Met groot opgewondenheid deel ons hierdie oulike, gratis gastelys vir julle troue. Julle kan dit gratis aflaai vanaf Mooi Troues en gebruik om julle trougaste bymekaar te maak. Dit is altyd โn groot taak om julle gastelys op te stel, want wie nooi mens en wie nie? Daar is ook soveel faktore wat โn rol speel. Hierdie gastelys is โn maklike manier om rekord te hou van wie julle wil nooi, of die persoon โn metgesel en kinders saambring. Daar is ook โn blokkie waar julle kan merk of julle al die persoon genooi het, dit wil sรช, of julle die uitnodiging al gestuur het.
Daar is ook โn RSVP-blokkie waar julle kan merk of die persoon bevestig het dat hulle die troue sal bywoon. Julle kan โn regmerkie maak indien hulle gaan kom, en โn kruisie indien nie. Die volgende afdeling is die totale aantal gaste. Hier kan julle aandui hoeveel volwassenes en hoeveel kinders die troue gaan bywoon, sodat julle maklik rekord kan hou van die totale aantal gaste. Rol af om julle gratis gastelys hieronder af te laai deur die vorm te voltooi. Nadat julle die vorm voltooi het, sal julle โn e-pos ontvang met die skakel na die PDF.
Artikel Krediet:
- Fotoโs: Adobe Stock
- Ontwerp: Mooi Troues