Sangria Sonsak: Trou Inspirasie in Limpopo met Lewendige Kleure

Met groot opgewondenheid deel ons hierdie pragtige “Sangria Sonsak” trou inspirasie met lewendige kleure by Mooiplaas in Limpopo met Mooi Troues se lesers. Hierdie gestileerde fotosessie is gevul met die rykste kleure, soos dié van ‘n Mediterreense somer sonsondergang. Dit is ‘n skouspel van kleure wat perfek aansluit by hierdie asemrowende trou venue.

ʼn Sangria-drankie word gekenmerk deur diep rooi en oranje skakerings, wat perfek saamgevoeg is in die kleurskema van hierdie fotosessie. Ons hou baie van die insluiting van rottang-elemente wat die warm, verwelkomende atmosfeer verder beklemtoon. Die kombinasie van die donker rooie, pienke, oranje en tikkies geel bring ‘n feestelike kleurskouspel vir die oog wat harmonieus saamwerk.

Die uitbarsting van kleure in die pragtige blomontwerpe, gekombineer met die kleurvolle vrugte op die tafel, skep ‘n lewendige en speelse prentjie. Goue eetgerei, saam met kerse en pragtige glasware, asook die tafeldoek, gee die tafel dekking ‘n elegante en moderne voorkoms.

Die model het beeldskoon gelyk in ‘n simplistiese, vloeiende trourok. Haar voorkoms is perfek afgerond met ‘n rooi lipstiffie en ‘n groot, pragtige handruiker. Mooiplaas se terracotta-kleur trappe het perfek by die tema van die fotosessie ingepas.

Mooiplaas is geleë tussen die Waterberge in die Bela-Bela omgewing van Limpopo, en bied ‘n idilliese agtergrond vir ‘n trou-inspirasie fotosessie soos dié een wat ons nou publiseer. Die venue se pragtige argitektuur, beeldskone trou-omgewing en asemrowende landskappe het die perfekte agtergrond vir hierdie besonderse fotosessie geskep.

Rol af en geniet die asemrowende foto’s geneem deur Gene Photography.

Wie het die fotosessie gereël?


Mooiplaas Wedding Venue het die fotosessie gereël as deel van hulle nuwe 2026 pakket.

Inspirasie agter die fotosessie:


Die inspirasie van die fotosessie was om ʼn kleurskema van pienk, rooi en oranje te kies om ʼn lewendige en energieke atmosfeer te skep. Die moderne en kreatiewe effek skep ook ʼn gevoel van warmte, passie, romanse, maar dit is ook speels en dinamies. Ons het ook die fotosessie beplan om ook aan ander diensverskaffers die bemarking geleentheid te bied om te verskyn in ons pakket om aan nuwe bruide ʼn gemaklikheid te skep om hul besonderhede of werk te sien om hulle te kan kontak.

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Die idee was om ʼn span te kies van plaaslike diensverskaffers en jong opkomende talent! Ons wil die proses vir bruide makliker maak, asook ondersteun dit ons gemeenskap en bied ʼn kostedoeltreffende oplossing. Die span was ook opgestel deur individue wat passievol en kreatief is wat inpas by ons energieke tema, hulle sê nooit nee vir ʼn uitdaging of unieke idee nie.

Agter die skerms van die fotosessie:


Die gestileerde fotosessie het alles harmonieus saamgewerk en dit het gelei tot ons perfekte resultaat. Daar was ʼn gevoel van samewerking en almal het mekaar aangevul waar kritiek gelewer was en kreatiewe idees wat uitgeleef. Ons het ook inteendeel ʼn bykomende diensverskaffer bygekry wat juwele vir ons fotosessie gelewer het en dit het ook perfek by die tema aangesluit.

Merkwaardigste deel van die fotosessie:


Dit was vir my merkwaardig en inspirerend om saam te werk met ʼn span mense wat elkeen op hul unieke manier bygedra het. Alhoewel hulle van verskillende plekke, agtergronde, werksvelde en ouderdomme afkomstig was, het almal saamgewerk om die spesifieke taak af te handel met grasie. Dit was ongelooflik om te sien hoe elkeen hul passie uitleef om die dag onvergeetlik te maak, nie net vir ons nie, maar eendag ook vir iemand se werklike troudag.

Dekor:


Die verskillende elemente van die blomme en vrugte, tot die beligting en natuurlike teksture is sorgvuldig gekies om ʼn warmte, gesellige en uitnodigende atmosfeer te skep. Kombinasie van helder kleure en aardse elemente gee die gevoel van ʼn Mediterreense somer sonsondergang wat presies ooreenstem met die tema “Sangria Sunset”. Die vrugte en kleure is ook speels en word destyds gebruik as ʼn nuwe neiging.

Kleurskema:


Die kleurskema was gekies deur die tipe vrugte wat ons wou gebruik het. Vrugte soos suurlemoene, lemoene, pomelo’s word dikwels in ʼn Sangria gebruik of dien as ʼn versiering vir ʼn drankie! Die idee was om ʼn romantiese en warm effek te skep. Die ander vrugte soos waatlemoene, bessies en perskes is ook ʼn gevoel van somer, varsheid, en ontspanning. Al die blomme en kleure was om dit gekies om te pas by die tema.

Venue en Ligging:


Die Venue was gekies, omrede die Venue die sessie bymekaar gesit het, maar asook het die Venue se pragtige skoonheid, natuur, rooi trappe, en die energieke gevoel bygedra tot die sukses van die tema en fotosessie.

Advies aan toekomstige paartjies wat troue beplan:


  1. Speel met kleure, maar hou dit ook gebalanseerd. Kies ʼn spesifieke kleurskema wat helder en lewendig is soos skakerings van rooi, pienk, oranje en geel. Hou jou agtergrond neutraal soos linne, tafels, stoele, om die kleure te laat uit staan.
  2. Gebruik vrugte as dekor soos lemoene, suurlemoene, pomelo’s, vye of granaat. Plaas die vrugte op jou borde, of as deel van die blomrangskikkings in die middel van die tafels. Sny sommige vrugte ook oop om die natuurlike kleure en patrone sigbaar te maak.
  3. Kies groot, oorvloedige blomrangskikkings wat lyk asof dit natuurlik gepluk is en meng verskillende kleure saam. Maak die blomme ook verskillende hoogtes vir ʼn dinamiese en moderne voorkoms.
  4. Hou jou dekor en linne minimalisties en neutraal en bring in natuurlike teksture soos rottang, riet of geweefde onderborde. Jy kan ook nooit verkeerd gaan met elegante kershouers of mooi glasware nie.
  5. Warm beligting is ook belangrik soos kerse, of “warm white” liggies.
  6. Werk saam met ʼn bloemis wat jy al gesien het die tipe kleurskema doen om jou te help met die spesifieke visie.
  7. Jy kan jou skryfbehoeftes ook helder en energiek maak, jy kan altyd mooi linte om die glase/vrugte draai met naamkaartjies op die onderborde of aan die glase.

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: