Jean-Henri en Marli se romantiese troue in Limpopo was ʼn pragtige dag, vol met soveel besonderse elemente. Die paartjie het hul geloftes afgelê by die skilderagtige Monte Christo Wedding Venue in die Haenertsburg-omgewing. Met ʼn asemrowende agtergrond van forel damme, dennebome, en die majestueuse Wolkberg-bergreeks, is dit die perfekte plek vir enige paartjie se droomtroue.
Marli se asemrowende trouring is ontwerp en vervaardig deur de Wet Jewellers, wat bekend is vir hul vakmanskap en die skep van trouringe van die hoogste gehalte. Haar trouring, gemaak van pragtige sagte roosgoud en versier met sewe klein moissaniet-diamante bo-op, was eenvoudig maar uiters elegant. Dit is ʼn ontwerp waarvan ons absoluut hou.
Jean-Henri se neutrale trou-uitrusting, met aardse kleur tone, het perfek ingeskakel by die tema van hul dag. Marli het beeldskoon gelyk in haar trourok, met oop skouers en rug, en fyn besonderhede oor die vloeiende materiaal—ʼn rok wat beslis indruk gemaak het.
Die buitelug seremonie het plaasgevind op die grasperk langs die dam, omring deur die welige groenigheid van die natuur. Dit was die ideale plek waar gaste nie net die spesiale oomblik kon beleef nie, maar ook kon koester in die natuurlike skoonheid van die omgewing.
By die onthaal het die rustieke elemente perfek saamgesmelt met moderne detail, soos die stylvolle wit stoele. Hout tafels was versier met subtiele groenigheid en enkele kleurvolle blomstingels—ʼn asemrowende prentjie wat gaste laat voel het asof hulle deur ʼn blomtuin wandel. Die verskillende skakerings van groenigheid op die tafels het die paartjie se bos-tema vir hul troudag pragtig na vore gebring.
Rol af om meer te lees oor Jean-Henri en Marli se romantiese troue en hulle liefdesreis as paartjie.
Meer oor de Wet Jewellers:
de Wet Jewellers spesialiseer in die ontwerp en vervaardiging van topgehalte verloofringe, trouringe en juweliersware, met ʼn fokus op vakmanskap en kwaliteit. Hulle bied beide pasgemaakte en klaargemaakte opsies vir verloofringe, trouringe en ander juwele. de Wet Jewellers is ook kundiges in die hermodellering van erfstukke en juweliersware wat nie meer gedra word nie, en beskik oor ʼn verskeidenheid van meer as 150 style mans trouringe, beskikbaar in silwer, goud, titanium en tungsten.
Die winkel het ʼn uitgebreide reeks pêrels, met dienste vir herstring, asook gravering. Hulle herstel en versorg alle egte juwele deur skoonmaak, polering en die verskaffing van waardasie sertifikate vir assuransie doeleindes.
As verskaffers van natuurlike diamante, laboratorium-gekweekte diamante, moissaniet en ander edelstene, bied hulle klante ʼn wye verskeidenheid keuses. Geleë in Centurion Mall, hou de Wet Jewellers ʼn groot voorraad vir onmiddellike aankoop.
Paartjie se Liefdesreis:
Ons het verloof geraak op die 1ste Julie 2023 by die asemrowende Dunkeld Country Estate in Dullstroom. Daar was vir ons ʼn piekniek gereël langs een van die Forel damme en daar het Jean-Henri die groot vraag gevra. Dit was prentjie mooi gewees.
Trourok:
My trourok was ʼn A-lyn styl rok wat perfek werk vir bruide wat op soek is na ʼn silhoeët wat hul natuurlike skoonheid vlei en komplementeer. Die rok is ʼn ligte blos ondertoon met verspreide ivoor kant. Sy het ʼn pragtige sleutelgat-rugkant met skoen-bandjies oor die skouers. Die bokant van die rok is ʼn V-nek snit vir beklemtoning. Die rok is sprokiesagtig en het my soos ʼn prinses laat voel.
Verloof- en Trouringe:
Marli se verloofring is ʼn eenvoudige roosgoud pant met ʼn 1 karaat ovaal moissaniet diamant wat gelig is vir beklemtoning. Die troupand is ook vanuit roosgoud gemaak met sewe klein moissaniet diamante wat aan die bo kant van die pant vertoon. Beide die verloofring en troupand is simplisties maar baie elegant.
Jean-Henri se troupand is ʼn goue Tungsten troupand, omdat dit ʼn duursame materiaal is vir mans.
Meer oor Monte Christo Wedding Venue:
Monte Christo Wedding Venue is enig in sy soort, met ʼn prentjie mooi agtergrond van die forel damme, dennebome en die Wolkberg-bergreeks sal jy nie beter kry nie. Met uitbundige tuine vol kersiebloeisel en asaleas bied Monte Christo ʼn omgewing wat spesialiseer in troues!
Die stylvolle trou venue was eers die plaas eienaars se huis wat hulle in 1994 gebou het, in 2011 was die familie se pragtige huis verwoes deur ʼn vuur wat in die oggend ure ontstaan het. Dié huis was in 2016 herbou en is omskep in ʼn wonderlike trou en funksie lokaal. Die eienaars se dogter was die eerstes wat by die trou venue getrou het in 2019.
Dié trou venue in Limpopo kan ʼn minimum van 30, tot ʼn maksimum van 120 gaste akkommodeer. Monte Christo bied bekostigbare trou pakkette aan en daar is ook ʼn opsie om van hulle binne huis trou-koördineerder gebruik te maak. Hulle bekwame personeel is bereid om die ekstra myl te gaan sodat jy jou dag kan geniet saam met geliefdes, familie en vriende.
Monte Christo trou venue is geleë tussen Tzaneen en Polokwane, dit is ongeveer 14km vanaf Haenertsburg op ʼn grondpad uit. Daar is ook selfsorg kothuise op die plaas met die naam van Mountain Fly Fishing. Elke kothuis is ten volle toegerus en het ook braai tariewe.
Trou Dekor en Styl:
Kleurskema van die troue was hoofsaaklik skakerings van groen, oranje, wit en beige.
Die groen wat ons gebruik het was verskillende skakerings van olyfgroen tot smaraggroen. Die dekor het baie plante bevat om die betowerende woud tema tot lewe te bring. Daar was verskillende blare, varings en mosse ook gebruik om die tema te komplimenteer.
Die algehele styl van die troue was om ʼn sprokies verhaal tot lewe te bring. Ons doel was vir ons gaste om met bewondering na die stories te kyk wat agter elke dekor stuk gelê het.
Trou Begroting en Beplanning:
Ons het ses maande lank ons troue self beplan, met ʼn begroting van R150 000 en 96 gaste. Dit was ʼn selfdoen-troue waar ons elke detail persoonlik gekies en gereël het.
- Fotograaf: Suikerbos Photography | Kontak
- Venue: Monte Christo Wedding Venue | Kontak
- Blomme: Mel’s Creations
- Bruidegom-pak: Woolworths
- Dekor: Mel’s Creations
- Grimering: Jana-Azar Steenkamp
- Hare: Jana-Azar Steenkamp
- Huwelik kontrak: Thomas & Swanepoel Inc| Kontak
- Huweliksbevestiger: Hannes Steyn| Kontak
- Juweliersware: Lovisa
- Koördineerder: Monte Christo Wedding Venue| Kontak
- Kroegdiens: Monte Christo Wedding Venue| Kontak
- Musiek: Jansen van der Walt| Kontak
- Paartjie se verblyf: Monte Christo Wedding Venue| Kontak
- Strooijonkers bykomstighede: Woolworths
- Skoene: Cotton On
- Skryfbehoeftes: S&J Labels| Kontak
- Spyseniering: The Red Plate Restaurant – Haenertsburg| Kontak
- Strooimeisie-rokke: Hoiden| Kontak
- Trourok: Whimsical Bridal Boutique| Kontak
- Bruid se Trouring: de Wet Jewellers| Kontak
- Bruidegom se Trouring: Woodish| Kontak
- Troukoek: The Olive Tree Coffee & Gifts| Kontak
- Vermaak: Jansen van der Walt| Kontak
- Wittebrood Bestemming: Thailand – Phuket, Phi Phi & James Bond Eilande
- Wittebrood Plek: Seaview Patong Hotel| Kontak