Brenden en Melissa se romantiese piekniek verlowing fotosessie is die perfekte voorbeeld van ‘n pragtige fotosessie. Die paartjie het ʼn redelike unieke ontmoeting gehad in ʼn kraamsaal van ʼn hospitaal! Hulle verlowing nóg meer romanties! Brenden het Melissa onder die see gevra om te trou met ʼn verloofring in die hand. Ons weet julle gaan meer wil weet, so moet nie die artikel mis nie.
Die paartjie se verlowing fotosessie was vir ons vreeslik mooi. Wat dan nou beter as ʼn lieflike piekniek omring deur pragtige natuurtonele insluitende lang gras en pragtige groen bome. ʼn Piekniek is altyd ʼn oulike idee wanneer dit kom by ʼn verlowing fotosessie. Dit is ʼn ontspanne tyd bedryf vir paartjies om te geniet en so ook meer gemaklik te voel in hul gemaksone.
ʼn Verlowing fotosessie is perfek vir foto herinneringe van ʼn baie spesiale tydperk in ʼn paartjies se liefdesreis. Dit gee ook die paartjie die kans om meer gemaklik te raak voor die kamera en hulle trou fotograaf beter le leer ken. Elke trou fotograaf werk bietjie anders, so dit is belangrik om jul trou fotograaf se styl en manier van werk te leer ken.
Dit is altyd ʼn oulike idee om ʼn tema te kies vir jul verlowing fotosessie. So help dit julle om te besluit op ‘n ligging, kleurskema, uitrustings en ook die tyd van die dag wat die fotosessie gedoen moet word. Die paartjie se piekniek verlowing foto’s met die mooi sagte oranje lig skep nie net ‘n baie mooi atmosfeer nie, maar gee die foto’s ook ‘n baie romantiese en dromerige voorkoms.
Rol af om meer te lees oor die paartjie en hulle liefdesreis.
Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:
Dit was ʼn normale dag in die kraamsaal van George Hospitaal, tot Sr. Joubert in Dr. Van der Merwe vasgehardloop het opsoek na hulp vir die pasgebore baba in haar arms. Op daardie oomblik was dit nie net die baba na sy asem gesnak het nie, maar Melissa en Brenden ook. Dit was die begin van ʼn “as jy weet dan weet jy” verhaal.
Die groot vraag:
Alhoewel ek geweet het die verlowing sal binnekort wees het ek nooit gedink dit gaan 18 meter onder die see wees nie. Ons het gaan duik in Sodwana toe Brenden op die einde van ʼn duik onder die see tot op sy een knieg sink en die ring onder sy wetsuit se mou uithaal (dit was vasgebind aan hom). Net daar en dan het ons oogkontak ʼn 100 woorde gespreek. En die eintlike JA kon ek eers bo die water sê.
Hoekom ons mekaar liefhet:
Brenden – Sy manier om almal spesiaal te laat voel en die ekstra myl te gaan.
Melissa – Haar manier van lief wees vir mense en die lewe.
Tydperk voordat die knoop deurgehak word:
Vyf Maande
Die verloofring:
Ek het geen idee gehad hoe die ring gaan lyk nie. Dit was deur Brenden geteken en toe laat maak. Die ring is ʼn brander waarin die diamant dryf en kom van die idee af dat ek mal is oor die see. Die ring is só uniek en iets wat ek nooit aan sou gedink het nie.
Rede vir die verlowing fotosessie:
Ons wou mooi fotos vir die trou uitnodigings hê.
Inspirasie agter die verlowing fotosessie:
Ons altwee hou van buite wees en lekker Tapas, wat beter manier as om dit bymekaar te sit. Ek het die idee van vintage piekniek gesoek en ons fotograaf het die beslis pragtig laat lyk.
Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :
Om verloof te wees was ʼn cloud nine gevoel en iets buite ons wildste drome, maar ons het al daardie commitment van dag een af gevoel met mekaar.
Visie vir droomtroue:
Ons troue is eenvoudig en vol van ons mense! Ons beplan vir 90 mense op ʼn venue in Vleesbaaai. Die troue is op ʼn plaas tussen Canola met n pragtige onthaal en klein kapel. Die tema is ʼn burnt orange/roes met groen en champagne kleur. Ons is opgewonde om al ons mense daar te hê en nie een van ons twee is gestres or iets van die troue nie.
- Fotograaf: Melissa Stofberg Photography | Kontak
- Fotosessie Ligging: George
- Verloofring: Goldfish| Kontak