se dekor was eenvoudig, tog besonders en treffend. Ons het twee lang gaste tafels gehad met bloekomblare, wit wasblommetjies en bergbruidjies in die middel af. Daar was ook ronde houtborde, met kerse op, tussen die blomme en blare geplaas om die tafels. Geen tafeldoeke was gebruik nie, net die hout van die tafels met die mooiste sagte wit tiffany stoele. Ons het ʼn aparte bruid- en bruidegom tafel gehad waarop dieselfde groenigheid, blomme en kerse was, met die verskil dat daar twee reuse wit proteas by was. Ons het die mooiste boog agter ons tafel gehad wat gevul was met ons troublomme en “warmwhite fairylights”.

Gaste se geskenkies:

Ons geskenk aan die gaste, was tuis gekookte aarbeikonfyt wat as deel van die dekor op groot deurskynende onderborde met roosgoud rande gestaan het. Ons het ook roosgoud messe en vurke gehad. Binne die kapel, die proelokaal, het die stoele sage linte om gehad al langs die paadjie af. Atmosfeer was geskep deur brandende kerse, groenigheid en ʼn verskeidenheid van ons troublomme.

Trou Begroting en Beplanning:


Ons het 52 gaste na ons troue genooi en ons begroting was R130 000. Die meeste van die groot besluite is binne die eerste twee maande na ons verlowing gemaak en gefinaliseer, maar die hele beplanningsproses, van verloof raak tot trou, het oor ʼn tydperk van 8 maande gestrek. ʼn Koördineerder het die troue beplan.


    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: