Rhudi en Lerease se romantiese pastel troue in Pretoria was ʼn fees van skakerings van pienk, pers, perske, wit en geel. Hierdie paartjie se troudag het ʼn eenvoudige, maar ongelooflik stylvolle atmosfeer gehad.
Lerease se trourok was besonder stylvol. Die fyn krale-detail oor die skouers met ʼn subtiele mou het onmiddellik aandag getrek. Die rok se eenvoudige snit met verfynde detail het perfek by die bruid gepas, soos ʼn handskoen! Om haar voorkoms te vervolmaak, het sy ʼn pragtige handruiker gedra.
Na die seremonie het Akoestiek, die talentvolle bruilofsduo, die gaste vermaak met pragtige musiek. Wat kan nou mooier en meer vreugdevol wees as lieflike musiek tydens die canapés, waar gaste gesellig verkeer het voor die onthaal?
Wat die onthaal betref – wow! Ons is absoluut verlief op die paartjie se pragtige troudekor. Blomme Lief, ʼn talentvolle trou-bloemis, was verantwoordelik vir die blommerangskikkings. Die mooiste blom ontwerpe was oral te sien, van die bruid se pragtige handruiker, die bruidegom en strooijonkers se boutonnières, tot die strooimeisies se skouerruikers, die seremonie blomme en die asemrowende rangskikkings by die onthaal.
Lang houttafels het die groot onthaal ruimte gevul. Wit tafellopers en stoele het die wit tema deurgetrek en ʼn pragtige, elegante voorkoms aan die dekor gegee. Blomme in sagte pastel skakerings en lang, dun kerse het die tafels versier en ʼn unieke atmosfeer geskep.
Die paartjie se troukoek, gemaak en versier deur die uiters talentvolle LaViet Cakes, het perfek by die trou tema gepas. Die simplistiese, pragtige twee laag-koek, versier met ʼn blomme ontwerp, het die kleurskema van die onthaal volledig gekomplementeer.
Rol af om nog meer te sien van die paartjie se romantiese pastel troue. Geniet die foto’s wat deur Pioneer Studio geneem is!
Trourok:
Ek was na verskeie winkels en boetieks toe om trou rokke te gaan aanpas, ek het oor die 20 rokke aangepas waarvan ek nie die gevoel gekry het waarvan almal praat nie met een van die rokke nie. Ek het to besluit om my rok te laat maak en kon nie iemand anders vra as Engela van LillyFields Dressmaking nie.
Ons het dadelik weg gespring met waarvan ek hou en sy het my vir skets geteken. Ons het gaan materiaal soek, en ek het presies hierdie idee in my kop gehad wat ek wou gehad het, dit het baie vinnig verander toe ons so deur die materiaal winkels stap. My finale keuse van trourok was glad nie die idees wat ek gehad het toe ek begin trourokke aanpas nie.
Ek was absoluut verlief op my noupassende rok met ʼn diep V-nek en kort moue, versier met delikate krale en ʼn pragtige lae illusie-rug. Daarby was daar ʼn A-lyn oorrok wat perfek oor my noupassende rok gepas het.
Paartjie se Liefdesreis:
Dit was ʼn spesiale Kersfees winters dag in Engeland saam, geliefde familie, met die mooiste Kersfees liggies en sonsondergang. Die dag het rustig begin waar ons na Chatsworth Garden House tussen die koppies gaan besoek het. Ons het daar aangekom met die aroma van Kersfees in die lig met al die warm en soet reuke wat kon kruip tot binne in ʼn mens se hart.
Ons het begin met ʼn toer van die huis waar ons deur die die mooiste tuin gestap het met liggies en Kersliedere al om ons. My man het my gevat tot by ʼn klein stroompie, in die tuin en op sy knieë gegaan en my gevra om sy vrou te wees. Ek het van blydskap gegloei en vir hom ja gesê, waarby ons albei geweet het ons wil die res van ons lewens saam mekaar spandeer. Die res van die aand het die koue wintersnag nie meer so koud gevoel om rede ons albei geborrel het van liefde en opgewondenheid vir hierdie volgende avontuur saam in ons lewens.
Verloof- en Trouringe:
Ons het gaan ringe aanpas om idees te kry van wat ek mooi vind. Rhudi het toe inspirasie gekry en besluit om my ring self te ontwerp. Hy het vir my ʼn pasgemaakte 375 roosgoud-traanvormige ring laat maak, met fyn Swiss cubic zirconias, en ʼn roosgoud-troupant om dit te komplementeer.
Rhudi se ring het ons by Touch Wood gekoop. Dit is gemaak van tungsten en groen sandelhout.
Meer oor LaViet Cakes:
LaViet Cakes spesialiseer in professionele, pragtige en lip-lek-lekker koeke vir jou spesiale geleentheid. LaViet bied ook kolwyntjies, macarons en lekkerny tafels aan. Ons verskaf meestal ons dienste aan die Ooste van Pretoria. LaViet Cakes haal die stres uit jou beplanning uit met ons professionele aflewering en opstelling diens vir jou groot dag.
Meer oor Akoestiek:
Akoestiek is ʼn bruilofsduo uit die hartjie van Centurion, Pretoria, wat hul passie uitleef deur troufeeste in te kleur met akoestiese verwerkings en oorspronklike musiek. Hulle skep ʼn atmosfeer wat perfek pas by die geleentheid en plaas die fokus op die skoonheid van die huwelik.
Werner en Rozanne Kahts het jare gelede in die kerk-orkes ontmoet, waar hulle saam musiek begin maak het. Sedertdien stap hulle steeds die pad saam, sonder om ooit terug te kyk.
Die paartjie is in 2012 getroud en het die voorreg om ouers te wees van ʼn pragtige dogtertjie wat hulle met liefde “Pappa” en “Mamma” noem. Alhoewel hulle aanvanklik verskillende rigtings gestudeer het, het musiek hulle steeds saamgebring. Werner neem die rol van musiek vervaardiger waar, terwyl Rozanne lief is daarvoor om musiek te skryf en te komponeer.
Akoestiek bied akoestiese musiek wat spesifiek aangepas is vir troues, ideaal vir die seremonie en tydens die canapés.
Meer oor Blomme Lief:
Blomme Lief is ʼn familiebesigheid bestaande uit ʼn ma en haar twee dogters. Elkeen van ons gebruik ons talente en saam maak ons ʼn wen-span. Vir ons is blomme nie net ʼn werk nie, maar ʼn passie, daarom bring ons warmte en persoonlikheid in ons werk. Blomme Lief is ʼn dinamiese en kreatiewe onderneming wat spesialiseer in die skep van asemrowende blomme- en dekor ontwerpe vir troues en spesiale geleenthede. Dit sal vir ons ʼn voorreg wees om hierdie passie en ons liefde vir wat mooi is te gebruik om jou troue of funksie in ʼn strokiesverhaal te verander. Gee ons daardie geleentheid en ons belowe jy sal tevrede wees!
Trou Dekor en Styl:
Ons troue was ʼn fees van kleure en geure, met ʼn mengsel van pioene, rose, dahlia’s, delphiniums, limonium en leeubekkies in skakerings van pienk, pers, perske, wit en geel. Die blomme het die atmosfeer gevul met hul skoonheid en geur. Ons het die blommerangskikkings in elegante vase op houttafels geplaas, wat ʼn warm en uitnodigende atmosfeer geskep het. Tussen die blomme het hoë kerse in pastelkleure van pers, pienk, perske, groen en blou op goue kandelare gestaan, wat ʼn tikkie elegansie en hoogte aan die tafel dekking gegee het. Die tafels was gedrapeer met wit tafellopers en gedek met goue eetgerei.
My handruiker was ʼn ware meesterstuk van kleur en tekstuur! Die ruiker het bestaan uit ʼn pragtige mengsel van kleure en teksture in sagte pastel skakerings met groenigheid wat deur die hele rangskikking verweef is. Hierdie kombinasie het ʼn sagte, romantiese voorkoms geskep wat perfek gepas het by die troue se tema en atmosfeer. En ons blomme sprokies verhaal kon nie waar geword het sonder die hulp van Blomme Lief nie.
Trou Begroting en Beplanning:
Ons het self ons troue beplan en dit het oor ʼn tydperk van 14 maande gestrek. Met ʼn begroting van R200,000 het ons daarin geslaag om ʼn onvergeetlike dag vir ons 112 gaste te skep.
- Fotograaf: Pioneer Studios | Kontak
- Venue: De Harte Venue | Kontak
- Blomme: Blommelief | Kontak
- Dekor: De Harte en Selfdoen
- Fotohokkie: Lumilazer
- Grimering: Tehillah K MUA| Kontak
- Hare: Taryn | Kontak
- Huwelik kontrak: Higgs Attorneys | Kontak
- Roomys Waentjie: WhiskAway| Kontak
- Huweliksbevestiger: Lewende Woord Brummeria ( Ernie)
- Juweliersware: Lovisa
- Kroegdiens: De Harte| Kontak
- Musiek: Akoestiek| Kontak
- Platejoggie: Prelude Entertainment| Kontak
- Strooimeisie-rokke: Ciska Barnard Couture| Kontak
- Trourok: LillyField dressmaking| Kontak
- Bruid se Trouring: LA Juwellers SA
- Bruidegom se Trouring: TouchWood| Kontak
- Troukoek: LaViet Cakes| Kontak
- Videograaf: Pioneer Studios| Kontak
- Wittebrood Bestemming: Mauritius
- Wittebrood Plek: Ambre Resort| Kontak