Wilmar & Jana se Romantiese Verlowings Fotosessie

Wilmar en Jana se romantiese verlowings fotosessie in Potchefstroom is die perfekte balans van tydlose elegansie en speelse vreugde. In ʼn besonderse gebaar het hulle ʼn pragtige ou Porsche, wat aan een van hul vriende behoort, deel gemaak van hul fotosessie. Beslis ʼn kreatiewe idee wat ʼn tikkie nostalgie by die oomblik gevoeg het.

Die liefde tussen Wilmar en Jana straal uit elke foto. Jana het beeldskoon gelyk in ʼn pragtige donkergroen rok, terwyl Wilmar met sy formele pak en strikdas ʼn beeld van stylvolle sjarme uitstraal. Tesame met die klassieke Porsche, bring dit ʼn betowerende ouwêreldse gevoel aan hul foto’s—ʼn herinnering aan ʼn romanse wat deur tyd sal hou.

ʼn Verlowings fotosessie is die ideale kans om die oomblikke van hierdie spesiale tyd in jul lewe vas te vang. Hierdie foto’s, vol liefde en opwinding, kan perfek wees vir jul trou uitnodigings, – webwerf, of selfs ʼn gekoesterde album vol herinneringe.

Boonop help ʼn fotosessie die paartjie om gemakliker voor die kamera te voel—dit verlig die spanning voor die troudag en maak die pad oop vir meer spontane, natuurlike foto’s wat hul ware liefde weerspieël.

Is julle onlangs verloof en besig om die groot dag te beplan? Besoek Mooi Troues se Trougids vir betroubare trou diensverskaffers wat julle troudag onvergeetlik sal maak.

Rol af om meer te lees oor Wilmar en Jana se romantiese liefdesreis en om te geniet van hul dromerige verlowingsfotosessie in Potchefstroom.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Ons het ontmoet by Ankawini Safari Ranch, ʼn venue in Namibië, waar daar ʼn line dancing dag was. Ek (Jana) kom van Potch en was op vakansie in Namibië, en Wilmar is ʼn Namibiër. Nie een van ons was regtig lus om te gaan nie, maar het onder groepsdruk ingestem. Ek het deel geneem aan die line dancing, Wilmar het opgetree as ʼn sanger. Ek het baie gehou van hoe hy sing, en sing self ʼn bietjie.

Met moed het ek hom gevra of ek saam met hom kan sing, en verbasend het hy ingestem. Nadat ons saam gesing het kon ons nie ophou gesels nie. Ons het toe in kontak gebly. Hy het paar keer vir my kom kuier voordat hy die begin van die jaar besluit het om in Potch sy laaste jaar kom doen. Ons was nege maande saam toe ons verloof geraak het. Dit ís soos die cliché sê: “If you know you know!”. Ons gaan 11 Januarie by die einste plek waar ons ontmoet het trou.

Die groot vraag:


Wilmar hier, die verlowing was ʼn verassing. Jana was baie seker dat ek dit nie gaan reg kry om haar te verras nie. Maar ek het haar oortuig dat ek die ring self in Namibië moet gaan haal in die vakansie. Ek kon dit toe vroeër hier kry en haar om kant vang. Dit was by Potch dam op die 25ste Mei. Ek het haar oortuig dat ons inhoud moet maak vir ‘n liedjie wat ons op Instagram moet sit, om seker te maak sy lyk mooi, en dat die kamera nie verdag voorkom nie. My suster het terwyl ons daar doenig was met vriende en familie n samekoms gereël om na die tyd te vier.

Hoekom ons mekaar liefhet:


My gunsteling eienskappe van Jana is haar passie vir lewe, haar hart en hoe sy my liefhet, en hoe sy die Vader najaag. Sy het ook ʼn wonderlike stem en is fisies pragtig. -Wilmar

My gunsteling eienskappe van Wilmar is sy kalm teenwoordigheid. Die manier hoe hy altyd vir my luister en my eerste sit bo homself. Sy liefde vir Jesus, sy pragtige stem en natuurlik is hy baie aantreklik !

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


Agt maande

Die verloofring:


Wilmar het ʼn droom gekry van die ring, en wou een maak wat so na as moontlik aan dit lyk. Dit is roosgoud, met ;n pienk toermalyn in die middel, en twee kleiner diamante aan beide kante. Die toermalyn verteenwoordig die bloed van Jesus, wat ons Sy twee diamante, bymekaar hou. Ek het later uitgevind dat die pienk toermalyn en my naam betekenis deel, dat dit “faithfulness” beteken, en was ek net van voor af verlief op die ring.

Rede vir die verlowing fotosessie:


Ons wou ordentlike fotos hê van een van die grootste oomblikke van ons lewens, ook vir ons trou uitnodigings.

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


Ons het die opsie gehad om ons vriende se klasieke Porsche te gebruik. Toe besluit ons om vir ʼn outydse styl te gaan wat by die kar pas, en by die Snowflake Venue dit te doen, wat selfs ʼn outydse vibe het. Ons was eers onseker oor hoe dit gaan uitdraai, maar Orianne van The Farmers Photo and Film het haar magic gedoen en al ons verwagtinge oorskry.

Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :


Ons verwagting is om die Here se hart oor huwelik te verstaan, en so ʼn sterk fondasie te bou vir ons pad voorentoe. ʼn Uitdaging gaan wel wees om aan die einde van die jaar sak en pak Namibië toe te trek, en al die dokumentasie wat daarmee gepaard gaan.

Visie vir droomtroue:


Ons reël ons troue self, met hulp van familielede. Ons gaan dit redelik eenvoudig hou met dekor, die venue is klaar baie uniek. Dit gaan redelik groot wees, met omtrent 120 gaste. Ons is altwee baie lief vir ons vriende en familie, en was selfs moeilik om by 120 te stop. Dit gaan ʼn naweek troue wees, en net die feit dat al ons geliefdes daar gaan wees, by die plek waar ons ontmoet het, met ʼn hele klomp feetjie liggies is dit beslis ons droom troue. Die venue wat ons gaan gebruik is Ankawini Safari Ranch, ongeveer 80km buite Windhoek, en is n rustieke tipe venue met meer as genoeg spasie.

Visie vir droomtroue:


Ons reël ons troue self, met hulp van familielede. Ons gaan dit redelik eenvoudig hou met dekor, die venue is klaar baie uniek. Dit gaan redelik groot wees, met omtrent 120 gaste. Ons is altwee baie lief vir ons vriende en familie, en was selfs moeilik om by 120 te stop. Dit gaan ʼn naweek troue wees, en net die feit dat al ons geliefdes daar gaan wees, by die plek waar ons ontmoet het, met ʼn hele klomp feetjie liggies is dit beslis ons droom troue. Die venue wat ons gaan gebruik is Ankawini Safari Ranch, ongeveer 80km buite Windhoek, en is n rustieke tipe venue met meer as genoeg spasie.


    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: