Martin & Ellie se Liefde in die Landskap Verlowing Fotosessie

Verloofde paartjies wat romantiese inspirasie vir hul eie fotosessie in die natuur soek, sal baie hou van Martin en Ellie se pragtige landskap verlowing fotosessie!

Ellie is van Amerika, en die paartjie het Stellenbosch gekies vir sy asemrowende natuurskoon. Die romantiese toneel vir hul fotosessie is geskep met ʼn wit laken wat in ʼn oop veld hang, met berge wat majestueus in die agtergrond troon.

Hul uitrustings pas perfek by die prentjie. Martin se ligblou hemp, denims en veldskoene skep ʼn ontspanne atmosfeer, terwyl Ellie se vloeiende wit linne rok met sagte blou blompatrone ʼn romantiese element byvoeg en pure vreugde uitstraal.

Die foto’s vang nie net die pragtige landskap vas nie, maar ook die spesiale oomblikke wat Martin en Ellie vir altyd sal koester. Die fokus is op die intieme interaksies tussen die paartjie – hul lyftaal en gesigsuitdrukkings verklap die diep liefde wat hulle deel.

Besoek Mooi Troues se aanlyn trougids vir fotograwe wat julle liefdesreis kan verewig, en vind ook diensverskaffers vir jul eie troue.

Rol af en laat jouself meevoer op ʼn reis van liefde en asemrowende landskappe, soos gesien in Martin en Ellie se verlowingsfotosessie.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Ons altwee is professionele gholfspelers en ons het deur gholf ontmoet. Ons het eintlik in Japan ontmoet by die 2018 Junior World Cup. Ek, Martin, het vir Suid Afrika gespeel en Ellie het vir Kanada gespeel. Ons het 4 jaar en 2 maande uit gegaan voordat ons die 5de Januarie 2024 verloof geraak het.

Die groot vraag:


Ons het in Texas verloof geraak waar Ellie bly op die 5de Januarie. Ek het vir haar en haar familie vir Kersfees en Nuwejaar kom kuier. Ek het so paar weke voor die tyd vir haar Ma gevra om my te help met wat presies om te doen omdat ek nie rerig Texas ken nie.

Ons het toe op die ou-einde op ʼn Gondola Cruise gegaan in Irving, Texas. Dit was ongelooflik mooi gewees en ʼn sonsondergang vaart. Hulle het ʼn “Message in the bottle” opsie gehad wat ek gevat het. So paar dae voor die verlowing het ek ʼn brief geskryf vir Ellie wat hulle toe in die bottel sit. Net voor die einde van die vaart het ons gids gesê dat hy iets in die water sien. Toe gee hy vir Ellie ʼn ding om die bottel uit te haal. Toe sy die brief oop maak begin sy sommer dadelik huil en sukkel om te lees. Dit was eintlik baie snaaks, want ek wou gehad het sy moet eers die brief lees voordat ek haar vra. Uiteindelik het sy dit gelees gekry en toe gaan ek op my knie en vra vir haar of sy met my wil trou.

Haar familie het toe ʼn verrassingspartytjie vir ons reg gemaak en toe kon ons lekker feesvier saam met almal. Sy het gesê dat sy nie rerig dit verwag het nie, ons het glad nie oor dit gepraat voorheen nie, want ek wou dit altyd ʼn verassing hou vir haar. Maar sy sê dat sy agter kon kom haar ouers en familie het bietjie “anderste” opgetree soos die 5de Januarie nader gekom het.

Hoekom ons mekaar liefhet:


Ellie sê: “Ek is mal oor hoe vriendelik en saggeaard Martin is. Hy laat my heeltyd so opreg geliefd voel. Terselfdertyd kry dit altyd reg om my te laat lag en ʼn glimlag op my gesig te sit.”

Van my kant af is Ellie ʼn ongelooflike liefdevolle vrou wat só baie omgee oor elke klein dingetjie. Sy gee altyd haar beste in alles wat sy doen en sy het ʼn hart vir mense. Sy vind altyd ʼn manier om ʼn glimlag op my gesig te sit.

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


So ons trou eintlik op die 5de Januarie 2025 in die Paarl by Belair Pavilion. So dit is presies ʼn jaar nadat ons verloof geraak het.

Die verloofring:


Dit was ʼn verassing vir haar. Ek het al lank al ʼn idee gehad wat ek van hou. Ek was net nie seker oor watse kleur goud sy van hou nie. Maar darem kon haar Ma my met dit help. Ek het toe ʼn wit goud ring vir haar gekry en darem hou sy baie van dit.

Rede vir die verlowing fotosessie:


Ons albei wou die spesiale tyd van ons lewe onthou en mooi fotos hê ons terug te kyk na dit. Dit was ʼn “no brainer” vir ons.

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


Ellie is van Texas af in Amerika en dit is baie plat daar en glad nie so mooi soos wat dit in die Kaap is nie. Ons het Stellenbosch gekies vir daar rede wat die natuur is so mooi en iets wat sy glad nie ken nie. Daarom trou ons ook in Paarl, want dit is net so mooi met die berge en die natuur. Die fotograaf was die “pro” met die styl van fotos en sy het ʼn ongelooflike goeie werk gedoen.

Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :


Ons het nie rerig enige spesifieke verwagtinge of vrese nie. Ons wil net die tyd geniet en seker maak dat al die trou reëlings in plek val. Dié tyd geniet ons baie en probeer dit net een dag op n slag te vat.

Visie vir droomtroue:


Ja! Ons gaan gebruik maak van ʼn troubeplanner. Dit is ʼn op die dag beplanner. Ons droom troue gaan eintlik net meer oor wie daar is op die trou dag. Dit is ʼn ongelooflike voorreg en spesiale dag en ons wil die dag saam met die mense wat in ons lewens is geniet. Ons altwee wil baie dans op ons troue en ons wil beslis die Amerikaners leer hoe om te sokkie. Ons trou by Belair Pavilion in die Paarl en dit is rerig ongelooflik mooi met ʼn mooi berg uitsig. Die troue gaan nie so groot wees nie, ons verwag so 85 mense in totaal, maar almal wie ons daar wil hê kan darem kom. Ons sien vreeslik uit vir die groot dag en die belofte wat ons aanmekaar en die Here gaan maak.


    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: